Tuesday, 22 February 2011

WARE WOORDE

Wees dankbaar vir wat jy het.
Wees lief vir jou gesin en familie .
Moenie toelaat dat jou brein muf nie!
Moenie op loop gaan met skuldgevoelens nie. Sort die kak uit
Lewe terwyl jy nog lewe het
Geniet die eenvoudige dinge. Die "image goed" is 'n pot snot
Eet wat jy wil , fok "diet" As jy gewig moet verloor vreet minder en kak meer .
Vermy bedompige gyms wat stink na Juppy aftershave en duur walglike soet parfuum (om die sweet ruik te verbloem), waar perverts, saadsokkies en hooterneuse in snaakse "futuristic outfits" uithang en soos hamsters gemonteerde fietse sit en trap. Jy hoef niemand te "impress" nie.(Fok die "ek gaan gym toe " sê-ding).
As jy moet oefening kry, ry 'n gewone fiets, gaan stap langs die see of in die veld,- doen iets in die buitelug. Moet net nie in die strate op en af draf nie, dis fokken stupid om te hardloop as niemand jou jaag nie.
As jy hou van 'n "no- brand" T-Shirt, kledingstuk of wat ook al , koop die ding en fok die name goed wat jy in elk geval nie kan bekostig nie - solank jy gemaklik is daarmee.
Stront met dié wat dink hulle is beter as ander en gedurig lyk of hulle kak ruik omdat jy nie by hulle siek "plastic" wêreld wil inpas nie
Wees wingat oor jou huis, dit behoort aan jou, die bank se moer.
Wees windgat oor jou kar hy's klaar betaal en fok dié wat in moerse karre ry en nie kan bekostig om ordentlik te braai nie
Lag dikwels, lag lank en lekker.
Behou jou grapgat vrinne fok die suurgatte, hulle trek jou onder.
As jy 'n pel het wat lekker kan stront praat,spandeer meer tyd saam met haar/hom.
Omring jouself met dit waaroor jy mal is, Of dit nou pelle, familie, diere, sentimentele junk, musiek of wat ook al. Jou huis is jou plek, fok die wat hulle neuse daarvoor optrek. Kanse is dat hulle in elke geval 'n klomp kakke is, raak ontslae van hulle
As jy wil drink, drink, moet dit net nie oordoen nie. Getrek is oraait maar dronk mense is fokken stupid, tensy hulle hot girls is en begin tiete flash.
Sê vir jou mense dat jy vir hulle lief is,dat jy vir hulle omgee, môre trek jy dalk jou hout-jas aan, dan's dit te laat!


WTF van die dag!!!!



Seuntjie van drie vra sy ouma:

"Ouma, is jy van karton gemaak?"
Ouma lag lekker en sê: "Haai nee my skat, hoekom vra jy dan nou vir Ouma so?"
Seuntjie antwoord: "Want Pappa sê altyd Ouma is 'n regte ou doos."
-----------------------------
Dronk katoliek sit in biegkas (confession).

Na 'n baie lang stilte klop die priester om man se aandag te trek.
"Jy klop verniet!," skree dronkie terug. "hier is ook nie kakpapier nie!"



Gay Toets:
As jy dit nie sien nie, is jy definitief gay!!!




Seuntjie van drie vra sy ouma:

"Ouma, is jy van karton gemaak?"
Ouma lag lekker en sê: "Haai nee my skat, hoekom vra jy dan nou vir Ouma so?"
Seuntjie antwoord: "Want Pappa sê altyd Ouma is 'n regte ou doos."

------------------------------

Was ou oom Koos nie bly dié oggend toe hy sy ou vriend, neef Jan, in die straat raakloop nie! "Kom eet vanaand by ons, dan kan ons sommer lekker oor die ou dae gesels," nooi hy gulhartig uit.Dié aand is neef Jan sommer baie beïndruk met die wyse waarop Koos sy vrou aanspreek wanneer hy 'n versoek tot haar rig. Dis my Skattie, my Liefie, my ou Pampoenrankie voor, en my ou Dadelpitjie, Appelkoosblommetjie en Tortelduifie agter.Hulle is al oor die sewentig jaar getroud en dit is duidelik dat die tweetjies nog baie verlief op mekaar is.Terwyl Pampoenrankie in die kombuis is, kan neef Jan dit nie meer uithou nie, en leun oor na sy vriend: "Dis darem wonderlik dat jy jou vrou, na al die jare van getroude lewe, nog sulke troetelnaampies noem."Oom Koos sak sy kop in skaamte."Ek moet jou die waarheid vertel," sê hy."Ek het die ou heks se naam tien jaar gelede vergeet, en is te bang om te vra wat dit is."


No comments: