Friday, 06 June 2008

Kan jy dit glo! Die site het uiteindelik weer nuwe goed op (check die babes en party foto's) en dan is Johan en Nadia nog verloof ook. Nou het het ons rede om te drink... die bokke moet nou net wen, dan is almal vallende.

Ek is al uitgehonger vir toets rugby. Die bier is koud gemaak, die tjoppies is in die yskas, ons wag nou net vir die game... nou dat ek daaraan dink, daai bier kak vanaand nog, sal maar nog moet gaan koop.

Anyway, die span lyk darem nie te sleg nie. Ek kan eerlik waar sê dat ek nie baie vertroue het in Bolla Conradie nie. Ek sou verkies het dat Ricky January gespeel het, maar hy is gebench omdat hy blykbaar te veel wyn gevat het of so iets. Die ander ou wat my so bietjie bekommer is Adrian Jacobs, maar ek hoop die klein etter bewys my 'n slag verkeerd. Ek is bly Jantjes kry 'n slag sy kans. Ek dink hy is iemand wat die game lekker aan die go kan sit van agter af, en as hy aansluit by Chavanga en Habana, mag daar dalk 'n paar goeie drieë wees.

Die ander ding om na uit te sien is die tweestryd tussen Habana en Shane Williams. Vir die wat nie weet nie, Williams is die "Six Nations Player of the Tournament". Hy speel ook linker vleul en is kak vinnig. Mense moet glad nie vir Walles onderskat nie... hulle is immers die 6 Nasies kampioen, en nogal met 'n grandslam oorwinning ook. Wel hoe hard dit ookal gaan wees, met Bakkies Botha en Andries Bekker saam in die span gaan ons ten minste nie geboelie word nie.



Saterdag se span is: Conrad Jantjes, Tonderai Chavhanga, Adrian Jacobs, Jean de Villiers, Bryan Habana, Butch James, Bolla Conradie, Gurthro Steenkamp. John Smit (captain), Brian Mujati, Bakkies Botha, Andries Bekker, Luke Watson, Juan Smith, Pierre Spies.

Reserves: Bismarck du Plessis, C.J van der Linde, Victor Matfield, Danie Rossouw, Ruan Pienaar, Peter Grant, Percy Montgomery.


25 REELS VAN BRAAI (leer dit uit jou kop uit voor more)

1) Doen so bietjie moeite met jou aankoop van jou vleis. 'n Braai is mos 'n ernstige ding, so benader jou aankope ook so. In die ou dae was jou slagter amper familie. Jy het hom immers meer gesien as jou dokter. Deesdae is dinge soveel makliker en onpersoonlik. Rakke het gesigte vervang met die gevolg dat die jonger geslag onbekend geraak het oor wat nou eintlik goeie vleis is. As 'n ding goed verpak is dan lyk hy gaaf genoeg om te braai.
Kak! So, as jy nie vleis ken nie, vra jou slagter! Pick 'n Pay se vleis is kak. Klaar!

2) Dukker snitte vir braai! Klaar!

3) Steaks is medium-rare tot medium. Klaar! As jy van jou vleis 'well-done to fucked-up' hou gebruik 'n blow torch en hou jou vleis van 'n braaier af. Hardloop dan sommer in 'n muur vas. Herhaaldelik!

4) Rare is nie eetbaar nie! As jy een van die braafstes is wat jou steak so eet, kry vir jou. Moenie dink jy gaan lekker slaap en die wol scooter dalk opstart later vanaand nie. Rou vleis laat homself nie sommer net verteer nie.

5) 'n Steak sonder 'n vetjie is nie 'n steak nie. Klaar! Fillet uitgesluit.

6) Tenderised steak hoort op die Kerk basaar se steakrolls. Nie op my vuur nie! Klaar!

7) Wors moet nog kan buig as hy afkom. Klaar!

8) As jy nie kan braai nie, moenie! Klaar!

9) As jy een van daai wetters is wat glo mens steak braai op 'n plaat, vra die ou wat langs jou staan om jou hard te bliksem! Nou!

10) Tamatiesous se moer ! Volg reel 9.

11) Daar word gebraai waneer die vuur reg is.

12) Uitpass voor die ete is uit soos boknaai...!

13) As jy een van daai fokkers is wat krap in 'n ander man se braai, volg reel 9.

14) As jy self jou vleis wil braai want jy vertrou nie die braaier of is net doodeenvoudig vol kak, praat voor die tyd of shut up!

15) As jy 'n ander persoon die braaireg gee by jou huis naai hy die kat en hou net vas (verwys na reel 8).

16) Dis kak ombeskof om te begin eet voor almal klaar gebraai het. Volg reel 9.

17) Moenie almal se vleis vol speserye gooi tensy hulle vra nie.

18) As jy met hout wil vuurmaak, koop ordentlike hout. Gebruik slegs as daar genoeg vuuraanstekers is want om die ding aan die go te kry kos hitte. Baie. Die rook van die gesukkel is 'n steurnis. 'Smokey Robinson' word nie hier geduld nie.

19) Daar is nie 'n ding soos 'n te warm vuur nie.

20) As jy die braaier is en nie 'n ordentlike vuur kan maak nie, lieg jy. Volg reel 9. Nou!

21) Komplimenteer die braaier as die vleis gaaf is. Indien nie, sê so! Hoe de fok moet hy leer? Volg dan reel 9 op hom.

22) Hou jou stompies uit my kole uit! Jou kak gewoonte moet nie my braai kom opfok nie!

23) Met rugby, steek jy halftyd die vuur op.

24) Hoender eet jy met die hand. Tjops ook.

25) Politiek, godsdiens en baba praatjies is uit om 'n braaivleis vuur. Rugby, jag, visvang, 4x4 bakkies en die buurvrou se tan lyne is die norm. Intellektuele onderwerpe soos bv. die debat oor silikoon tiete is ook aanvaarbaar.




Die baas se wiskunde is nie te goed nie en hy vra sy blonde sekretaresse:
"As ek jou R5,5 miljoen min 17% gee, wat sal jy aftrek?
Sy: "Als meneer, my rok, skoene, bra en G-string - ALS!!"

...wel mens kan haar nie fire net omdat sy stupid is nie. Ek is doodseker sy het ander talente.


Ek werk my in my moer... ek dink het het ook so sekretaresse nodig.

No comments: