Thursday, 19 June 2008

Wie dink Italië kan die bokke pakgee?
... en daar is 'n doodse stilte

Die span het alweer verander, maar nou ja, dis seker al kans wat die coach het om seker ouens te toets. Bly om te sien Schalk Burger is weer terug. Ndungane bo Chavanga kan nie 'n slegte skuif wees nie. Ek meen, daai Zim klong het net mooi niks gewys die laaste 2 toetse nie... en sy verdediging was kak. Bobo.... hmmm, ek weet nie. Hy het goed gelyk in die S14, maar ons sal maar sien Saterdag. Ek weet egter nie of die Azzurri (dis hulle naam vir die wat nie weet nie) die beste span is om 'n speler teen te meet nie. Bismark in die bgin 15 is 'n goeie ding, en uiteindelik kry Schalk Brits ook 'n kans. Hopelik laat speel hulle hom 'n volle 40 minute. Die groot verrassing egter is Joe van Niekerk. Fok man... ek het al van hom vergeet. Hy sal absoluut briljant moet wees om enigsins sy plek terug te kry. Ek kan egter nie sien hoe hy die huidige manne uit die span gaan lig nie.

Die span is : Conrad Jantjes; Odwa Ndungane, Gcobani Bobo, Jean de Villiers, Bryan Habana; Francois Steyn, Ricky Januarie; Ryan Kankowski, Juan Smith, Luke Watson; Victor Matfield (capt), Bakkies Botha, CJ van der Linde, Bismarck du Plessis, Tendai Mtawarira.

Replacements: Schalk Brits, Brian Mujati, Andries Bekker, Joe van Niekerk, Schalk Burger, Peter Grant, Ruan Pienaar




I was at my bank today. There was a short line. Just one lady in front of me.
An Asian lady who was trying to exchange yen for dollars. It was obvious she was a little irritated . . .
She asked the teller, "Why it change? Yesterday, I get two hunat dolla fo yen.
Today I only get hunat eighty? Why it change?" The teller shrugged his shoulders and said, "Fluctuations."
The Asian lady says, "Fluc you people, too!"



Gamat sit in sy garage waar hy die laaste goed moet ontruim en bepeins sy lot. Hy't sy huis verloor, sy werk verloor en sy vrou het die kinders gevat en hom geskei. Hy sien 'n kas met wynbottels en loop soontoe.
Hy vat 'n lee bottel, smyt dit teen die muur en skel: 'Djy issie reason lat ekkie 'n vrou hettie!'
Hy vat 'n tweede bottel: 'Djy issie reason lat ekkie kinners hettie!'
Derde bottel: 'Djy issie reason lat ekkie 'n job hettie!' Vierde bottel: 'Djy issie reason lat ekkie 'n huis hettie!'
Hy vat die vyfde bottel en sien dis nog nie oopgemaak nie - vol wyn. Hy sit die bottel saggies neer en sê: 'Staan djy eers eenkant toe, my broe. Ek sien djy wassie involved nie'


Friday, 13 June 2008

Springbokspan begin goed lyk.
Vir 'n slag lyk die spankeuse goed...selfs die keuses op die bank beteken dat die span nie kakker sal speel as die replacements opkom nie. Ek is veral bly dat Kankowski sy kans kry bo Danie Rossoux. Ok, daar sal seker nog so paar verandering wees vorentoe, veral in die voorry en ook as Schalk weer fiks is, maar op die oog af lyk dit nie sleg nie. Ek hoop net hulle tackle Saterdag die kak uit daai windgat vleul van Wallis uit.

Starting team: Conrad Jantjes; Tonderai Chavhanga, Adrian Jacobs, Jean de Villiers, Bryan Habana; Butch James Ricky Januarie; Pierre Spies, Juan Smith, Luke Watson, Victor Matfield, Bakkies Botha, BJ Botha, John Smit (captain), Tendai Mtawarira.

Replacements: Bismarck du Plessis, Gurthro Steenkamp, Andries Bekker, Ryan Kankowski, Bolla Conradie, Francois Steyn, Percy Montgomery



We all have bad days at times, and we are ready to quit our jobs. Well, next time you have a day like that remember this.......

WHEN you have a 'I Hate My Job' day, try this:

On your way home from work, stop at your pharmacy and go to the
thermometer section and purchase a rectal thermometer made by Johson
& Johson. Be very sure you get this brand.

When you get home, lock your doors, draw the curtains and disconnect the
phone so you will not be disturbed. Change into very comfortable
clothing and sit in your favorite chair. Open the package and remove
the thermometer. Now, carefully place it on a table or a surface so
that it will not become chipped or broken...

Now, the fun part begins. Take out the literature from the box and read it
carefully. You will notice that in small print there is a statement:
'Every Rectal Thermometer made by Johson & Johson is personally tested and then sanitized '.
Now, close your eyes and repeat out loud five times,
'I am so glad I do not work in thermometer quality control at Johson & Johson.'

------
Hierdie is een van daai grappies wat net werk in afrikaans.



Kry hierdie ding in my email (geskryf deur Neil Kroese)

Tranvalers en hul fokken boerboele, bakkies en getinte vensters

In die ou dae het ons hier in die peaceful Wes-Kaap na die overvalers verwys as "fokken Transvalers." Ek mis daai dae.

Ek en vroulief glip Donderdagaand gou na my geliefde Paul Roos Kwik Spar op soek na 'n paar steaks om te braai. (terloops, daai Spar is moer duur, maar fok weet, die deli ens is awesome!) In elk geval, daar aangekom, parkeer ek mooi langs die parkering wat vir mense in rolstoele gereserveer word, soos 'n verantwoordelike burger veronderstel is om te doen. Ons gaan in en doen die nodige. Toe ek uitkom sien ek so 'n donkerblou kwasi-4x4 Mazda Intercooler bakkie met getinte vensters wat sommer so dwars in die "disable parking" regs van my ingeglip het. So loop ek om die bakkie om my spys en drank in die kattebak te sit. Die ding staan so skuins dat ek onmiddellik wonder hoe de moer ek met my dik lyf by my deur gaan kan inklim. Help nie ek vra vroulief om te bestuur nie, sy weier om automatics te ry, want sy sê sy is nie oud nie. Anyway, toe ek om die bakkie se gat kom probeer twee fokken boerboele gelyk by die klein gapinkie in die kappie se venster uitspring en hap-hap so na my gesig. Die kleintjie se hap was sentimeters van my gesig af. Selfbekakkend skrik ek myself in 'n ander bloedgroep in. Amper. Fok, maar ek strip my moer! Gelukkig vir my is Boerboele, soos hul base, notoriously fokken stupid goed. Want sien, as hulle nou onder mekaar kon konfereer dat die kleintjie eerste uitspring en my solank besig hou terwyl die grote homself agterna tydsaam deur die venster wurg vir die doodskoot, dan was ek in die kak gewees, en my steaks vir die aand seker ook. Maar nee, hulle wil al twee gelyk uitspring. Gun mekaar ook fokkol.

My oog vang die bakkie se registrasienommer. Something GP. Net daar verloor ek dit. Die fokken paranoid Transvalers! As jy sulke mensvreters wil saamry in jou bakkie, moenie jou kappie se fokken vensters tint nie. Dan kan 'n redelike mens ten minste sien die honde is daar, en terloops, moenie soos 'n doos parkeer nie. Dan hoef ek nie naby jou bakkie verby te loop om by my eie kar te kom nie en in elk geval, breindood kwalifiseer jou nie om in "disable" parking te stop nie! Die preutse Waterklooflemmetjiebektannie in haar kots-geblomde rok wat in die bakkie kom klim het terstond ʼn monoloog op haar selfoon begin toe ek haar wou aanpraat oor die fokken honde. Want sy het gesien wat gebeur. Fok jou ook, tannie. Jy lyk soos Naas Botha se vrou se trourok van destyds. Smile 'n slag! (Nie dat dit 'n verskil aan jou rok sou maak nie.)

Aan al die fokken Transvalers wat die afgelope 10 jaar op Stellenbosch toegesak het. Vat asseblief jul kak smaak, jul kak gesindheid , EN julle geld ook en fokkof asseblief terug waar julle vandaan gekom het! Die dorp, sy skole en universiteit is nie jul last outpost nie. Die fokkers kom hier aan en koop die mooiste ou huise in Mostersdrift, bou 'n moerse fokken muur om die eiendom, ruk die geelhoutvloere uit en vervang dit met marmer met Eskom-onvriendelike ondervloerse verhitting. I let you know! Classy! Gaan kyk hoe lyk Van der Stelstraat. Daai doos wat Esther Lategan se huis so opgefok het verdien 'n vuurpeleton. My fok, ons het 'n Mediterreense klimaat. Dit word nie koud hier nie. Los die vloere. Ander mense met smaak wil nog die huise koop na julle. Stellenbosch se karakter het totaal verander die laaste paar jaar. Daar's 'n arrogansie en onverdraagsaamheid waarvan ek eenvoudig fokkol hou. So, fokkof, asseblief, almal van julle.

-----

Hierdie foto het geen verduideliking of byskrifte nodig nie!!!

Friday, 06 June 2008

Kan jy dit glo! Die site het uiteindelik weer nuwe goed op (check die babes en party foto's) en dan is Johan en Nadia nog verloof ook. Nou het het ons rede om te drink... die bokke moet nou net wen, dan is almal vallende.

Ek is al uitgehonger vir toets rugby. Die bier is koud gemaak, die tjoppies is in die yskas, ons wag nou net vir die game... nou dat ek daaraan dink, daai bier kak vanaand nog, sal maar nog moet gaan koop.

Anyway, die span lyk darem nie te sleg nie. Ek kan eerlik waar sê dat ek nie baie vertroue het in Bolla Conradie nie. Ek sou verkies het dat Ricky January gespeel het, maar hy is gebench omdat hy blykbaar te veel wyn gevat het of so iets. Die ander ou wat my so bietjie bekommer is Adrian Jacobs, maar ek hoop die klein etter bewys my 'n slag verkeerd. Ek is bly Jantjes kry 'n slag sy kans. Ek dink hy is iemand wat die game lekker aan die go kan sit van agter af, en as hy aansluit by Chavanga en Habana, mag daar dalk 'n paar goeie drieë wees.

Die ander ding om na uit te sien is die tweestryd tussen Habana en Shane Williams. Vir die wat nie weet nie, Williams is die "Six Nations Player of the Tournament". Hy speel ook linker vleul en is kak vinnig. Mense moet glad nie vir Walles onderskat nie... hulle is immers die 6 Nasies kampioen, en nogal met 'n grandslam oorwinning ook. Wel hoe hard dit ookal gaan wees, met Bakkies Botha en Andries Bekker saam in die span gaan ons ten minste nie geboelie word nie.



Saterdag se span is: Conrad Jantjes, Tonderai Chavhanga, Adrian Jacobs, Jean de Villiers, Bryan Habana, Butch James, Bolla Conradie, Gurthro Steenkamp. John Smit (captain), Brian Mujati, Bakkies Botha, Andries Bekker, Luke Watson, Juan Smith, Pierre Spies.

Reserves: Bismarck du Plessis, C.J van der Linde, Victor Matfield, Danie Rossouw, Ruan Pienaar, Peter Grant, Percy Montgomery.


25 REELS VAN BRAAI (leer dit uit jou kop uit voor more)

1) Doen so bietjie moeite met jou aankoop van jou vleis. 'n Braai is mos 'n ernstige ding, so benader jou aankope ook so. In die ou dae was jou slagter amper familie. Jy het hom immers meer gesien as jou dokter. Deesdae is dinge soveel makliker en onpersoonlik. Rakke het gesigte vervang met die gevolg dat die jonger geslag onbekend geraak het oor wat nou eintlik goeie vleis is. As 'n ding goed verpak is dan lyk hy gaaf genoeg om te braai.
Kak! So, as jy nie vleis ken nie, vra jou slagter! Pick 'n Pay se vleis is kak. Klaar!

2) Dukker snitte vir braai! Klaar!

3) Steaks is medium-rare tot medium. Klaar! As jy van jou vleis 'well-done to fucked-up' hou gebruik 'n blow torch en hou jou vleis van 'n braaier af. Hardloop dan sommer in 'n muur vas. Herhaaldelik!

4) Rare is nie eetbaar nie! As jy een van die braafstes is wat jou steak so eet, kry vir jou. Moenie dink jy gaan lekker slaap en die wol scooter dalk opstart later vanaand nie. Rou vleis laat homself nie sommer net verteer nie.

5) 'n Steak sonder 'n vetjie is nie 'n steak nie. Klaar! Fillet uitgesluit.

6) Tenderised steak hoort op die Kerk basaar se steakrolls. Nie op my vuur nie! Klaar!

7) Wors moet nog kan buig as hy afkom. Klaar!

8) As jy nie kan braai nie, moenie! Klaar!

9) As jy een van daai wetters is wat glo mens steak braai op 'n plaat, vra die ou wat langs jou staan om jou hard te bliksem! Nou!

10) Tamatiesous se moer ! Volg reel 9.

11) Daar word gebraai waneer die vuur reg is.

12) Uitpass voor die ete is uit soos boknaai...!

13) As jy een van daai fokkers is wat krap in 'n ander man se braai, volg reel 9.

14) As jy self jou vleis wil braai want jy vertrou nie die braaier of is net doodeenvoudig vol kak, praat voor die tyd of shut up!

15) As jy 'n ander persoon die braaireg gee by jou huis naai hy die kat en hou net vas (verwys na reel 8).

16) Dis kak ombeskof om te begin eet voor almal klaar gebraai het. Volg reel 9.

17) Moenie almal se vleis vol speserye gooi tensy hulle vra nie.

18) As jy met hout wil vuurmaak, koop ordentlike hout. Gebruik slegs as daar genoeg vuuraanstekers is want om die ding aan die go te kry kos hitte. Baie. Die rook van die gesukkel is 'n steurnis. 'Smokey Robinson' word nie hier geduld nie.

19) Daar is nie 'n ding soos 'n te warm vuur nie.

20) As jy die braaier is en nie 'n ordentlike vuur kan maak nie, lieg jy. Volg reel 9. Nou!

21) Komplimenteer die braaier as die vleis gaaf is. Indien nie, sê so! Hoe de fok moet hy leer? Volg dan reel 9 op hom.

22) Hou jou stompies uit my kole uit! Jou kak gewoonte moet nie my braai kom opfok nie!

23) Met rugby, steek jy halftyd die vuur op.

24) Hoender eet jy met die hand. Tjops ook.

25) Politiek, godsdiens en baba praatjies is uit om 'n braaivleis vuur. Rugby, jag, visvang, 4x4 bakkies en die buurvrou se tan lyne is die norm. Intellektuele onderwerpe soos bv. die debat oor silikoon tiete is ook aanvaarbaar.




Die baas se wiskunde is nie te goed nie en hy vra sy blonde sekretaresse:
"As ek jou R5,5 miljoen min 17% gee, wat sal jy aftrek?
Sy: "Als meneer, my rok, skoene, bra en G-string - ALS!!"

...wel mens kan haar nie fire net omdat sy stupid is nie. Ek is doodseker sy het ander talente.


Ek werk my in my moer... ek dink het het ook so sekretaresse nodig.