Tuesday, 21 June 2011

Die Barbaroozos Reunion party pics sal seker vandag gelaai word. Ok, dit was nie veel van n reunion nie, want min van die ou hanne het opgedaag. MAAR daar was n kakhuis vol nuwe gesigte en die party het gekook. Een van die bestes in n baie lang tyd. Vir die wat nog nie by Barbaroozos was nie, julle mis uit.


Die onnie vra vir die aardrykskunde-klas: "Watter deel van die son is die warmste?"
Jannie antwoord dadelik: "Bladsy 3, juffrou!"


Eendag in ou dae van die Wilde Weste, ry ‘n cowboy met sy perd man-alleen deur die woestyn. Hy kruis toe paaie met ‘n Indiaan. Die Indiaan le kaalgat op sy rug met sy stokstywe piel so punt-in-die-wind! "Wat maak jy?" Vra die cowboy. "Ek kyk hoe laat dit is", se die Indiaan en wys na die skaduwee wat sy zaber in die sand los. "En dit is nou so vier-uur." Die cowboy kyk op sy horlosie, en wragtig dit is vieruur! Heel impressed gallop hy en sy perd toe daar weg. So ‘n ent verder kry hy weer ‘n kaal Indiaan wat op sy rug in die sand le, maar die mennetjie is besig om riem te ruk vir Guiness World Records soos hy soos ‘n maniak draad te trek. "Wat maak jy?" vra die cowboy. "Ek wen my horlosie op", kom die antwoord.


Die dronkie kies kortpad deur die begrafplaas en neuk in 'n oop graf. Later die nag begin dit reen en die outjie kry koud… Huil hy kliphard: "Help ag jimmel – iemand, help my tog, dis koud hier onder". Stap Gatiep verby (ook maar lekker gesuip), steek vas, loer in die graf, gryp 'n graaf en begin die hoop sand ingooi terwyl hy troos: " Toemaar, toemaar, ek ishhhh hier – dishhhh g'n wonner jy kry koutie – jy't jousjelf dan oopgesjkop"



No comments: