Wednesday, 28 February 2007

Party vanaand by Barbs.
Bring geld en boobies... en moenie Vrydag se party vergeet nie.


Grapgat....

Die aantreklike jong spraakterapeut vestig haar in die Kaap, waar sy 'n praktyk begin.
Sy het 'n groepie hakkelende jong mans, maar maak nie eintlik vordering met hulle nie.

Uiteindelik besluit sy om 'n ongewone eksperiment te probeer:
Sy kom na die groepsessie met skamele klere aan. Sy beloof dat as enige van die jongmans in die groep vandag 'n sekere ding kan regkry, sy hom 'n Franse soen sal gee as beloning. Hy moet die dorp waar hy gebore is, se naam kan sê sonder om te hakkel.

So gesê, so gemaak.

Opgewonde probeer die eerste ou: 'K-k-k-k-k-Kaapstad-!' en sink moedeloos op sy stoel neer.
Die tweede ou staan op en sê: 'MmmmmmmMalmesbuRy!-' en slaan moedeloos op sy heup.
Die derde ou haal diep asem en sê: 'Durban!'
'Mooi!' sê die spraakterapeut en soen hom 'n volle minuut lank met oorgawe, soos sy beloof het.

Toe sy klaar is, vra sy: 'En wat sê jy daarvan?'
Waarop hy uitasem antwoord: '.....v-v-v--v-v-ville!'

Tuesday, 27 February 2007

LIFE'S A JOURNEY, RY HOM IN SY MOER!

Stel alles af!!!
Vrydag 2 Maart 2007 is dit die maandelikse Quervo Tequila Party by Barbaroozos !!!
Dis altyd moerse fun en daar is baie pryse om te wen.
Geen verskonings nie... dis na payday en jy gaan jou eie gat skop as jy dit misloop.

Friday, 23 February 2007

Dis seker die snaakste ding wat ek nog gehoor het... thanks Camel.

Niks in die lewe bring groter vreugde vir 'n moeë vis-en-hoenderdieet as 'n langnaweek in die Vrystaat nie. Die oggend, middag en aandvleisvure brand hoog en die vet drup uit die vakansie baarde, dis 'n geil besigheid man, geil man, geil. Jou beker loop oor. Soggens is dit skaapniertjies, smiddae skaaptjops en saans iets kleins soos 'n ou biefstukkie of 'n varkboutjie. In die Vrystaat beteken 'n gebalanseerde dieet 'n tjop in elke hand. Tussendeur word daar aan 'n biltonkie gekou om die kieste oefening te gee. Maar soos met alle goeie dinge kom daar 'n einde aan alles.
Die t'rugtog Kaap toe kom soos 'n dief in die nag. Daar word uitgestel en weggepraat maar vader Tyd het gesê dis Sondagmiddag en so sal dit wees. Na 'n skaapvleis ontbyt word die langpad gevat met skaapboud toebroodjies vir padkos. Voetslepend en klaend word die tasse gepak en gelaai en met stroewe gesigte word die Vrystaatse familie gegroet. Die stilte in die motor is oorverdowend wanneer ons die N1 vat Kaap toe.
Edenburg, Trompsburg, Colesberg, Spietkop, Hanover, Spietkop, Richmond flits die plekke verby. Drie Susters .... amper halfpad en die Sondagmiddag trek lang skadu's oor die Groot Karoo. Aaaai, as ons maar al die skapies kon saamvat vir die mense in die Kaap. Hulle weet nie wat mis hulle nie. Glo mos net aan vis en hoender. Hoenie is mos nie verniet die nasionale voël van die Wes-Kaap nie.
Na Drie Susters kom die fout. Groooot fout! 'n Pyn van epidermiese proporsies skiet my regterenkel binne. Dit moet 'n beroerte wees. Ek sweer dis 'n hartaanval .... My hart sit juis in my skoene. Kry mens miskien 'n voetaanval, Bosluisvoet of Slangvoet?
Die moontlikhede is legio. Die pyn neem alles oor. Die kinders wonder of pa Krismis gaan haal. Liefste wil weet of ek koors het. "Bel die dokter!" is al wat ek kan uitkry terwyl ek stotterend probeer asem kry. Ek trap die petrol dieper met die anner voet en die trane biggel oor my wange. O Kaap, O Kaap, as ek tog maar net by die huis kan kom.
Vroutjie bel vir Dok uit sy Sondagmiddagslapie. Dit is NOOD broer. Sy vertel in kort, afgemete sinne wat haar diagnose is. Dok vra hieroor en daaroor en waar die pyn is en of daar ou rugby beserings is in daai voet. Dan die lang stilte. Ons albei verwag die ergste." Nee" se dok "maar as dit so pyn en die pyn daar is en julle die en daai ge-eet het, daar geen koors is nie, die pyn nie "loop" nie, dan lyk dit my na ghout". "Wat het jy in die kar? Het jy enige iets vir die kinders vir karsiek?" Dankie tog, dink ek nou is ons darem al by die merriekasie. "O, setpille" hoor ek vroutjie antwoord van die kant af, "maar as jy dit het, kan jy dit vir hom gee. Hy sal 'n 100mg moet inkry". "Maar ek het net 15 en 20mg pilletjies", hoor ek vir vroutjie terwyl sy hard dink hoe sy hierdie pilletjies in haar man se watse dinges gaan inkry.
Synde die dokter op die "loudspeaker" is, kan ek darem self in my toestand uitwerk hoeveel keer gaan ek, nou ja, die ding moet doen. Toe hy aflui staan ek dadelik vas, ek het ook mos 'n binneste. "Sal wag tot op Beaufort, daar sal 'n noodapteek wees" en daarmee handel ek die gesprek af, ter wille van die kinders in die kar.
Maar ai boeta, op Beaufort is 'n noodapteek so skaars soos reën. Niks oop, op 'n Sondagaand nie. "Dan druk ons maar deur Kaap toe." Kners ek op my tanne. Ek sit nou al kaalvoet met die lugreeling vol oop op my voet - dalk vries die ding dood dan kan ek hom afbreek en in die kar se "boot" gooi. 'n Man het sy trots en ek's g'n hoender wat klein pilletjies agterstevoor om pik nie.
Op Leeu Gamka is al my manlikheid daarmee heen ... alles is wit van die pyn.
" Vrou, gee maar - dit is nou of nooit, en ek "nou" liewer as "nooit".
Vroulief fynkam haar "toolbox" en kom met die goeie nuus, daar's nog 'n 100mg setpilletjie". Daar het jy dit: Vir elke pyn is daar 'n gewig.
Pil in die hand bestorm, of was dit nou bekruip of huppel ek na die plek van verligting by die vulstasie. "Hierdie besigheid MOET net werk" dink ek by myself en probeer moed skep vir wat voorlê.
Ek worstel en sweet, maar in moet hy in - het jy al ooit probeer om 'n "dartboard" se "bullseye" van die agterkant af op een been te kry sonder om die ander ouens in die kleedkamer met sagte kreungeluidjies te vermaak?
Na die nagmerrie sukkel ek t'rug kar toe en ons val in die pad. Die kinders wil weet hoekom pa se oë dan nou so groot is. Dink seker ek probeer Wolf en Rooikappie vir hulle opvoer om die pad om te kry. Niemand sê iets nie, ma bly liewer stil, sy weet wanneer vraetyd verby is. Later slaap die kinders snoesig in hul stoeltjies, ek sit met die pyn en trap die petrol dat ons in die Kaap kan kom. Pyn, alles net pyn en die gedagte van die
vreeslikheid daar in die toilet op Leeu Gamka vir ewig ingeprent in my geheue.
By Laingsburg traai vroutjie weer 'n geselsie." Voel dit al beter, skat."
"Nog nie juis nie liefling. Maar dis darem 'n skerp pil daai" gooi ek 'n hou na die witjasse. "Hoe bedoel jy?" "Ek bedoel die alluminium om die pil. Ek moes die besigheid omtrent "panelbeat" om die skerp kante te probeer platkry. As ek dit sommer net so sou gebruik, kon ek my binneste lelik beskadig" verduidelik ek sonder om te veel "detail" te gee.
Dit smaak vroutjie het as selfmoordbomplanter by Elkaida gekwalifiseer. Sy ontplof dat die kinners se lyfies ruk en hulle met hulle handjies bo-kant hulle koppe gryp in hulle slaap. Dis die ergste lagbui wat ek uit haar lyf hoor sedert die nuus van haar eerste swangerskap. "Jy moes die aluminium afhaal, poeeepol!" rek sy dit uit en sy trek haar foontjie nader. "Maar ek dog dit werk soos 'n kapsule. Mens breek mos nie 'n kapsule oop nie net nou vergiftig jy jouself met 'n oordosis, die besigheid moet mos stadig in 'n mens se sisteem bekruip!" My manlikheid en intellek is daarmee heen. Die wêreld weet. Sy mishandel die selfoontjie om die nuus oor die aardbol te versprei.
Dok is die eerste om van my "mishap" te hoor. Hy kan sommer my lyding op die internet uitblaker en die eer kry vir die beste mediese "joke" van die maand. Geen setpil sal ooit weer dieselfde wees nie. Hoe gaan ek die wêreld in die oë kyk? En dit na die vreeslike lyding op Leeu Gamka. Ek verlang na die tere liefde en simpatie van my moeder.
Volgende môre is ek 'n "celeb" op kantoor, almal wil tog net bemoedigend aan my vat of 'n ou geselsie aanknoop. Wil weet of ek nou 'n "stainless steel silencer" het. Ha, ha, ha, wens julle kry dieselle pyn wat ek in my voet het in julle "silencers" da sal ons sien! Klomp ape!
Het die ding gewerk? Weet nog nie....wag dat die aluminium "corode".
Nou ja, laat ons sien wat het ons hier vandag...
Nuwe foto's by "Ons Foto's", "Sexy Babes" en "Sport".

