Friday, 13 June 2008

Springbokspan begin goed lyk.
Vir 'n slag lyk die spankeuse goed...selfs die keuses op die bank beteken dat die span nie kakker sal speel as die replacements opkom nie. Ek is veral bly dat Kankowski sy kans kry bo Danie Rossoux. Ok, daar sal seker nog so paar verandering wees vorentoe, veral in die voorry en ook as Schalk weer fiks is, maar op die oog af lyk dit nie sleg nie. Ek hoop net hulle tackle Saterdag die kak uit daai windgat vleul van Wallis uit.

Starting team: Conrad Jantjes; Tonderai Chavhanga, Adrian Jacobs, Jean de Villiers, Bryan Habana; Butch James Ricky Januarie; Pierre Spies, Juan Smith, Luke Watson, Victor Matfield, Bakkies Botha, BJ Botha, John Smit (captain), Tendai Mtawarira.

Replacements: Bismarck du Plessis, Gurthro Steenkamp, Andries Bekker, Ryan Kankowski, Bolla Conradie, Francois Steyn, Percy Montgomery



We all have bad days at times, and we are ready to quit our jobs. Well, next time you have a day like that remember this.......

WHEN you have a 'I Hate My Job' day, try this:

On your way home from work, stop at your pharmacy and go to the
thermometer section and purchase a rectal thermometer made by Johson
& Johson. Be very sure you get this brand.

When you get home, lock your doors, draw the curtains and disconnect the
phone so you will not be disturbed. Change into very comfortable
clothing and sit in your favorite chair. Open the package and remove
the thermometer. Now, carefully place it on a table or a surface so
that it will not become chipped or broken...

Now, the fun part begins. Take out the literature from the box and read it
carefully. You will notice that in small print there is a statement:
'Every Rectal Thermometer made by Johson & Johson is personally tested and then sanitized '.
Now, close your eyes and repeat out loud five times,
'I am so glad I do not work in thermometer quality control at Johson & Johson.'

------
Hierdie is een van daai grappies wat net werk in afrikaans.



Kry hierdie ding in my email (geskryf deur Neil Kroese)

Tranvalers en hul fokken boerboele, bakkies en getinte vensters

In die ou dae het ons hier in die peaceful Wes-Kaap na die overvalers verwys as "fokken Transvalers." Ek mis daai dae.

Ek en vroulief glip Donderdagaand gou na my geliefde Paul Roos Kwik Spar op soek na 'n paar steaks om te braai. (terloops, daai Spar is moer duur, maar fok weet, die deli ens is awesome!) In elk geval, daar aangekom, parkeer ek mooi langs die parkering wat vir mense in rolstoele gereserveer word, soos 'n verantwoordelike burger veronderstel is om te doen. Ons gaan in en doen die nodige. Toe ek uitkom sien ek so 'n donkerblou kwasi-4x4 Mazda Intercooler bakkie met getinte vensters wat sommer so dwars in die "disable parking" regs van my ingeglip het. So loop ek om die bakkie om my spys en drank in die kattebak te sit. Die ding staan so skuins dat ek onmiddellik wonder hoe de moer ek met my dik lyf by my deur gaan kan inklim. Help nie ek vra vroulief om te bestuur nie, sy weier om automatics te ry, want sy sê sy is nie oud nie. Anyway, toe ek om die bakkie se gat kom probeer twee fokken boerboele gelyk by die klein gapinkie in die kappie se venster uitspring en hap-hap so na my gesig. Die kleintjie se hap was sentimeters van my gesig af. Selfbekakkend skrik ek myself in 'n ander bloedgroep in. Amper. Fok, maar ek strip my moer! Gelukkig vir my is Boerboele, soos hul base, notoriously fokken stupid goed. Want sien, as hulle nou onder mekaar kon konfereer dat die kleintjie eerste uitspring en my solank besig hou terwyl die grote homself agterna tydsaam deur die venster wurg vir die doodskoot, dan was ek in die kak gewees, en my steaks vir die aand seker ook. Maar nee, hulle wil al twee gelyk uitspring. Gun mekaar ook fokkol.

My oog vang die bakkie se registrasienommer. Something GP. Net daar verloor ek dit. Die fokken paranoid Transvalers! As jy sulke mensvreters wil saamry in jou bakkie, moenie jou kappie se fokken vensters tint nie. Dan kan 'n redelike mens ten minste sien die honde is daar, en terloops, moenie soos 'n doos parkeer nie. Dan hoef ek nie naby jou bakkie verby te loop om by my eie kar te kom nie en in elk geval, breindood kwalifiseer jou nie om in "disable" parking te stop nie! Die preutse Waterklooflemmetjiebektannie in haar kots-geblomde rok wat in die bakkie kom klim het terstond ʼn monoloog op haar selfoon begin toe ek haar wou aanpraat oor die fokken honde. Want sy het gesien wat gebeur. Fok jou ook, tannie. Jy lyk soos Naas Botha se vrou se trourok van destyds. Smile 'n slag! (Nie dat dit 'n verskil aan jou rok sou maak nie.)

Aan al die fokken Transvalers wat die afgelope 10 jaar op Stellenbosch toegesak het. Vat asseblief jul kak smaak, jul kak gesindheid , EN julle geld ook en fokkof asseblief terug waar julle vandaan gekom het! Die dorp, sy skole en universiteit is nie jul last outpost nie. Die fokkers kom hier aan en koop die mooiste ou huise in Mostersdrift, bou 'n moerse fokken muur om die eiendom, ruk die geelhoutvloere uit en vervang dit met marmer met Eskom-onvriendelike ondervloerse verhitting. I let you know! Classy! Gaan kyk hoe lyk Van der Stelstraat. Daai doos wat Esther Lategan se huis so opgefok het verdien 'n vuurpeleton. My fok, ons het 'n Mediterreense klimaat. Dit word nie koud hier nie. Los die vloere. Ander mense met smaak wil nog die huise koop na julle. Stellenbosch se karakter het totaal verander die laaste paar jaar. Daar's 'n arrogansie en onverdraagsaamheid waarvan ek eenvoudig fokkol hou. So, fokkof, asseblief, almal van julle.

-----

Hierdie foto het geen verduideliking of byskrifte nodig nie!!!

No comments: