Friday, 18 March 2011


Ou Van, Gatiep en Sipho gaan akwarium toe. Ou Van sê, check daai moerse haai, dis 'n Great White!

Sipho strip toe sommer se BEE georienteerde moer en en vra "Why does everything have to be white, there should be a Great Black shark"
Gatiep scheme toe, "Nei my bra, jy's mal! Imagine... 'n Great Coloured Shark!
Ou Van check hom kak uit en sê, "Is JY nou fokken mal, hoe lyk n haai nou sonder voortande?"





Hoe Ekonomie werk!!

Dis Augustus in 'n dorpie in die klein karoo.

Dis droog, warm en die dorpie lyk verlate. Dit is 'n moeilike tyd, almal is in die skuld en leef op krediet.

Skielik daag daar 'n ryk toeris op. Hy stap die enigste hotel binne en sit 'n R100 noot op die ontvangstoonbank neer en gaan met die trappe op om 'n kamer te gaan kies.

Die hotelbaas vat die R100 noot en haas hom na die slagter om sy skuld te gaan betaal.

Die slagter neem die noot en gaan betaal sy skuld by die varkboer.

Die boer haas hom om met dieselfde noot sy skuld by sy verskaffer te vereffen.

Dié hardloop gou en maak sy rekening skoon by die dorp se prostituut, wat in die moeilike tye selfs haar dienste op krediet aanbied.

Die vrou van die nag haas haar om haar rekening by die hotelbaas te betaal, waar sy gewoonlik 'n kamer huur om haar werk te doen.

Die hotelbaas vat die R100 en plaas dit terug op die toonbank.

Net toe kom die ryk toeris terug, neem die noot omdat hy nie met een van die kamers tevrede is nie, en verlaat die dorp.

Niemand het enigiets verdien nie, maar die hele dorp is nou sonder skuld!

No comments: