Friday, 08 February 2008

WAT MAAK JY DIE NAWEEK? Ons het more 'n potjiekos kompetisie aan. As jy dit wil bywoon of net so paar biere saam met ons wil vat, is jy welkom. Jy ry deur Kuilsrivier, van die Bellville kant af, verby die Stellenbosch afdraai pad. Jy sal later 'n PennyPinchers aan jou regterkant van die pad sien... net so 300 meter verder is daar 'n plek met die naam DEL MONTE. Dis waar ons gaan wees. Check maar net uit vir die ouens met die Stokstyf t-shirts.

-----
Eendag merk die dominee 'n klein seuntjie in die voorportaal van die kerk op wat aandagtig na 'n groot gedenkplaat teen die muur staan en kyk. Dit was oortrek met name en daar was klein landsvlaggies weerskante. Die sewejarige seuntjie het vir 'n lang tyd aandagtig na die plaat gestaan en kyk. Toe loop die dominee nader, kom staan langs die seuntjie, en sê saggies: 'Goeiemore my Seun.'

"More, Dominee sê hy, met sy oë nog vasgenael op die plaat. Dominee, wat is dit hierdie?" vra hy. Die dominee antwoord: "Wel, my seun, dit is 'n gedenkplaat vir al die jongmanne wat in die diens gesterf het."

In doodse stilte en met groot eerbied staan die twee toe voor die plaat en staar na die name.
Uiteindelik, in 'n skaars hoorbare stemmetjie en bewend van vrees vra die seuntjie: "Watter diens Dominee - die oggend - of die aanddiens?"
----



HIERDIE WEEK SE LES:


No ja, ek is pap tyres en gaan nou eers huis se kant toe.
Cheers en geniet die naweek. Onthou... as jy kak maak, neem foto's en stuur dit Maandag.

No comments: