Tuesday, 15 December 2009

Na amper 'n jaar is Stokstyf weer terug op die map!!!!

Dinge het maar sukkel sukkel gegaan die laaste paar maande. Met al die gewerk, was daar nie baie tyd vir websites aanmekaar slaan en al die dinge wat daarmee saamgaan nie. MAAR, intussen het ons nuwe kuierplekke ontdek en uitgevind dat die Smugglers Party Bus definitief die een is wat ons kan aanbeveel. O ja, die foto albums sal binnekort terug wees met allerhande nuwe goed.


Hier is so ou voorsmakie... 




 Mike en Kallie sit en kuier in die kroeg.
Hulle is lekker geswaai.
Skiellik gaan die ligte uit.
Dit is nagdonker.
Mike sê vir Kallie:
"Daar kak altwee my oë nou gelyk!" 





Gatiep kom uit die tronk en het vreeslik lus vir 'n spyker. Hy loop toe vir Maraai raak en vra "Hoe lyk dit met 'n steek". Sy sê toe "Ja, maar dit sal jou R5 kos". Hy antwoord vir haar en sê "Ek het net R1". "Vir R1 sal ek in 'n blik pis maar jy mag net kyk". Toe sy klaar is vat hy die blik en laat sak sy voël daarin en sê "Ou broer vanaand moet jy sop drink, want vleis is duur".

Die blondine bring haar nuwe kêrel met die olierige hare, 8 oorbelle, 5 ringe, neusring en verslete leerbaadjie vir die eerste keer by haar ouers aan.
"Is hy 'n goeie seun my kind?" vra haar ma.
"Ja ma! As hy nie was nie sou hy nie 'n duisend uur gemeenskapsdiens verrig het nie."

Seun van die stad gaan soek werk in die karoo. Hy kom by n ou oom en tante se plaas uit wat n helper soek. Die oom vra" boetie nou wat kan jy doen?" Hy antwoord " ek weet niks van plaas werk af nie, maar ek kan hardloop!!! Oom dink by homself en se " sien jy daar onder in die vlak staan 2 donkies. Hulle is lanklaas ingespan in die kar en is baie wild. As jy hulle op kraal kan kry, het jy die werk." Die oom en tante gaan toe vir die oggend dorp toe. 3 uur is hulle terug en in die kraal kry hulle die 2 donkies en 5 vlakhase met die seun wat hulle dophou. Die goed lyk sommer moeg. Hy vra dadelik hoe die seun dit gedoen het. Hy antwoord "Oom die 2 grotes was maklik en het my nie laat sukkel nie. Dis net hulle 5 kleintjies wat my tot na middagete besig gehou het!"




Gert en Koos gesels in die straat
Gert: Ek het al saam met al die vroue in die straat wat jy bly geslaap, behalwe vir een.
Koos gaan huistoe en vertel sy vrou wat Gert hom vertel het.
Koos se vrou: Dit moet seker daai lelike een in nr 35 onder in die straat wees!!!!!

Meraai kry vir Gatiep waar hy aan tou om sy middel in die boom agter in die yard hang.
Maraai: "Gatiep, wat maak jy?"
Gatiep:"Ek het besluit om selfmoord te pleeg en myself te hang."
Maraai: "maar dan moet jy die tou om jou nek vasmaak."
Gatiep: "Ek het dit eers probeer, maar dan kan ek nie asemhaal nie!!!!!!!!!"

Seun stuur sy pa 'n brief van universiteit af plaas toe om te se dat die mense in die stad so slim is hulle kan Wagter leer praat, dit kos R1000. Pa stuur Wagter en R1000 op volgende trein en se seun moet Wagter vir lesse stuur. Seun suip R1000 uit en los wagter om amper te vergaan. 2 maande later toe seun huistoe gaan vir vakansie wonder hy wat hy sy pa gaan vertel hoekom Wagter nie kan praat nie. Hy gooi toe maar vir Wagter by die trein uit. Toe die trein op sy tuisdorp stop is sy pa dadelik by en vra waar is Wagter, hy wil biekie met hom gesels. Seun se toe "Pa, ek en Wagter het op die trein gesit en gesels, toe vertel hy my hy en pa het partykeer hier op die plaas gery, dan gaan tel pa van die werkers se vrouens skelm op en dan gaan julle bosse toe en dan doen pa snaakse goed met die werkers se vroue. "Toe besluit ek ek kan nie toelaat dat 'n hond sulke kak van my pa praat nie, toe gooi ek hom by die venster van die bewegende trein uit."
Pa: "is jy seker daai fokken hond is dood!!!"



...en voor jy vra, ek sal weer baie van hierdie foto's op die site sit





Die oom het 2 seuns. Die oudste een is 'n stoutgat, maar jonger een is erg deur die kak.
Ouboet gaan Stellenbosch toe en dinge gaan lekker. Pa is bly en besluit om vir kleinboet ook te stuur.
Na so week of 2 besef kleinboet hier is nou 'n moerse probleem. Elke keer as hy verby 'n meisie loop dan swel daar dinge op. Hy besluit om vir ouboet raad te vra.
"Nee wat", sê ouboet, "dis maar net die geite. Dis maklik om dit uit te sort. "
Hy weet egter kleinboet is maar skaam en hy sal nooit self 'n move maak nie. Toe stuur hy hom na die hoerhuis toe, en vertel hom dat dit 'n tipe kliniek is.  Die volgende dag stap kleinboet rond met 'n moerse smile.  "Kon daai dokter jou toe help?" wil ouboet weet.
"Ja" sê kleinboet. "Jy sal nie glo hoe goed sy is nie. Eers moet ek al my klere uittrek en op die bed gaan lê. Toe kom sit sy so half oor my en  sy plak so klapperhaar pleister daar waar dit so geswel is. Dan trek sy hom af en dan plak sy hom weer. Weet jy, toe sy hom so die 3de keer aftrek, toe spat die etter! 



Gatiep besit 'n materiaal-winkel. Ná 'n baie stil dag besluit hy om die winkel vroeg toe te maak. Net toe hy na die deur toe loop, kom daar 'n man ingestap. Die ou vra om 'n rol materiaal heel bo-op een van die rakke te sien. Gatiep gaan haal die leer, klim op en haal die rol af.
"Nee", sê die kliënt, "dit is nie wat ek in gedagte het nie. Kan ek daardie rol sien", en hy wys na 'n rol heel bo-op 'n ander rak. Gatiep sleep die leer soontoe, klim op en gaan haal die rol af.
Weer eens is die kliënt nie tevrede nie en hy wys weer na 'n rol heel bo-op 'n ander rak. So gaan dit aan vir nog vyf rolle. Uiteindelik kry hy een waarvan hy hou.
Kliënt: "Ja, ek hou van hierdie een. Ek wil asb. 12 cm hê."
Gatiep: "Meneer, kan jy asb. vir my verduidelik wat jy met 12 cm lap wil maak!"
Kliënt: "Ek wil 'n kussinkie vir my voël maak."
Gatiep: "Meneer, ek sê jou wat. Ek gee jou 20 cm, dan maak jy sommer ook 'n gordyntjie vir jou ma se poes!" 

1 comment:

jaket kulit said...

Hi my name is bibie, your site is awesome. I just want to share my leather jacket online store at jaket kulit garut this jacket is made in garut, Indonesia.

And this is my new blog : http://garut-jacket.blogspot.com/2015/04/more-confident-wearing-leather-jacket.html

thanks 4 share :)