'n Seuntjie ry saam met sy ma in die kar. Hy krap in sy neus en trek
'n stuk snot uit. Sy ma kyk en vra: "En nou? Wat gaan jy met dit doen?"
Seuntjie: "Nee ek weet nie - ons mag mos nie in die kar eet nie."
Man kom huilend by 'n dominee .
Dominee: Hoekom so hartseer broer?
Man: My hond is dood. Sal Dominee hom begrawe asseblief?
Dominee: Nee broer, ons begrawe nie diere nie. Probeer die AGS oorkant die straat.
Man: Goed, dink u hulle sal 'n donasie van R50 000 aanvaar?
Dominee: My magtig broer, kom sit, pleks jy sê dis 'n NG hondjie!
No comments:
Post a Comment