Tuesday, 28 August 2007

5 voordele daarvan om 'n Suid-Afrikaner te wees

* Jy hoef nie meer met die bure by te hou nie - hulle het geëmigreer.

* Jy kry nou swak diens in 11 verskillende tale.

* Waar anders kry jy by die rugby lemoene met 'n alkohol inhoud van 45%?

* Niks is meer jou fout nie - dit is alles apartheid se fout.

* Jy kan nou elke drie maande 'n nuwe motor koop en die versekering betaal daarvoor.

----

Gatiep vertel vir die dominee...

Jy wiet, ek en die oubaas daar bo is tight. Hy wiet ek kannie in die aand sien nie, so as ek in die aand opstaan en ek gaan toilet toe, daai gaan die lig sommer vanself aan, as ek wegstap, dan gaan hy sommer vanself weer af ook. Die dominee kan dit skaars glo en vra later vir Meraai of sy enige iets van die wonderwerke weet.
Meraai: Watter wonderwerke?
Dominee: Nee sien, Gatiep vertel my dat die lig sommer vanself aangaan as hy toilet toe gaan en as hy uitkom gaan dit sommer weer vanself af.
Meraai: Ai jirre, hy het weer in die yskas gepis!!!
-----

Gatiep se voicemail:

My bra, Gatiep is nie available nie. Los djhou naam en djhou nomma en ek stuur vir djhou a "please call me".
-----

So van Gatiep gepraat... het jy gesien hoe lyk die paddas in die Kaap?



Jan & Piet is moeg vir selfone en gebruik posduiwe.
Jan stuur vir Piet 'n duif sonder 'n nota.
Piet stuur terug "Wa's die nota?"
Jan sê "Jou MOEGOE , dis 'n miss call!
---

In 'n teater vir volwassenes in Amsterdam sit 'n man vreeslik en kreun, soveel so dat die bestuurder geroep word om hom te kom stilmaak. "Ooh... ah... ooh," kreun die man. "Meneer," vra die bestuurder beleefd. "U steur die ander klante in my teater as u so lawaai.

Kan dit miskien iets stiller?" "Ooh.. ah... ek sien die probleem... ooh... ek sal probeer.. ooh," kreun die man terug. Maar die kreunery gaan voort, en 'n polisieman word gebel om hom te kom verwyder. "Wat is u naam?" vra die polisieman. "Ooh... Van der Merwe... ah," antwoord die kreuner. "En waar kom u vandaan?" wil die polisieman weet. "Ooh... van die balkon... ah..."

----

As daar nou ooit 'n goeie rede was om in jou wetsuit te kak....




'N BLOND NOEM HAAR 2 HONDE SEIKO EN ROLEX. 'N MAN VRA HAAR - "DIS DAREM MAAR SNAAKSE NAME VIR HONDE?" DIE BLOND Se: "HALLO-O-O!!! DIS FOKKEN WATCH DOGS !!!
---

Jannie kom van die skool af en sy vinger kan nie buig nie.
Oupa sien die lot en vra: "En toe Jannie, as jou vinger nou so styf staan?"
"Nee, Oupa," sê hy, "ons was in die chemieklas en die konkoksie wat ons gemeng het, het op my vinger gekom. Nou sal dit 24 uur neem om uit my sisteem te kom.
"Jannie dink jy jy sal dit weer kan doen, ek meen om die konkoksie te meng?"
"Ja, sekerlik Oupa, hoekom?"
"Nou Janne-man, bring vir my 'n bietjie daarvan en ek gee jou R20-00."
Volgende dag kom Jannie weer van die skool af met sy konkoksie en gee vir Oupa.
Die volgende môre sê Oupa: "Hier Jannie, soos ek belowe het."
Jannie maak die koevert oop ... maar daar is R40-00 in.
"Nee, Oupa, hier is 'n fout. Hier is meer as R20-00!"
"Nee wat Jannie, dit is reg. Ouma het ook so 'n ou bydraetjie gemaak."

-----

Sy dink seker die ouens cheer omdat sy kwaai sing....




No comments: