Friday, 15 August 2008

VERSTAAN JY JOU VROU ?

Dit is vir mans baie belangrik om te besef dat namate vrouens ouer word, hulle dit moeiliker vind om dieselfde kwaliteit van huishouding te handhaaf as toe hulle jonger was. Wanneer 'n man dit agterkom moet hy probeer om nie te skreeu nie..... Laat ek julle inlig hoe ek dit hanteer.

Toe ek 'n tyd gelede my werk as konsultant verloor het, het ek 'n afleggingspakket vir "vroeë aftrede" ontvang. Dit was toe nodig dat Bets 'n permanente werk moes aanvaar, nie net om die pot aan die kook te hou nie, maar ons het dit ook nodig gehad vir die mediese fonds-voordele.

Sy was 'n opgeleide mediese transskripsie-skrywer toe ons 28 jaar gelede ontmoet het en sy was baie gelukkig om nou weer 'n soortgelyke werk te kry. Kort nadat sy weer begin werk het, het ek agtergekom dat haar ouderdom haar inhaal.

Ek kom gewoonlik vanaf my visvang of klub dieselfde tyd huis toe as wat sy van die werk af kom. Alhoewel sy weet dat ek dan honger is, sal sy amper altyd sê dat sy dan moeg is en eers 'n halfuur of so moet rus voordat sy begin om die aandete voor te berei. Ek probeer nie om haar te vermaan wanneer dit gebeur nie. Inteendeel, sê ek vir haar sy kan maar haar tyd gebruik. Ek verstaan dat sy nie meer so jonk as vantevore is nie. Ek vra haar net om my wakker te maak wanneer die kos op die tafel is.

Vroeër het sy die skottelgoed onmiddellik na ete gewas. Dit is nou egter nie meer altyd die geval nie en somtyds is die skottelgoed nog vir ure na ete op die tafel. Ek bring ook my kant deur haar telkemale gedurende die aand te herinner dat die borde nie hulleself sal was nie. Ek weet dat sy dit waardeer, aangesien ek sien dat dit werk en dat sy tog die skottelgoed voor slapenstyd was.

Ons wasmasjien en droër is onder in die kelder. Toe sy jonger was, kon Bets verskeie kere per dag die trappe op en af klim sonder om moeg te word. Noudat sy ouer is, lyk dit of sy sommer baie gouer moeg word. Partykeer sê sy vir my dat sy net nie nog een keer die trap op en af kan klim nie. Ek maak nie 'n groot ding daarvan as sy so sê nie. Solank sy net die wasgoed voor die volgende aand gereed het, sal ek dit oorsien. As ek intussen dalk iets nodig het wat voor Maandagaand se snoekerspel of Woensdagaand en Vrydagaand se pokerspel of Dinsdag en Donderdag se rolbal gestryk moet word, sal ek vir haar sê dat sy net moet stryk wat ek benodig en dat sy die res van die strykgoed kan laat tot die volgende aand. Dit gee haar dan so 'n bietjie meer tyd om die los werkies, soos die was van die honde, stofsuig of afstof te kan doen. Ook as ek 'n goeie dag by die viswaters gehad het, het sy dan daardie bietjie meer tyd om die vis se skubbe te krap en teen 'n gemaklike tempo te vlek.

Bets begin so nou en dan te kla en murmureer, nie te dikwels nie, maar net genoeg sodat ek dit kan agterkom. 'n Voorbeeld hiervan is dat sy sal sê dat sy nie genoeg tyd gedurende haar etensuur het om al die maandelikse rekeninge te betaal nie. Ten spyte van haar klagtes gee ek haar ondersteuning en aanmoediging. Ek sê vir haar sy kan die betalings oor twee of selfs drie dae versprei. Deur dit te doen hoef sy nie so te jaag nie en verder herinner ek haar ook daaraan dat om nou en dan 'n middagete oor te slaan haar glad nie skade sal doen nie.(As julle snap wat ek bedoel)

Wanneer sy eenvoudige werkies doen, begin sy dink dat sy meer rusperiodes as voorheen, nodig het.

'n Paar weke gelede het sy, nog voordat die grasperk halfpad gesny was, gesê dat sy 'n ruskans nodig het. Ek ignoreer sulke aanmerkings aangesien ek weet dat dit maar net die ouderdom is wat praat. Trouens, ek probeer om haar nie te embarrasseer wanneer sy hierdie ruskanse wil hê nie. Ek sê sy kan gerus vir haar 'n lekker glas koue lemoensap gaan uitdruk en 'n rukkie sit...soms bied ek selfs aan om 'n glas sap saam met haar te drink, aangesien sy terselftertyd vir my ook 'n glas vol kan uitdruk. Sy kan dan haar ruskansie kry deur daar by die hangmat te sit en met my te gesels tot ek aan die slaap raak. So kan ek aangaan, maar ek dink dat julle teen hierdie tyd al agtergekom het dat ek soos 'n engel uit die hemel is, soos wat ek vir Bets op 'n daaglikse basis ondersteun.

Ek wil nie beweer dat dit maklik is om soveel verdraagsaamheid aan die dag te lê nie. Baie mans sal dit moeilik vind....party selfs onmoontlik.

Niemand weet beter as ek hoe frustrerend vrouens kan wees namate hulle ouer word nie. Die doel met hierdie skrywe van my is eenvoudig om julle te versoek om 'n poging aan te wend om so verdraagsaam soos ek te wees. Om dieselfde vlak van verdraagsaamheid as ek te bereik, sit egter nie in elke man se broek nie. Wel, deur dalk net 'n bietjie minder met julle vrouens te raas nadat julle hierdie stukgelees het, het ek in my doel geslaag en was dit die moeite werd om dit te skryf!


Dis mos nou 'n braai!!!



Colin came home from the pub late one Friday evening stinking drunk, as he often did, and crept into bed beside his wife who was already asleep. He gave her a peck on the cheek and fell asleep.
When he awoke he found a strange man standing at the end of his bed wearing a long flowing white robe.
"Who the hell are you?" Demanded Colin, "and what are you doing in my bedroom?"
The mysterious Man answered, "This isn't your bedroom and I'm St Peter".
Colin was stunned "You mean I'm dead!!! That can't be, I have so much to live for, I haven't said goodbye to my family....you've got to send me back straight away".
St Peter replied "Yes, you can be reincarnated but there is a catch.
We can only send you back as a dog or a hen."
Colin was devastated, but knowing there was a farm not far from his house, he asked to be sent back as a hen.
A flash of light later he was covered in feathers and clucking around pecking the ground.
"This ain't so bad" he thought until he felt this strange feeling welling up inside him.
The farmyard rooster strolled over and said, "So you're the new hen, how are you enjoying your first day here?"
"It's not so bad" replies Colin, "but I have this strange feeling inside like I'm about to explode".
"You're ovulating" explained the rooster, "don't tell me you've never laid an egg before". "Never" replies Colin
"Well just relax and let it happen"
And so he did and after a few uncomfortable seconds later, an egg pops out from under his tail. An immense feeling of relief swept over him and his emotions got the better of him as he experienced motherhood for the first time.
When he laid his second egg, the feeling of happiness was overwhelming and he knew that being reincarnated as a hen was the best thing that ever happened to him...ever!!!
The joy kept coming and as he was just about to lay his third egg he felt an enormous smack on the back of his head and heard his wife shouting
"Colin, wake up you drunk, your sh1tting in bed...!!!"





A man goes to the famous Lucas Carton restaurant in Paris with his girlfriend and orders the 1928 Mouton.
The waiter returns with a bottle full of wine, pours a small amount in the glass for tasting. The customer picks up the glass, smells the wine, and puts it down on the table with a thud...
'This is not the 1928 Mouton.'
The waiter assures him it is, and soon there are another twenty people surrounding the table including the chef and the manager trying to convince the man that the wine is the 1928 Mouton.
Finally someone asks him how he knows that it is not the 1928 Mouton.
'My name is Phillipe de Rothschild, and I make the wine.'

Finally, the original waiter steps forward and admits that he poured the Clerc Milon 1928. "I could not bear to part with our last bottle of 1928 Mouton. You know Clerc Milon, it is in the same village as Mouton, you pick the grapes at the same time, the same cepage, you crush in the same way, you put them into similar barrels. You bottle at the same time, you even use eggs from the same chickens. The wines are the same, except for a small matter of geographic location."

Rothschild beckons the waiter forward, and whispers to him, 'When you return home tonight, ask your girlfriend to remove her underwear. Put one finger in one opening, another finger in the other, then smell both the fingers. You will understand what difference a small distance in geographic location makes."

No comments: