Monday, 21 December 2009








Nog 'n kak vervelige dag... kan my verlof nie maar aanbreek nie. 
Nee kyk, as ek nie vanaand so bietjie entertainment kry nie kom ek iets oor.
Palms lyk na 'n moontlikheid, maar ek is eintlik meer lus vir die tipe parties wat ons altyd by Barbs gegooi het. 






















Die klomp boere hou vergadering in die Vrystaat oor die jakkalse wat die skape so afmaai. Natuurbewaring stuur 'n jong dametjie om die boere te oortuig om nie die diere uit te wis nie. 'n Paar voorstelle word daar aan die vergadering voorgelê. Een idée is om die mannetjie jakkalse te vang en striliseer, en so die getalle te begin beheer sonder om die spesie uit te wis.  Sit een Omie baie aandagtig en luister en op uitnodiging om vrae te stel, vra hy sy beurt en sê: "Juffrou, jy verstaan nie mooi die probleem nie. Die fokken jakkalse STEEK nie ons skape nie, hulle EET hulle."


Dis hoekom ek nie van sokker hou nie... dis 'n moffie game!!!
 

'n Man wil 'n bra koop vir sy vrou, maar weet nie watter grootte om te koop nie. Die verkoopsdame sê: "Vat aan my borste, dalk is dit dieselfde grootte."  
Die man antwoord: :O, ja, en sy kort nuwe panties ook." 



 Die oom se pappagaai eet sy laaste viagra pil op. Oom gooi pappagaai in yskas van woede.Volgende oggend kry hy pappagaai jammer, maak yskas oop... pappagaai sit daar, sopnat gesweet.
Oom: En hoekom is jy so nat gesweet?
Pappagaai: Jy sal ok so sweet as jy so sukkel om di gevrieste hoender se bene oop te kry.







Tollie sê  vir Eiers: "Kom ons gaan kuier bietjie vir Koekie."
"Not a damn " sê  Eiers.
"Hoekom nie?" vra Tollie.
Eiers antwoord: " Want elke keer as ons gaan kuier, gaan jy alleen in en ons moet op die gras speel!!"


Jannie bly saam met sy weduwee ouma in 'n huisie...die een middag kom Jannie terug van sy meisie Saartjie en sy het hom net lekker lus gemaak voordat hy moet huistoe gaan. Jannie het met die idee van 'n lekker draadtreksessie in die badkamer ingestap en op die toilet gaan sit en besig geraak. So halfpad deur die aksie hoor Jannie ouma roep en sy vra hom of hy koffie soek. Hy sê toe ja en maak sy oë toe en trek verder. Nadat hy klaar is sien Jannie 'n koppie koffie langs hom op die kassie...

Friday, 18 December 2009

Doner maar die dag gaan stadig verby...


Dis seker omdat ek nie lus is vir werk nie... dryf mens na kak praat.




Het julle actually al bietjie gaan sit en nadink oor hoe fokken creapy die boere moes gewees het back in the day? Al die bygelowe en kak waarin hulle geglo het wat heel moontlik gely het tot boererate waarin mense nog steeds vandag glo. Meestal mense in cults sonder TV, internet op platteland en mense wat dink dat die aarde nog plat is. Soos hulle koppe. Ons het 'n magdom van die goed gaan uitgrawe en gaan dit vir julle opbreek in so paar kleiner hanteerbare sarsies. Te veel op 'n slag kan lei tot ongereelde maandstonde by die vroulike geslag en ereksies op ongelee tye by mans.

As jy op enige stadium wel voel dat jy reeds te ver in die boereate ingetrek is, moenie worry nie, Jy sal OK wees. Doen net die volgende: Veil 'n apie se duimnael in 'n koppie swart koffie in (Ricoffee is fine) en roer 2 eetlepels blou feterjoel by anti-kloksgewys. Wag tot dit louwarm is en sluk af met drie slukke.

Miskien is daar reeds klaar te veel gese... Hier is die eerste deel van:

Griffin se bakgat boererate -1854 hersien en bygebring

Hoes:
1 Bottel Witdulsies
¾ Bottel Borsdruppels
2 Teelepel Paragorie
1 Bottel Roulyn olie
1 Bottel Terlington
1 Eetlepel Asyn
500g Heuning
Pepperment drupples na smaak.


Ek het actually niks sleg te sê hieroor nie. Onthou net om jou Discovery Vitality kaart saam te vat Pick 'n Pay toe. Jy kry 25% discount op witdulsies, paragorie en roulyn olie. Vra vir paragorie by die sigarettes counter. Hulle sal dadelik weet wat die fok jy van praat.

Babelaas
Neem die volgende oggend 2 Bayer aspirine, los op in 'n glas water saam met 'n eetlepel suiker en eet daarna 'n hardgekookte eier. Binne 30 minute is jy goed soos nuut!

Hierdie persoon kom duidelik van die planeet "Een Savanna Light seblief!" af. Hier is iets wat vir 'n verskriklike babelaas werk: Gooi elke paar ure ertjies, mielies en wortels op - iets wat jy die vorige dag fokken glad nie gevreet het nie. Kruip weer terug in die bed en herhaal opgevolg met glase water, bewerasies en spuitkak. Kyk of jy iets in jou lyf kan kry soos toast, tee, koffie en Berocca. Teen die tyd dat Carte Blanche wys het jy 'n hawle brein. Word Maandag wakker op die couch. Siedaar, jou hangover is weg!

Klem in die kaak
Braai erdwurms in soetolie en smeer

Braai erdwurms en smeer? Se moer ... kook mielies en gooi!!

Omlope wat jeuk
Smeer as (uitgebrande hout) aan, dit laat die gejeuk ophou!

Dankie dat jy "as" vir ons clarify tussen hakies. Ek het vir 'n oomblim gedink julle praat van boude. Iets wat egter baie beter werk vir omlope is om van hek na hek te gaan in jou buurt en al die buurt se honde en katte aan jou gesig te laat lek. Daai omlope fokof vinnig. Woef, ek sê!

Pitswere
Maak 'n XXX-pepermentlekker effens nat, plaas op die pitsweer en verbind. Binne 'n paar dae is dit genees

Bewhalwe as jy dit verbind met die ander pitsweer, dan het jy kak. 'n Voorsorgmaatreel om pitswere te verhoed is om meer geld te verdien. Kry 'n tweede werk, want net armgatte kry pitswere.

Vir sommer enige pyn of kwaal
Zambuk salf!

Yup, kan 100% daarmee saamstem. Ek het Zambuk salf orals oor my malaria gesmeer wat ek in Nigeria opgetel het en na 30 minute was die werk gedoen. Mense research actually nou die wonderlike Zumbuk by TUKS om dit in hulle oorlog teen AIDS aan te wend.

Sooibrand
Drink twee eetlepels asyn. Die probleem sal vir 'n kort rukkie erger voel, maar dan verdwyn.

Fair enough, maar ek vind dat wanneer jy 'n halwe koppie cane afsluk sonder enige mix dit dieselfde effek het, plus jy vergeet vinniger dat jy sooibrand het, al het jy dit nog steeds.

Puisies
Smeer vars suurlemoensap aan.

Weet nie of dit werk nie, maar maar jy gaan met 'n suur gevreet rondstap.

Tandpyn
Byt 'n aspirien op die tand vas en smeer die wang waar die tand is met bruin skoenpolitoer, of rook perdemis.

Raaaaait... Die aspirien deel werk, maar deel deel twee kan jy maar vervang met enige iets. Soos.. rook 'n perd se vleispyp tot hy jou seer tand uitskop met sy sagte unicorn hoewe en jy stadig wakker word uit lala-land uit.

Tong gebrand?
Sit suiker op die brandplek

Kan iemand my asseblied laat weet of hierdie werk? Ek sit gewoonlik 6 koppies vloekwoorde op my tong en spoeg dit uit oor die eerste ding in my pad. Dit werk befok. O ja, en om jou tong te brand en om 'n meisie te brand is nie dieselfde ding nie, so moenie Hulets op jou goose se guava strooi nie.

Seer gebarste voete of hande.
Koop die volgende: 'blue seal vaseline' gliserien en Johnsons se babapoeier, meng alles saam in 'n plastiekbak tot 'n room en smeer dit elke dag aan, dis meer koste effektief as al die duur goed en werk fantasties.

Ja, dis meer koste effektief as kom ons sê... 'n paar oordentlike skoene en kouse. Of maybe handeroom wat lekker ruik. Jy kan altyd vir die babapoeier opsie gaan as jy wil. Onthou net om 'n doek te dra werk toe, want jy gaan soos 'n bliksemse baba ruik.

Vratte
Neem een lang haar van jouself, bind dit styf om die vraatjie, sny ander deel van haar af. Los tot vraatjie afval. Het bietjie hulp nodig van iemand om te te help. Dit werk, het dit al gedoen.

Het bietjie hulp nodig van iemand? Wat? Like om daar te sit en te help staar vir die vrat tot dit afval van jou lyf se ouderdom? Vra jou vriend om jou eerder te teer en veer, op 'n donkie vas te ketting en jou by Boksburg se poorte uit te jaag. Delmas se rigting in. Jy het 'n vraatjie, so jy is 'n freak.
Kaalkop mense neem asseblief kennis - julle is gefok.

Wurms
Wildeals, getrek soos tee (nie kook) sal die wurms uitdryf, of wynruit, getrek soos tee

Of jyself, getrek soos 'n rekker wat al huilende nakend in die straat afhol met wurms wat by jou hol uithand. Die polisie sal jou eventually arresteer en tronk toe vat waar jy sulke slegte kos sal kry dat die wurms wurms kry en beter boude buite die tronk sal gaan soek. Of jou wurms woord bloot gesteel. Jy is after all, in die tjoekie

Slangbyt
Neem ’n skeermeslemmetjie en sny ’n kruis op die bytplek. Suig die gif uit die wond en was mond met petrol. Vryf dan die gedroogde bloed van ’n skilpad in die wond.

Ons neem hier natuurlik aan dat die betrokke slang min of meer so giftig is soos Julius Malema se matriekuitslae. Met ander woorde jy het fokken baie tyd om 'n skilpad op te spoor en met 'n 4 pond hamer oop te kap en te wag tot sy bloed droog word. In die Karoo son.
Alternatieweilk: Sny 'n onderstebo kruis met 'n lemmetjie oop op jou bors en roep jou boere voorvaders op onderwyl jy 'n brandende skilpad opoffer met DeLarey wat agteruit speel.

Oorpyn
Braai ’n vars krap en gooi ’n paar druppels twee keer per dag in die seer oor.

Dit is bietjie onduidelik na watter druppels hulle verwys. Heel moontlik jou eie pisdruppels in welke geval die braai van 'n krap net soveel effek sal hê as die braai van jou gunsteling Spiderman onderbroek. Maar hey, wie is ek om te judge?

Slaaploosheid
Slag ’n groot hoender en vang die bloed op. Wag totdat die bloed byna droog is, en meng dan met petrol (dit sal witterig en klewerig word). Meng met beenmeel en braai in hoendervet. Die smaak wonderlik en sal elkeen help om goed te slaap.

As deel van hierdie nagmerrie boereraat wat jou duidelik uit die slaap sal hou, kan jy sommer jou eie beenmeel gebruik. En 'n grinder. Verkieslik op jou femur. Ons is nie seker hoe ver jy deur die hele resep sal kom nie, maar jy sal defnitief fokken slaap. Vir ewig.
(andersins, wag dat dit witterig en klewerig word)

Sproete
Melk ’n perd en was die gesig twee keer per dag met die melk.

Ons is nou nie seker of hulle bedoel dat jy 'n mannetjies perd se zaber moet melk of 'n perd teef se tiete nie, maar 'n bietjie perdbotter sal seker nie skade aan die ou velletjie doen nie. Alternatiewelik, gaan staan agter 'n sifdeur en laat iemand jou met hande vol kak gooi. Sommer perdekak as jy nie menskak het nie. O nee wag, dis mos hoe jy jou sproete gekry het om mee te begin ...

Malaria
Vul ’n bad met nat perdemis en kookwater. Plaas die persoon in die bad en bedek hom of haar minstens 20 minute lank heeltemal met die mengsel. Verwyder die persoon uit die bad en maak hom of haar met baie komberse toe.

Nadat die persoon met baie komberse toegedraai is, verwyder hom of haar sommer uit die samelewing ook. Jouself ook sommer . Dis maklik. Vul jou longe met peremis en kookwater ...

Hoes
Kook ’n hoendereier. Eet die helfte en spoeg op die ander helfte en begrawe dit in ’n miershoop. Moenie weer omkyk nie.

As jy nie 'n miershoop het nie, begrawe dit sommer in jou eie hol. Jy sal ophou hoes en begin skree. Vir dadelike effek probeer dit in jou vriend se hol begrawe. Jy gaan so baie hardloop dat jy vergeet om te hoes, tensy jy natuurlik in 'n sekere deel van Kaapstad bly waar sulke gebruike aan die orde van die dag is. Moenie in dele van Kaapstad rondloop waar mense nie hoes nie.

Krampe
Sit jou regterskoen voor die linkerskoen neer, sodat die een se toon na die ander een se polvy kyk. Die kramp sal verdwyn.

Los die skoene net so op die vloer voor die TV en sit 'n porno aan. Gaan toordokter toe om die krampe uit te sort. Kom terug huistoe en vind baie meer skoene omdat jou skoene genaai het terwyl jy uit was. Die een skoen kyk nog steeds na die ander skoen se polvy. Wys my jou polvy!

Tering
Maak ’n rooijakkalslewer droog en maak dan poeier daarvan. As die lyding erg is, neem ’n mespuntvol, drie maal per dag, anders net een maal.

Hierdie maak nie sin nie op soveel levels: "neem 'n mespunt vol, drie maal per dag, andersins net een maal". Hulle kan jou net sowel tune: "maak bloujakkelslewer nat en maak 'n waterballon daarvan. Vat 'n hele mes in jou rugstring tot net die hef uitsteek. As jy weer bykom, moet om godsnaam nie weer 'n mespunt vol heroin by jou piel se glans inspuit nie. Of wag, hier is 'n beter oplossing wat nog meer random is: Rol 'n varkie in die son tot hy revs optel. Gaan kuier by 'n vriend en as hy toevallig McGuyver kyk, is jou tering weg.

Asma
Groen koring. Laat trek en drink.

Ek sien. Laat trek en drink? Vir asma in die winter, moet jy actually trek na waar groen koring groei en dan laat trek en drink. Brannas drink. Mense in Vereeniging aan die ander kant, moet net trek.

Vir jig wat groot knoppe veroorsaak
Neem ’n halwe bottel asyn en gooi ’n sikspens (ou silwermunt gelyk aan ses pennies) se rissies daarop. Laat staan vir vier uur en smeer aan die knoppe.

In die dae van space shuttles, internet en televisie is daar natuurlik 'n abundance van sikspense. As jy dalk ewe skielik 'n jig aanval het en groot knoppe slaan uit soos masels, vra net die persoon naaste aan jou vir 'n biljoen Zim doller (hulle is vollop). Rol dit op en druk dit in square in jou hol op, want dit sal dieselfde effek hê as 'n sikspens an asyn. O ja, en moenie worry nie - 'n biljoen Zim Doller is gelukkig net een noot. Daar is ook 'n tweede minder algeme vorm van jig: Jou meisie met 'n speech impediment (maar sy is hot) tune jou: "Jig, maar dis 'n groot knop hierie!" Moenie worry nie, jy het nie probleme nie. Wel, nie iets wat julle nie kan uitsort in elk geval nie.

Vallende siekte
Plaas 2 lepels gesaagde nieshout op ’n halfbottel brandewyn. Neem een kelkievol twee maal per dag.

Hang on, ek het elke naweek vallende siekte na 'n bottel brannas. Die oplossing is om eenvoudig net fokken minder te drink. "Gesaagde nieshout" is ook faktap boerecode vir cocaine. Fokken skaam jou, generaal De Larey!

Trekkings
Trek voëlent net soos tee en drink.

Raaaaait. Dis hoe ek dit verstaan: Kry 'n 1970 scope, kap draties en drink jou resultate. Not nice.

Seer oor
Maak bokgal, ’n bietjie soetolie en vyf druppels bruindulsies deurmekaar en gooi in die seer oor.

Weereens, onthou om jou Discovery Vitality kaart byderhand te hou. Bruindulsies gaan deesdae vir 'n penny a piece by Pick 'n Pay. Bokgal kry by CNA by die counter waar hulle simkaarte verkoop, maar dis nogal pricey. Dis actually poesduur.

Stuipe
Drink ’n paar druppels rooi laventel met wit hoendermis in.

...of kry enige pluimvee met 'n bloederigheidjie om in jou keel te kak






LOL. Ten minste weet die ou hoe om die klein vetgatte te teken...










Sipho vra vir Bongani: "Waar is jou pa?"
"My pa het nou net gery. Hy het sy balaclava op en sy AK 47. Ek dink hy het gaan geld trek."

WTF?













Recently a local radio station Heart (P4) had a quick competition where the person could phone in and win R500 if they answered a question correctly. Clarence Ford was the radio announcer.

Below is the result of one such call.

Clarence: What substance are you using when you use Sodium chloride?

(Now remember this is the chemical name for table salt.)

Lady Caller: Hai Klêrens, ek wil baie grag dai R500 wen. Gie vi my 'n clue man?

Clarence: Ai, wat kan ek nou sê? Ok, Antie sien, Antie sal dit so soggens oor Antie se man se eiers strooi.

Lady Caller: Ek herit, ek herit!

Johnson's Baby Powder!






-----------------------






Nou dat Tiger se rondstekery uitgekom het is die mense moer vinnig met die grappe.












It is near the Christmas break of the school year. The students have turned in all their work and there is really nothing more to do.

All the children are restless and the teacher decides to have an early dismissal.

Teacher: "Whoever answers the questions I ask, first and correctly can leave early today."

Little Johnny says to himself "Good, I want to get outta here. I'm smart and will answer the question."

Teacher: "Who said 'Four Score and Seven Years Ago'?"

Before Johnny can open his mouth, Susie says, "Abraham Lincoln."

Teacher: "That's right Susie, you can go home."

Johnny is mad that Susie answered the question first.

Teacher: "Who said 'I Have a Dream'?"

Before Johnny can open his mouth, Mary says, "Martin Luther King."

Teacher: "That's right Mary, you can go."

Johnny is even madder than before.

Teacher: "Who said 'Ask not, what your country can do for you'?"

Before Johnny can open his mouth, Nancy says, "John F. Kennedy."

Teacher: "That's right Nancy, you may also leave."

Johnny is boiling mad that he has not been able to answer to any of the questions.

When the teacher turns her back Johnny says, "I wish these bitches would keep their mouths shut!"

The teacher turns around: "NOW WHO SAID THAT?"

Johnny: "TIGER WOODS. CAN I GO NOW?"
















Die "Woods Family Portret"












Beste Afrikaanse grap van die dag :






Suicide Bomber harloop in Petshop in, slaan 'n bom op die counter, en skreeu: Julle almal het 1 minuut om hier uit te kom! Al wat hy hoor, is die skilpad in die agterkant van die winkel, wat skreeu: Jou poes man!

Tuesday, 15 December 2009

Na amper 'n jaar is Stokstyf weer terug op die map!!!!

Dinge het maar sukkel sukkel gegaan die laaste paar maande. Met al die gewerk, was daar nie baie tyd vir websites aanmekaar slaan en al die dinge wat daarmee saamgaan nie. MAAR, intussen het ons nuwe kuierplekke ontdek en uitgevind dat die Smugglers Party Bus definitief die een is wat ons kan aanbeveel. O ja, die foto albums sal binnekort terug wees met allerhande nuwe goed.


Hier is so ou voorsmakie... 




 Mike en Kallie sit en kuier in die kroeg.
Hulle is lekker geswaai.
Skiellik gaan die ligte uit.
Dit is nagdonker.
Mike sê vir Kallie:
"Daar kak altwee my oë nou gelyk!" 





Gatiep kom uit die tronk en het vreeslik lus vir 'n spyker. Hy loop toe vir Maraai raak en vra "Hoe lyk dit met 'n steek". Sy sê toe "Ja, maar dit sal jou R5 kos". Hy antwoord vir haar en sê "Ek het net R1". "Vir R1 sal ek in 'n blik pis maar jy mag net kyk". Toe sy klaar is vat hy die blik en laat sak sy voël daarin en sê "Ou broer vanaand moet jy sop drink, want vleis is duur".

Die blondine bring haar nuwe kêrel met die olierige hare, 8 oorbelle, 5 ringe, neusring en verslete leerbaadjie vir die eerste keer by haar ouers aan.
"Is hy 'n goeie seun my kind?" vra haar ma.
"Ja ma! As hy nie was nie sou hy nie 'n duisend uur gemeenskapsdiens verrig het nie."

Seun van die stad gaan soek werk in die karoo. Hy kom by n ou oom en tante se plaas uit wat n helper soek. Die oom vra" boetie nou wat kan jy doen?" Hy antwoord " ek weet niks van plaas werk af nie, maar ek kan hardloop!!! Oom dink by homself en se " sien jy daar onder in die vlak staan 2 donkies. Hulle is lanklaas ingespan in die kar en is baie wild. As jy hulle op kraal kan kry, het jy die werk." Die oom en tante gaan toe vir die oggend dorp toe. 3 uur is hulle terug en in die kraal kry hulle die 2 donkies en 5 vlakhase met die seun wat hulle dophou. Die goed lyk sommer moeg. Hy vra dadelik hoe die seun dit gedoen het. Hy antwoord "Oom die 2 grotes was maklik en het my nie laat sukkel nie. Dis net hulle 5 kleintjies wat my tot na middagete besig gehou het!"




Gert en Koos gesels in die straat
Gert: Ek het al saam met al die vroue in die straat wat jy bly geslaap, behalwe vir een.
Koos gaan huistoe en vertel sy vrou wat Gert hom vertel het.
Koos se vrou: Dit moet seker daai lelike een in nr 35 onder in die straat wees!!!!!

Meraai kry vir Gatiep waar hy aan tou om sy middel in die boom agter in die yard hang.
Maraai: "Gatiep, wat maak jy?"
Gatiep:"Ek het besluit om selfmoord te pleeg en myself te hang."
Maraai: "maar dan moet jy die tou om jou nek vasmaak."
Gatiep: "Ek het dit eers probeer, maar dan kan ek nie asemhaal nie!!!!!!!!!"

Seun stuur sy pa 'n brief van universiteit af plaas toe om te se dat die mense in die stad so slim is hulle kan Wagter leer praat, dit kos R1000. Pa stuur Wagter en R1000 op volgende trein en se seun moet Wagter vir lesse stuur. Seun suip R1000 uit en los wagter om amper te vergaan. 2 maande later toe seun huistoe gaan vir vakansie wonder hy wat hy sy pa gaan vertel hoekom Wagter nie kan praat nie. Hy gooi toe maar vir Wagter by die trein uit. Toe die trein op sy tuisdorp stop is sy pa dadelik by en vra waar is Wagter, hy wil biekie met hom gesels. Seun se toe "Pa, ek en Wagter het op die trein gesit en gesels, toe vertel hy my hy en pa het partykeer hier op die plaas gery, dan gaan tel pa van die werkers se vrouens skelm op en dan gaan julle bosse toe en dan doen pa snaakse goed met die werkers se vroue. "Toe besluit ek ek kan nie toelaat dat 'n hond sulke kak van my pa praat nie, toe gooi ek hom by die venster van die bewegende trein uit."
Pa: "is jy seker daai fokken hond is dood!!!"



...en voor jy vra, ek sal weer baie van hierdie foto's op die site sit





Die oom het 2 seuns. Die oudste een is 'n stoutgat, maar jonger een is erg deur die kak.
Ouboet gaan Stellenbosch toe en dinge gaan lekker. Pa is bly en besluit om vir kleinboet ook te stuur.
Na so week of 2 besef kleinboet hier is nou 'n moerse probleem. Elke keer as hy verby 'n meisie loop dan swel daar dinge op. Hy besluit om vir ouboet raad te vra.
"Nee wat", sê ouboet, "dis maar net die geite. Dis maklik om dit uit te sort. "
Hy weet egter kleinboet is maar skaam en hy sal nooit self 'n move maak nie. Toe stuur hy hom na die hoerhuis toe, en vertel hom dat dit 'n tipe kliniek is.  Die volgende dag stap kleinboet rond met 'n moerse smile.  "Kon daai dokter jou toe help?" wil ouboet weet.
"Ja" sê kleinboet. "Jy sal nie glo hoe goed sy is nie. Eers moet ek al my klere uittrek en op die bed gaan lê. Toe kom sit sy so half oor my en  sy plak so klapperhaar pleister daar waar dit so geswel is. Dan trek sy hom af en dan plak sy hom weer. Weet jy, toe sy hom so die 3de keer aftrek, toe spat die etter! 



Gatiep besit 'n materiaal-winkel. Ná 'n baie stil dag besluit hy om die winkel vroeg toe te maak. Net toe hy na die deur toe loop, kom daar 'n man ingestap. Die ou vra om 'n rol materiaal heel bo-op een van die rakke te sien. Gatiep gaan haal die leer, klim op en haal die rol af.
"Nee", sê die kliënt, "dit is nie wat ek in gedagte het nie. Kan ek daardie rol sien", en hy wys na 'n rol heel bo-op 'n ander rak. Gatiep sleep die leer soontoe, klim op en gaan haal die rol af.
Weer eens is die kliënt nie tevrede nie en hy wys weer na 'n rol heel bo-op 'n ander rak. So gaan dit aan vir nog vyf rolle. Uiteindelik kry hy een waarvan hy hou.
Kliënt: "Ja, ek hou van hierdie een. Ek wil asb. 12 cm hê."
Gatiep: "Meneer, kan jy asb. vir my verduidelik wat jy met 12 cm lap wil maak!"
Kliënt: "Ek wil 'n kussinkie vir my voël maak."
Gatiep: "Meneer, ek sê jou wat. Ek gee jou 20 cm, dan maak jy sommer ook 'n gordyntjie vir jou ma se poes!" 

Wednesday, 07 January 2009

2009 !!!!
Die jaar begin nou eers en ek is klaar gatvol gewerk.


Die site is maar baie afgeskeep die laaste jaar, maar nou ja, mens moet seker maar eerste aandag gee an die dinge wat die geld inbring. Die site is egter besig om oorgedoen te word, so dan sal ek nuwe goed kan publish sonder om elke keer 'n moese klomp files te verander en te upload.
Loer maar gereeld in en stuur dit sommer aan vir jou pelle ook.

Kyk nou so 'n fokker....


Die ou sit en gooi peanuts in die lug en vang dit met sy mond. Terwyl hy besig is vra sy vrou hom iets en een van die peanuts val in sy oor. Hy probeer dit uitkry maar hy druk dit net verder in sy oor in. Hy en sy vrou besluit hulle moet maar hospitaal toe gaan. Soos hulle uit loop kom sy dogter en haar boyfriend ingeloop.
Hulle verduidelik vir die twee dat hulle gou moet maak en die ou by die dokter kry. Sy boyfriend tune toe die oom om op die stoel te gaan sit, hy sal hom help. Hy gryp toe die oom aan die neus en tune hom om hard te plaas. Die drukking veroorsaak toe dat die peanut uit die ou se oor vlieg. Baie verlig bedank hy die outjie. Sy vrou is impressed en vra haar man, "Wat dink jy gaan hy word eendag". Die oom antwoord: "Hopelik ons skoon-seun as ek sy vingers so ruik"

------------------
Wat is die enigste soogdier met n poes op sy rug?
'n Metro-polisie perd

---------------------
Wat is baie plat en lê op die wal van die rivier?
‘n Krokodil wat by seekoei se nooi aangelê het.




Toe pa muis uit is op soek na kos vir sy gesin, trap hy in ‘n muisval en sleep himself met val en al terug huis toe,
Boetie maak die deur oop en skree vir ma muis – mamma, mamma pa het vor ons ‘n jeep gekoop.

---------------
Die boer ry in dorp toe met sy perd, langs die pad kry hulle ‘n klomp skape wat sê, "Goeie more, mooi ry – geniet die dag".
Die boer kyk om en sê vir sy perd "Genade ek het nie geweet skape kan praat nie"
"Ja" sê die perd, "ek ook nie".

--------------------
Hoekom bulk beeste?
Kan jy dink hoe sou dit geklink het as hulle geblaf het?

--------------------
‘n Man kla by sy dokter dat hy elke nag kaal vroue in sy kamer sien.
Die dokter dink so bietjie na en vra dan – So wil jy he ek moet jou help om van hulle ontslae te raak?
Nee dokter ek wil net hê jy moet my help om hulle te vang!

----------------
Piet ry in digte mis agter in Koos se voertuig vas.
Ou Koos spring uit en wil net vir Piet doner.
Piet vra vir Koos – Hoekom stop jy so skielik voor my?
Koos antwoord – Fok man ek is afterall in my eie garage!

------------------
Twee seuntjies sit in die bad. Wat het met jou gebeur vra die een seuntjie, Ek is met geboorte besny sê die ander een.
Sjoe en was dit baie seer? Natuurlik man ek kon vir twaalf maande glad nie loop nie!



As jy belangstel in een van hierdie gewere, stuur email na info@all-about-airguns.co.za