Thursday, 29 November 2007

Poena Is Koning



Ek het uiteindelik die fliek gesien! Al wat ek wil sê is al die film critics wat die fliek so afskiet se moere. Dis seker die fliek wat ek die meeste geniet het hierdie jaar. Hot girls, mense wat kak droog maak, vuilgat grappe, polities verkeerd soos kan kom, ens. PERFEK



My favourite stukke in die fliek is waat die onnie sy moer strip en tune "Fok die regering, fok die ANC, fok sokker...." of so iets. Maakie saakie, dis wat ek gehoor het anyway. O ja en natuurlik die "Jis ou Giel" stuk was kak snaaks al is dit ook 'n ou grap.

Kliek op die prent om dit full-size te sien


Hierdie naweek paartie ons biejie saam met Andries Vermeulen, daai dude wat so kwaai sing... check volgende week die foto's.
-----

Mediese professor gee 'n toespraak by 'n damesklub oor spontane spierbewegings. Hy vra so 'n oulike blonde dingetjie in die voorste ry: "Weet jy wat doen jou poepol as jy 'n orgasme het?"
Ja, antwoord sy, hy speel golf saam met sy pêlle !!



Die meisie slaag matriek goed en haar bejaarde ouers van die plaas, skraap hulle laaste geld bymekaar om hulle begaafde dogter verder te laat studeer in wetenskappe aan die beste universiteit in Amerika. Drie jaar gaan verby toe sy weer eendag bel, met die nuus dat sy haar eerste graad geslaag het, en dat sy vir hulle die produk wat sy uitgevind het, gaan stuur uit dankbaarheid dat hulle hul laaste ou geldjies gegee het om haar te laat leer. As hulle elke week elkeen 'n teelepel van die goed drink is hulle gewaarborg dat hulle gou-gou jonger sal wees, en met elke drinkslag daarna steeds jonger sal word. So gemaak so gedaan... en 'n paar maande gaan verby en die dogter besluit om die vakansie huis toe te gaan aangesien sy baie verlang.
Op die plaas aangekom, skrik sy amper om te sien hoe jonk en mooi haar ma geword het, daar waar sy die stoep vee. Haar ma was skaars dertig, pragtig gebou en soos in die outyd, met die oulikste kleintjie op haar rug vasgebind "Hallo Ma!!" skree sy, "maar Ma het jonk geword! Waar is Pa?" "Anner storie daai" sê haar ma. "Die derde aand wat ons daai goed van jou drink , raak jou Pa toe so suurgat dat ek baie gouer as hy jonger geword het dat hy daai bottel gryp en hom heeltemal uitsuip!" " Nou waar is Pa dan nou?"
Ma: " Hier sit die Bliksem op my rug!!!"



2 comments:

Anonymous said...

Ek stem!! In enige currency bly dit altyd 'n bargain :))

Anonymous said...

Jy dink so, Die foto is 100 jaar oud