Gaan check spesifiek hierdie albums uit:
- Barbaroozos
- Kuiergatte en Wille parties
- Stokstywe Parties
- Hoekom mans van sport hou
- "Nextdoor" tipe babes
- Hotste celebs en modelle

Barbs het soos gewoonlik nice boobies gehad, ok, dit was nie so nice soos laas keer nie, maar dis darem beter as niks.



Kan dit die perfekte cleavage shot en die perfect ass wees?

As jy nie saamstem nie, stuur die foto's laat ons sien.

Thursday, 22 February 2007

Nuwe dinge...
Oraait... daar is so paar nuwe dinge wat op Stokstyf bygevoeg gaan word.
- Nuwe seks advies kolom deur Dr. Jackie Cummings
- Moerse klomp nuwe foto's
- Splinternuwe albums ( hoe die "Sexy babe" seksie dop)
- 'n Blog waar jy jou comments kan gooi soos jy wil en dinge post wat saakmaak


Lees bietjie hierdie brief:

Sex Advies

Dis met nuwe hoop op ‘n vroue geslag wat hulle bra’s brand en sommer hulle g-strings eenkant toe gooi- romanse is dood, maar dit beteken nie dat ons mans ook so moet wees nie - wat ek ingestem het om die kolom aan te durf.

Sex is oor die algemeen nog steeds ‘n missie (en wat ‘n affêre is daardie missie posissie?). Mans kla oor vrouens, vrouens kla oor mans, en almal slaap in plaas van wakker bly.

Nou hier is my oplossing. Julle kan inskryf en vrae vra oor enige onderwerp. As jy jou vraag in ‘n grap, of a ‘n slegsê episode will gebruik, is dit ook welkom. My andwoorde is reguit, duidelik en opvoedkundig. As jy spesiale naampies vir sekere liggaamsdele het kan jy dit noem as jy wil, maar in werklikheid gee ek nie om nie.

Hiermee dan, hoop ek dat julle die skaam uit skaamdele gaan haal, en die STYF terug sit in STOKSTYF.

Dr. Jackie Cummings
Amateer Porn Ster & Fisiese liggaams terapeut


So ja... dit sal seker so Maandag reg wees vir aksie.
Kry dus solank jou vrae reg.


ATKV
Die ATKV het besluit dat daar sommige woorde is wat mense alledaags gebruik wat moet verander

POEP: BROEKHOES
AFFAIR: BUITEBRAND
BLOWJOB: TRILSMUL
CLEAVAGE: BORSBOUDE
HUISVROU: NESPES
IMPOTENSIE: SLINGERSTRES
PIMP: HOERBROER
STRIPPER: WYSMUIS
VIBRATOR: KOMBROMMER

Wednesday, 21 February 2007


Party tyd!!!!

Die van julle wat nie weet nie, Lindi was op verlof en dis haar laaste party voor sy weer moet gaan werk. As julle haar vanaand sien, koop asb. vir haar iets om te drink.


Die van julle wat wil saam kuier , kliek hier.
Huisgenoot-Hannelie en De la Rey se spook
Geskryf deur Dan Roodt (Sorry Dan, maar dis te goed om nie met almal te deel nie.)

Verlede week braak twee Huisgenoot-joernaliste gal oor Bok van Blerk en die mense wat gaande oor sy De la Rey-liedjie is. Die Euromasochis Hannelie Booyens wat iewers jammer is dat sy nie een van Amy Biehl se ouers kon wees wat haar dogter se moordenaars uit Gugulethu eers kon vergewe en toe in diens kon neem nie, kry koue rillings as sy ‘n stillerige jong ondersteuner by Bok se konsert raaksien.

“Dis die Wit Wolf!” mymer Huisgenoot-Hannelie. En, skryf sy op bladsy 22 van die grootste Afrikaanse gesinstydskrif wat vandeesweek, wonder bo wonder, geen gemengde paartjie op die voorblad het nie: “Dis ouens soos hy wat laatnag op webtuistes komplotte smee om die regering omver te werp en volksvreemdes uit die weg te ruim.

”Ek moet sê, Huisgenoot-Hannelie het nogal ‘n humorsin. Sy noem ministers Manto en Nqakula en Xingwana en die res waaroor Blou Willem op Maandae in Beeld grappies maak ‘n “regering”.

Bok van Blerk, moet ons toegee, het nie net ‘n rekord aantal CD’s verkoop nie; hy het ook kiloliters ink vanuit die bekommerde hoofkwartier van denkbeheer by Heerengracht 40, Kaapstad, laat vloei. Nie verniet lyk die Naspershoofkantoor soos ‘n blok woonstelle in Moskou wat deur een van Josef Stalin se persoonlike argitekte in die vyftigerjare ontwerp is nie, want hier word eenvormige denke op prys gestel.

Maar alles is nie wel in die ruwe Suid-Afrika nie. Skielik is daar te veel Afrikaanse liedjies, te veel kunstefeeste, te veel skole soos Ermelo wat weier om stil-stil te verengels, te veel oranje-blanje-blou vlae wat plek-plek uitgehaal word.

Soos ons weet, is die geskiedenis besig om homself te herhaal.Ná die Tweede Vryheidsoorlog, soos ná 1994, was almal veronderstel om Engels te wees en in Engels skool te gaan. Toe William Nicol in 1917 voorstel dat Johannesburg ‘n Afrikaanse hoërskool kry, het The Star bytend uit Shakespeare se Hamlet aangehaal: there’s something rotten in the state of Denmark.

Huisgenoot-Hannelie en haar handlanger, ene Sieraaj Ahmed, bespeur insgelyks “iets wat stink in die ruwe Suid-Afrika”. Die heer Ahmed – miskien neem hy aanstoot aan so ‘n Eurosentriese aanspreekvorm en moet ek hom eerder ajatolla Ahmed noem – word skoon flou toe hy die ou landsvlag sien. Hy kry hartkloppings van die “simbool van verdrukking” soos hy dit noem. Asof die motgevrete moord-en-roofvlag wat tans vuil en verwaarloos bokant polisiestasies druip ons met ‘n besonderse gevoel van veiligheid vervul. Dis nou die plekke waar manne in blou so graag omkoopgeld aanvaar - as hulle nie die dag siek is of sommer net in die tuig snork soos hulle slaap nie.

Die spook van De la Rey wat iewers oor die vlakte aangery kom op die maat van Bok van Blerk se liedjie is besig om, soos die spook van Hamlet, konsternasie by die howelinge en veral die lakeie te veroorsaak. Ons kan selfs vir Karl Marx, ‘n skrywer wat Huisgenoot-Hannelie en die hele horde linkse na-apers en napraters sal waardeer, aanhaal: “‘n Spook goël by die hele Europa.” Kennelik boesem die spook van Koos de la Rey en ‘n herrese Afrikanervolk wat nie meer skaam vir sy geskiedenis, taal en identiteit is nie, vrees in.

Vandaar ook die tydelike verbod op Bok van Blerk se liedjie by Loftus wat oor die naweek afgekondig is en toe weer opgehef is. Die bestuur by Loftus kla oor die “politieke inhoud” van die lied en beskou dit as omstrede. Hoe meer omstrede dit word, hoe meer mense gaan egter daarna luister. Die jeug en Bok de la Rey het deur al die politiek korrekte skanse van die ruwe Suid-Afrika gebreek. Niks kan hierdie opwelling van Afrikaner-sentiment meer stuit nie.

Daarom: Moenie bekommer nie, Hannelie. Ek is seker daardie “jong lat” en sy vriende by Bok se konsert gaan jou nie met klippe gooi of met messe steek soos Amy Biehl se voorbeeldige jong moordenaars nie. Hulle mag jou net van jou hang-ups oor ‘n sg. “verregse jeug” bevry.

Afrikaans bly maar die beste

Dis engels, maar te goed om nie op te sit nie:
A man asked his wife what she'd like for her birthday. I'd love to be eight again" she replied. On the morning of her birthday he rose early, made her a nice big bowl of Coco Pops and then took her off to the local theme park.
What a Day! He put her on every ride in the park:
* The Death Slide
* The Wall of Fear
* The Screaming Monster Roller Coaster
Five hours later she staggered out of the theme park. Her head was reeling and her stomach felt upside down.
Right away they journeyed to a McDonalds where her loving husband ordered her a Happy Meal with extra fries and a refreshing chocolate milk shake. Then it was off to the movies: the latest Star Wars epic, a hot dog, popcorn, all the Coke she could drink, her favorite lolly and M&Ms.
What a fabulous adventure!
Finally she wobbled home with her husband and collapsed onto the bed exhausted.
He leaned over his precious wife with a big smile and lovingly asked "Well Dear, what was it like being eight again?"

Her eyes slowly opened and her expression suddenly changed and she said "I meant my dress size, you fucking twat!!"

Tuesday, 20 February 2007

Partykeer kan 'n man net nie wen nie
Gatiep loop kuier saam met sy tjomme...
Meraai is die moer in en sê vir die kinders hulle maak nie die deur oop as hy by die huis kom nie. So 01h00 se kant kom hy daar aan en klop aan die deur.
Maraai: Voetsek tot daar waar jy vandaan kom en loep vrek daar vir die aand. Jy kom nie in die huis nie!!!
Gatiep : "Naai man , daai plek skud, ek willie kom slaap nie, ek soek net die R50 in my baadjie sodat ek kan terug gaan.
Meraai ruk die deur oop gryp hom aan die kraag en sê, "Loep kak djy!! Jy kom NOU hier in en klim in die kooi!!!"
Die Stokstyf Bus is gevind.
Dansy flinke optrede deur seker polisielede is die bus gevind. Maar 'n groot "JOU MOER" aan die ou in die aanklagkantoor wat wou insinueer dat ons die ding laat steel het en sommer dieselfde vir die dudes in die vangwa wat nooit uitgekom het nie.




Hoekom moet ons al die foto's neem?
Kom aan girls... doen dit self.

Geen wonder dit gaan so nie...

Friday, 16 February 2007

Die fokken groenes.
Nou ja die wat nog nie weet nie, die Stokstyf bus was die victim van affirmative shopping.
Maar ek wil net dit sê... ek weet hoe julle fokkertjies lyk en volgende keer skiet ek julle vrek soos siek honde.

---
Dit moet waar wees...
On a recent visit to Malawi, Mr Mbeki is met at the airport by the country's Minister of Harbours.

It takes a while, but then Mr Mbeki realizes that this is actually quite absurd...after all, this country has no harbours - it is landlocked!
In his state of confusion, he decides to find out what the story is...

At the official state banquet later that same night, he leans over across to the president and asks: "Mr President why do you have a Minister of Harbours when you don't have any harbours?"

The president looks Mr Mbeki straight in the eye and says: "Well, funny you should ask Mr Mbeki, I am just as puzzled as to why you have a Minister of Law and Order?"

Thursday, 15 February 2007

RIP Anna Nicole Smith



Seks en sulke dinge...

Joernalis: Wat het tannie gedoen om 101 jaar oud te word?
Tannie: Baie seks my kind.
Joernalis: Wanneer laas het tannie seks gehad?
Tannie: 1945
Joernalis: Sjoe dis lank terug, tannie.
Tannie: Almiskie my kind, maar dis nou eers 20:00

****

Oom Kallie en Tant Anna ry in New York toe 'n taxi langs hulle stop.
Die taxidriver se toe vir hulle: "Good morning!"
Tant Anna vra toe vir Oom Kallie: "Pappa, wat sê hy?"
Toe antwoord Oom Kallie: "Ag, hy sê sommer hallo." En hulle ignoreer die taxidriver heeltemal.
Toe vra die taxidriver: "Hey, where you from?"
Tant Anna vra toe: "Pappa, wat se die man?"
Oom Kallie antwoord: "Ag, hy vra sommer waarvandaan ons kom." En hulle antwoord "South Africa".
Die taxidriver sê toe: "Hey, I've been to South Africa and I had the worst sex there ever!"
Tant Anna vra toe weer: "Pappa, wat se hy?"
Oom Kallie: "Hy sê hy ken jou!

Wednesday, 14 February 2007

Skiet... kyk, dis nou iets wat ek smaak. Pistole, gewere, makie sakie. Enigste probleem is mos nou die licences wat daarmee saamgaan. Jy kan nie eers meer aansoek doen vir 'n lisensie sonder dat blou-geklede gangsters jou as 'n potensiele Boeremag lid ondersoek nie. Nou ja, gewere se moer dan ook, sê ek toe vir myself en koop 'n airgun.










Moerse sports sê ek jou. Almal moet eintlik een kry. Moet net nie die ding soos 'n speelding hanteer nie. Dis nie die pelletsguns wat ons mee gespeel het toe ons laaities wat nie. Die goed skiet een kak skoot.

Gaan check bietjie hier

Wat die mense alles sê op Valentynsdag
Frankryk -- "Je taime"
Spanje -- "Te Amore"
Duitsland -- "Ich liebe dich"
Holland -- "Ik ben verliefd op je"
Engeland -- "I love you"
Jo'Burg -- "Please call me"
KZN -- "Just take a shower"
Mitchell's Plain -- "Jirre, ma jy't lekka tiette!"