Wednesday, 30 June 2010

Woensdag, 30-06-2010

Ja kyk. Die klomp hollanders het hulle self bewys as van die grootste kuiergatte. Fok ou, die konvooi was kilometers lank!!!  As ek ooit weer in die omtrek van 'n World Cup is, is dit die supporter groep wat ek join.


Stuff wat fokken onmoontlik is om te sê wanneer jy begin dronk raak:Wat jy heel moontlik die volgende dag sal sê na 'n Olimpiese suipsessie:


Niks Jagermeister vir my nie, die 8 dubbel brannas was genoeg, thanks.

Ek dink ek is oor die limit. Ek sal iemand bel om my te kom haal.

Nee dankie, kaal, dronk meisie, maar ek het 'n chick.

'n Garage pie? Nee, ek is nie honger nie.

Daai chick is fokken lelik.

Hello officer, hierso is my lisensie. Besige aand huh?

No ways! Ek fokken doen nie karaoke nie.

Sorry meisie, jy is nie my tipe nie.

Ek wil nie baklei nie, ek het nie gekyk waar ek loop nie en het per ongeluk teen jou gestamp. Kom ek koop vir jou 'n dop.

Dans? Ek? Nee fok, ek kan nie dans om my pere te red nie.

Ek gaan nie teen hierdie kar se deur pis nie.

Ek moet fokof. Ek wêrk môre vroeg.

Nie te veel peri-peri of garlic nie asseblief.
 
 
 
Stuff wat jy actually kwyraak as die drank jou behoorlik aan die balle beet het:

Shoooooters!!!!

Het jy vir my 'n sigaret?

Hierie fokken goed proe soos koeldrank. Gooi nog by, dammit!

Ek bestuur baaaie fokken beter as ek gesuip is, pellie.

Geeeeoooooooorge!

Meisie, ek sal jou so vol wors stop dat jou oë soos slaghuisvensters lyk.

Sorry bra, R100 is al wat ek in my wallet het. Anders moet jy my maar selle toe sleep, maar ek issie dronkie.

Good evening problem, what seems to be the officer?

Het jy vir my 'n sigaret?

Ek fokken sing enige iets. Sit dit op. Ek fokken sing dit. Roxette. Gooi hom!

What is pretier than a pretty lady? A pretty lady who not sit pretty.

Check hierie fokken spiere, pappie!

Katptein, span die seile! Dikkes, jy is myne!

Kyk né, jy kan van Butch James sê wat jy wil, maar die man speel goeie rugby.

Ek kan my fokken drank hanteer, oraait!

Het jy vir my 'n sigaret?

Sit fokken alles op my kredietkaart. Sit sommer 'n R100 tip by. Jy is die fokken shit!

Wat kyk jy? Het jy 'n fokken probleem pappie?

Hou vas my dop en check hierie move!

Ek fokken worry nie. Ek het net 2 ure se slaap nodig voor ek moet wêrk.

Het jy vir my 'n sigaret?

Check hoe skryf ek my naam oor hierdie doos se bonnet!

Ekke ekke ekke ekke ekke....

Hey meisie! Kom sit hierso by die oom!

Ek clear daai heining one-time.

Ek het fokken orals oor myself gepis.

Fok julle, ek sal huis toe loop!

Jy is my beste ou tjomma. Ons is soos broers. Ons is al deur fokken baie. Ek en hierie bra. Deur fokken baie! Sê jou, fokken baie.

Het jy vir my 'n sigaret?

Jissis, waar is my kar?

Ek fokken bliksem julle almal! Hou my terug! Wie se kwonte moet ek dik skop?

Nog net een loopdop.
 
 
 

Het iemand daai Golden Arrow Bus gesien wat my getref het?

Geooooooorge!

Ek kan nie onthou dat ek wortels en ertjies gehad het nie.

Waar is my wallet en my sel?

Fokkit, hoekom laat julle my bestuur as ek so fucked is?

Kan ek my een foon oproep kry asseblief?

Dit kan nie ek wees in daai video nie.

Ek kan fokol onthou.

Ek aanvaar die written warning. Ek is jammer ek het op die MD se kar gepis.

Hoe die fok het ons by Teazers opge-eindig?

Dit voel of 'n rot in my mond gekak het.

Waar kry ek hierdie blou oog en die snymerke op my bene?

Ek is jammer ek bel nou eers. Ek gaan nie vandag inkom werk toe nie. Die vis van gisteraand moes af gewees het.

Sorry meisie, wat is jou naam nou weer?

Shot, ouens. Baie fokken dankie dat julle my in die hondehok gaan sit het. Konte!

Ek drink NOOIT weer nie.

In watter dorp is ek?

Moenie vir my sê die eksamen is vandag nie. Ek dog dis volgende week.

Het iemand vir my asseblief 4 Myprodols en 'n Cream Soda?

Ek gaan op my hande moet staan in die stort. Daai peri-peri en tequila het die oorlog met my hol gewen. Of dit, of iemand het my hol geroof.

Jy besef ons sal vir 'n ruk nie weer ons gesigte daar kan wys nie.

Waar kom al hierdie bierglase en asbakkies vandaan?

Wat?! R600? , kan ek jou aan die einde van die maand terugbetaal.

My longe is fucked.

Hoe fokken lyk dit vir jou? Natuurlik was die bouncer groter as ek!

Het jy vir my 'n sigaret?

Al wat nou help is nog 'n bier of 'n Bloody Mary.

Ek is te jonk om 'n pa te wees.

Kan iemand my 'n lift huistoe gee?

---------------------------

Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar sulke goed maak my siek. Ek was al BAIE by die hospitaal, en dan lyk die nuses nie 'n moer so nie.

'n Ryk vrou stop met 'n oop venster by robot. 'n Bergie kom vra vir 'n geldjie 'Asb. mevrou, al vir 3 dae KRY ek niks geeet nie'  Die vrou kyk hom uit en sê 'Ag kak man FORSEER  jouself'

Sipho kon nie 'n vuvuzela bekostig nie....

1 comment: