Friday, 21 November 2008

Lekker lang storie maar die moeite werd om te lees:
( Die Wit Rus)

Die nuus het my soos olifant-spuitpoep teen die bors getref, my asem uitgeslaan en vlak in my keel gaan lê. Een van my kammerade, 'n persoon wat help messel het aan die persoon wat ek vandag is, gaan in die huwelik tree. Nooit weer sal ons die prag van 'n langhaar-huisdier se stert saam kan bewonder nie, nooit weer strawpedos drink of 'n poepkompetisie in sy sitkamer hou nie. Die goue era van ons jeug was vir altyd ingesluk deur die donker bodemlose put van gesluierde genot. Die volgende paar aande het die nagmerries my oorrompel. My nagte was gevul met drogbeelde van shotgun-weddings en eensaam aande alleen met The Weakest Link wat my siel bestraal. Ek wou skree "Onthou jy dan nie vir Daisy de Melker nie?". Ek wou hom bel en "Friends" van Queen sing. Maar die realiteit het my mond gesnoer; Cupid se koker was leeg. Die antieke Chinese of Grieke of Mesopotamiërs het geglo kak kom altyd in drieë en skaars 'n week na die eerste plons in die toiletwater van my lewe tref die tweede een - ek word gevra om seremonie meester te wees. Ek het myself gestaal in die besluit om my vriend te ondersteun, "Love actualy" gaan uitneem, so 'n bietjie gehuil (ek het babbelas gehad) en aan 'n toespraak begin werk.

Ek het effens skaam gekry oor my innerlike teësinnigheid met die gedoente, toe ek die uitnodiging ontvang en besef die toekomstige bruidspaar het minder-bevooregdes laat voordeel trek uit die onkostes van hulle troue. Hulle het jou waarlik die troukaartjies by die Avril Elizabeth se voet-en-hol skilder afdeling te laat maak. Min het ek geweet die uitnodiging was slegs 'n voorspel vir die genre en outentieke styl van die bruilof.

Die betrokke Saterdag bevind ek my toe in 'n plek met die naam "Oertelvlei" se kerk. Eintlik lýk dit net soos n kerk. Dit was werklik net 'n ou graanstoor waarop n houtkruis met bloudraad om die nok vasgedraai was. 'n Yslike kraak in die ooste-muur het die beligting verskaf met 'n gebarsde trekkerwiel met kerse bo-op as kandelaar - baie retro.

Soos die son stadig maar seker gesak het deur die kerk se krater het ek met die skok van 'n nasionale kortsluiting besef dat ek hierdie vriend van my nie meer ken nie. Sy etiket en klas het agtergebly in die laaste bierglas wat ons saam gedrink het. Die volgende gebeure sal my nooit verlaat nie:

15:30 Ek en my vriende is eerste in die kerk, elkeen van ons die spieëlbeeld van Adonis in pikswart pakke, charcoal hemde, cufflinks en
sy-dasse.

15:40 Die gaste arriveer in shocking pienk sweetpakke, Vrystaat rugby-truie en urban-cammo combat pants.

15:50 'n Vuil kind in 'n snotbesmeerde Blou-bul trui spoeg die .303 koël wat hy suig uit. Helfde van die gaste slaan dekking.

16:00 Die troue moet nou begin maar daar is geen teken van die bruid nie. Ek kan nie besluit wat is meer interresant nie; die ou voor my se "Agter elke man" centenery bomber jacket of die bruidegom se kiwi-groen onderbaadjie.

16:15 Nog geen bruid nie. My vriende se giggels sit vlak in hulle kele elke keer as die tannie skuins voor ons haar tande uit-drool.

16:25 Karel sê my hy wonder of ons nog sal kos kry as die troue afgestel word.

16:35 Die bruid arriveer.

16:36 Ek kry 'n ligte beroerte - haar rok lyk soos die klere wat die aliens met die bekommerde voorkoppe in Star Trek aantrek.

16:38 Die dominee druk die stop knoppie van die troumars tape en almal gaan sit. Ons word meegedeel dat Tannie Tossie gaan open met 'n lied uit die nuwe gesangboek. Voor in die kerk staan 'n custard-slice op met n Biggie-best floral range onderbaadjie aan. Ek hoor in my kop Johan Stemmet wat sê; "ooo, ons gaan nog baie van hierdie slice hoor, julle moet vir haar dophou, yei".

16:41 Daardie melktert trek los met die brul van 'n vier liter Ford op jetfuel. Eers by strofe twee kom almal agter ons moet saamsing. Maar daai plek se balke kraak van die valsgeit. Bruce Beyers hou beat met 'n rits brannewyn poepies en die vuil Blou-bul kind bepis sy broek so dat hulle sy dummy op die kerk se lawn moet gaan soek.

16:50 Die dominee besluit dat dit so mooi was dat ons dit weer gaan sing. Hy het skaars die laaste letter uit toe trek Shrek se bruid weer los; 'praat ek mense engle tale...' en so strofe daarna kom die gaste weer by met die gesanik van 'n jags kat met aambeie. Ek en my vriende lyk al soos bloukop koggelmanders van al die lag inhou maar ons sing.

17:30 Na die preek is dit uiteindelik tyd vir die dominee om die vrae te vra. Of die dominee die verkeerde speech voor hom gehad het weet ek nie, maar díe noem toe die bruidspaar op heel ander name as wat hulle mee gedoop is en lees nog bonop een van Openbaring se donkerste hoofstukke. Net toe die swael en as op 'n verskroeide aarde neerdaal dôner daardie dominee agteroor met 'n moerse slag - glo n trappie misgetrap. As jy my vra het die 'kerk' se Jerepigo voorraad 'n bietjie van 'n knock gekry voor die tyd, maar dit nou daar gelaat. Toe hy die preek hervat onthou hy skielik die bruidspaar se name - dis nou die wonders van ligte harsingskudding vir jou.

17.30 Die vrae word gevra en die boek word onderteken. Niemand kan nou meer hierdie sondeval keer nie.

18:00 Buite op die trappe kry ons elkeen 'n handvol sekelbos-peule in plaas van konfetti. Ek voel 'n bietjie naar van al die lag inhou

18:15 Ons vertrek na die onthaal met 'n swaar gemoed en baie bier. Drie plakkerskampe en sewe plaashekke later kom ons by die onthaal-tent aan.

18:20 'n Brandsiek Boerboel kom skuur teen my been, ek besluit om hom nie te skop nie toe ek sien hy het twintig maatjies.

18:30 'n Tannie met munisipaliteit-oranje hare bestorm my soos n baba oerangoetang wat tiet soek; "Is jy die seremonie meester?" hyg sy en hoes 'n stuk long op my das uit. "Weet jy Malboro filters is sleg vir jou", sê ek. "Ek suig aan niks met 'n filter nie", sê sy. Ek kak so liggies in my broek en sê baie vinnig ja ek is seremonie meester maar ek moet nou gaan. Sy haak my met 'n twee sentimeter nael aan die arm en sê ek moet vir die gaste sê hulle moet eet, die kerrie-eiers raak koud.

18:35 Ek kondig aan dat die bruid en bruidegom eers later sal kom en dat almal solank moet eet. Tot my verbasing is almal klaar besig en kyk my uit asof ek van 'n ander planeet kom. Ek gaan huil so bietjie in die badkamer.

19:00 Die bruidspaar kom aangehop agterop 'n geroesde wa wat deur 'n trekker gesleep word - geen wonder hulle is laat nie. Die trekker ry oor die brandsiek hond van vroeër se poot. Ek dink nog; "lekker jou fokker", toe dra die ander honde hom al grommend agter 'n bos in - shame.

19:10 Ek begin met die toespraak. Niemand lag nie. Ek word bang.

19:20 Die best-man vertel dat die punishment-seks wat die bruidspaar beoefen een keer hande uit geruk het en dat die bruid haar bekken in die proses gebreek het.

22:00 Meeste van die gaste gaan huis toe, DJ Frikboy punish die speakers en al my vriende is lekker dronk. Die bruid se ouers langarm met hulle blinde worshond en die bruid kak die bruidegom uit omdat hy gesnuif het toe die dominee met hom gepraat het. (Ek dink dit was meer 'n snik).

23:00 Dj Frikboy besluit hy is moeg en pak op.

23:03 Iemand trek 'n gedropte 1972 Nissan Laurel by die tent in en pop die boot. In my lewe het ek nog nie so baie luidsprekers in 'n kattebak gesien nie. Die tent pof behoorlik uit elke keer as Shine 4 'n Bongo-drum slaan, "HEY-PATEO" skree iemand.

23:05 Ons besluit genoeg is genoeg en sit af na die Oertelvlei hotel. En daar slaan die derde antieke Skandenawiese kak my. Kyk, ek was nog nooit een vir 'n vuil katel nie en daar, in 'n kamer wat na Camphor cream en spuitpoep ruik, word die sifste bed in mense heugenis aan my toegeken. Toe ek die oggend opstaan het die stofmiete my onderbroek opgevreet!!

Teen dagbreek was ons al lankal in die kar en besig om te vlug. Ek wil daardie plek nie vinnig weer sien nie. En elke aand as ek op my silverskoon lakens gaan lê, bid ek vir my ou maat. Want ek weet hy slaap, hy word of uitgekak of hy kak homself uit.





Piet goes into a bar to have himself a cold one.
Twenty minutes later, a policeman entered the bar and asked," Who owns the dog tied under that tree outside?"
Piet said it was his.
"Your dog seems to be in heat" the officer said.
Piet replied, "No way... She's cool 'cause she's tied up under that shade tree."
The policeman said, "No! You don't understand. Your dog needs to be bred."

"No way," said Piet. "That dog doesn't need bread. She isn't hungry 'cause I fed her this morning'."
The exasperated policeman said, "NO! You don't understand; your dog wants to have sex!"
Then Piet looked at the cop and said, "Well, go ahead. I always wanted a police dog."







DIE GAY TOETS:
As jy met so 'n girl praat en jy kry dit reg om nie af te kyk nie, moet jy maar so gou as moontlik vir Nataniel uit jou hol uit trek.... jy is beslis 'n moffie!!!!