Friday, 15 July 2011

Ek het die toets geslaag, wat van jou?



Movies Reviews:

Insidious - Dis low budget, maar moeite werd om te kyk. As jy smaak van spoke en sulke goed, check dit uit. WAARSKUWING Moenie die ding kyk as jy nie n paar extra onderbroeke het nie.
Klassifikasie - Scary shit

Sucker Punch - Wat n teleurstelling. Die voorprente en die poster gee jou n hele wan indruk van die movie. Die ouens het fokkol storie gehad nie en toe probeer hulle opmaakvoor met special effects. Dit gaan oor n girly wat opgesluit word in n malhuis en haar dan allerhande goed verbeel. Klomp kak... moenie jou tyd mors nie. 
Klassifikasie - Sci-fi


The Other Guys - Dis die een wat ek gedink het my gaan teleurstel, maar op die ou end moerse baie geniet het. Dit gaan oor n klomp useless cops wat probeer om te bewys hulle is die manne, maar dan eintlik meer opfok as iets anders. Kyk dit gerus, dis moerse snaaks.
Klassifikasie - Komedie
Thor - Nie n sleg movie nie, maar n mens sit aan die einde en dink dat hulle net soveel meer kon doen daarmee. Moeite werd om te kyk, maar dis definitief nie een vamn die beste superhero flieks wat daar is nie.

Klassifikasie - Sci-fi

Priest - Vampires soos jy hulle nog nooit gesien het nie. Hierdie vampires is nie die gay tipe wat glitter op het het in die son nie, hulle FOK JOU OP! Die priests is n klomp taai ouens wat Blade en Chuck norris se gat op een slag kan skop. Kakkerige storie lyn, maar baie aksie.  Moeite werd om te kyk? Ja.

Klassifikasie - Sci-fi

Limitless - 'n Ou vind uit hoe om al sy breinkrag op een slag te gebruik. Nie moontlik om meer info te gee sonder om die storie te spoil nie. Cool storie, volop aksie en beslis iets wat jy moet sien.
Klassifikasie - Sci-fi, aksie