Wednesday, 23 March 2011

Wat is die verskil tussen Elton John se ken en Graem Smith se kolf?
Elton John se ken tref meer balle.

Die ou omie lê in die hospitaal, op pad teater toe.  'n Jong blonde verpleegster kom ingetrippel met sy verslag in die een hand en 'n bakkie met skeergoed in die ander hand.  "Goeiedag oom!  Af met die broekie vir my!" "Nou vir wat, Nursie, wat wil jy nou maak?" "Ek wil jou skeer, Oupa, want ons gaan jou mos vandag besny!" antwoord sy. Nee, man, ek is hier vir 'n oog operasie!" gil die ou omie verskrik. Nou verloor sy haar humeur:  "Kyk, Oupa, ek het nie tyd vir nonsies nie, hier staan dit in jou verslag:  VERWYDERING VAN DIE HORINGVLIES!"

'n Ou oom lê in 'n plattelande hospitaal met prostaatmoeilikheid. 'n Jong seun met 'n gebreekte been en 'n erge hakkel probleem word in dieselfde kamer as die oom opgeneem.  
Die seun vra: "Wa-wa-wat m-m-makeer oom?"
Oom: "Prostaatmoeilikheid, ou seun."
"O-o-oom, w-w-w-wat-s p-p-prostaat m-m-m-moeilikeheid?"
Oom: "Ek pis soos wat jy praat!"

'n Vrou het baie las met haar bekkige vierjarige seuntjie in die kerk. Hy lewer luidkeels kommentaar op alles en, ten spyte van kwaai kyke, ernstige vermanings en waarskuwings, kom hy net nie tot bedaring nie.
Eindelik raak haar geduld op en sy gryp hom en stap met hom oor haar skouer in die paadjie af, deur toe. Toe sy so driftig by die deur uitstap, kyk hy oor haar skouer terug vir die gemeente en sê met 'n klokhelder stemmetjie: "Bid vir my!

No comments: