Thursday, 26 May 2011

"Hallo baas Rod. Dis Philemon, die gardenboy op jou landgoed. Ek probeer jou al dae lank innie hande kry."
"Hallo Philemon. Wat kan ek vir jou doen? Is daar probleme?"
"Um. Ek bel net om te vertel die baas se papagaai is dood."
"My papagaai? Dood? Die een wat die nasionale kompetisie gewen het?"
"Yebo. Dis hy daai."
"Deksels, dis nou jammer. Ek het 'n klein fortuin op daardie voel spandeer. Waaraan is hy dood?"
"Hy het vrot vleis ge-eet baas Rod."
"Vrot vleis? Wi'et hom vrot vleis gegee?"
"Niemand nie baas Rod. Hy het die vleis van die dooie perd ge-eet."
"Dooie perd? Watter dooie perd?"
"Die thoroughbred baas Rod."
"My pryswenner perd is dood?"
"Yebo. Hy's dood van al die harde werk om die waterkar te trek."
"Is jy nou gerrook? Watter waterkar?"
"Die een wat ons gebruik het om die vuur dood te maak, baas Rod."
"Goeie genugtig, van watse vuur praat jy?"
"Die een in jou huis baas Rod. Die kers, hy het geval en die gordyne aan die brand gesteek."
"Wat 'n ongeluk...Wil jy nou se die huis het afgebrand deur 'n kers wat omgevoeter het?"
"Yebo."
"Maar daar's mos elektrisiteit by die huis. Waarvoor het die kers gebrand?"
"Vir die begrafnis baas Rod."
"WATTER BEGRAFNIS?"
"Van jou vrou baas Rod. Sy het een aand hier aangekom en vir niemand vertel sy kom nie. Ekke het gedog dis 'n rower, toe slaan ek haar dood met die baas se nuwe vistok."

STILTE.....

LANGER STILTE.....

EINDELIK...

"Philemon jou bliksim, as jy my vokken visstok gebreek het, is jy baie diep in die kak!"

No comments: