Friday, 26 October 2007

Ai man, die naweek is al klaar te kort vir als wat ek nog wil doen.
... maar nou ja, 'n man kan seker maar probeer.

O ja, dit herinner my mos nou...
Checkers, Pick & Pay en Spar gee gratis braairoosters weg!!! Slegs een per klient.
NB: die spesiale aanbod is net geldig terwyl voorraad hou.
Kliek hier vir meer besonderhede.

Ek sien die souties het besluit om Twinkenham te herontwerp. Hulle reken dit sal hulle 'n moerse voorsprong gee as hulle weer teen ons speel. Daar is selfs 'n nuwe trui



Dit bring nou by nog iets. Die volgende ou wat vertel dat ons gelukkig was dat daai "drie" nie toegeken is nie kry 'n PK.

Dis nie 'n drie nie...

...maak nie saak van watter kant af jy daarna kyk nie.

Dit kon erger gewees het:
'n Pa loop verby sy seun se kamer en tot sy stomme verbasing sien hy die bed is netjies opgemaak en die kamer is aan die kant.

Toe sien hy 'n koevert op die kussing. Dis gerig aan "Pa".

Met beklemming om sy hart tel hy dit op, skeur dit oop en lees die briefie :

"Liewe Pa, dis met groot spyt en verdriet dat ek vir jou skryf.

Ek moes wegloop saam met my nuwe meisie omdat ek nie met jou en Ma wou rusie maak nie. "Ek en Santie het ware passie ontdek. Sy is so oulik. Ek weet julle keur haar nie goed nie, omdat daar so baie ringe deur haar lippe, neus en ander plekke is, en sy vyf jaar ouer as ek is. Maar is nie net passie nie, Pa. Sy is swanger.

"Santie sê ons sal baie gelukkig wees. Sy het 'n woonwa wat iewers in 'n bos staan en daar is 'n hele hoop vuurmaakhout vir die winter. Ons wil sommer nog baie kinders hê. Santie het my ook geleer dat dagga nie net sleg is nie. Ons gaan sommer self 'n bietjie daarvan in die bos kweek en dit aan die ander mense in die kommune verkoop. Dan kan ons met daardie geld ander, duurder drugs soos COKE koop.

"Intussen hoop en bid ons dat die wetenskap 'n kuur vir VIGS vind sodat Santie gesond raak. Sy verdien dit !!!!!!!! Moenie bekommerd wees nie, Pa. Ek is darem al Vyftien en kan na myself kyk.

Ontspan, en geniet die kleinkinders wat nog kom.

Met liefde

Jou seun
Johan

"NS !!! Pa, niks hiervan is waar nie!!!! Ek is by Jannie. Ek wou Pa maar net daaraan herinner daar is baie erger dinge in die lewe as 'n swak rapport.

Bel wanneer dit veilig is om huis toe te kom !!!!!"

Wel as dit Santie is, loop ek self saam met haar weg!!!


Wat is die sterkste spier in 'n vrou se liggaam?
"Haar wangspiere, want as haar bek dik is, kry jy nie haar bene oop nie."

No comments: