Friday, 27 July 2007

Drank is nie jou vriend nie ...blykbaar 'n ware storie

16:00
Sit af na die kroeg met ´n hand vol groenes en ´n broek vol planne.

21:00
Begin onwelvoeglike opmerkings aan verbygaande dames maak. Word byna gebliksem.

23:00
Kies na ´n paar laaang brannewyne by die kroeg, koers na ´n doef-doef dansplek. Daar word gefuif met al die swier wat Bacchus kan toelaat.

24:00
Al die vet lelike meisies gaan huis toe.

00:07
Al die groot ouens en bouncers gaan huis toe.

00:15
´n Tower toerbus laai ´n klomp supermodelle in die dansplek af.

00:30
Wonder waar ek geleer dans het - ek kook!

00:45
´n Groepie modelle wink vir my om nader te kom. Tonge en telefoonnommers word uitgeruil.

01:00
Drink bodyshots uit ´n blond se naeltjie. Mense in die plek kyk my met afgryse aan - jy weet, tipe van; Wat soek daai 'looker' met so ´n ou? Ag wel, wat ken ek sê, as jy dit het, het jy dit.

01:32
Sien my eks by die kroeg. Kry onbeheerbare drang om vir haar te gaan sê ek is jammer oor wat alles tussen ons gebeur het en of ons nie weer moet probeer nie.

01:33
Blond druk haar tong in my keel...asem...asseblief...help.

01:35
Trap per ongeluk¨op haar toon. Uiteindelik - suurstof.

01:40
Kyk na my eks se reaksie. Sy maak of sy lag maar ek sien die trane in haar oë.

01:48
Probeer met eks praat maar sy lê nou op die vloer soos sy maak of sy lag...shame. Sy´t seker baie seer diep binne.

03:15
Gooi op in iemand se kar. Blond vee my mond af en troos my - kan jy dit glo, mooi en goedhartig. Kan nie glo ek het vanmiddag daardie Lucky-packet ring weggegooi nie. Hierdie is verseker my trouvrou.

07:00
Word naar wakker met ´n reuse hoofpyn en die dors van ´n forel wat al ´n dag op droë grond lê. Waar´s al die mense skielik heen ... en waar de hel is ek? Ek is alleen in ´n babapienk kamer met sulke kommin wit rose op die mure geverf ... nee weet nog steeds nie. Hoor 'n mansstem in die gang, vermoed dis die blond se pa. Mooi of te not, ek wil nie gedôner word oor een of ander chick wat ek in ´n kroeg opgetel het nie.

07:01
Gryp my klere langs die bed en spring by die venster uit.

07:02
Kom agter ek het amper my hol met ´n tuinsproeier deurboor. Trek tussen bosse aan en hardloop by die hek uit. Kry my selfoon in my broeksak en bel ´n vriend.

07:25
Vriend stop langs my en pis homself amper van die lag toe hy my verhaal hoor. Hy sê heeltyd; ¨En dis net die helfde van die storie¨. Wat het gisteraand nóg gebeur? Sogenaamde vriend weier om vir my te sê waaroor hy heeltyd giggel.

08:00
Kom by die huis en vermoed ek het dalk malaria - ek voel regtig nie goed nie.

08:10
Kniel voor die porselein spoelgod en prewel oor en oor; Ek drink nooit weer nie.

08:20
Die gif in my derms kom nie meer bo uit nie. Wonder hoekom ek dit alweer aan myself gedoen het. Wonder verder of dit per toeval is dat alkohol so baie soos ´elke hol´ klink.

13:10
Die belofte wat ek gemaak het om nooit weer te drink nie het saam met my peperduur ekskrementum by die rioolpyp afgespoel. Dink net hoe lekker ´n glas yskoue brannewyn en Coke sal proe ... mmm.

15:00
Skaars sewe ure na ek oortuig was dat ek die tydelike met die ewige gaan verruil, sit ek weer in dieselfde kroeg waar dit alles begin het.

15:10
Sjoe, brannewyn is darem lekker.

15:23
Hoor in die verte ´n gerommel soos ´n trop befoeterde Buffels wat aangestorm kom. Die brannewyn in my glas maak soos die waterpoele in Jurrasic Park net voor T-rex almal opeet.

15:24
Kyk stadig op en sien die Michelin-vrou na my toe aangestoei kom. Hoekom lyk sy so bekend...?

15:27
Shrek se bruid het die tien meter van haar tafel na my tafel in ´n skamele drie minute kafgedraf. Sy omhels my met al die grasie van ´n russiese spiesgooier en sê uitasem; ¨Het jy vanmôre ook so groot geskrik toe my pa-hulle daar aankom? Ek dog hulle kom eers volgende week terug. Aai maar ons het darrem lekker gekuier gisteraand sweetness!¨

15:28
Die flashbacks omring my soos ´n scene uit ¨The Matrix¨. O, SHIT, hierdie is die blond. Geen wonder ek was so dronk van al die bodyshots nie - haar naeltjie is seker so diep soos die Atlantiese oseaan.

15:29
Ek kan nog nie ´n woord uitkry nie. Hoekom ek? Begin vinnig en deurmekaar verduidelik dat ek my pa met sy tuinstel moet gaan help; ¨Ek het jou mos gesê, nie .... wel ek moet. Oukei baai¨.

15:30
Sy skree agter my aan; ¨Oukei ek sal jou bel sweetness, ek het mos jou nommer¨. (Sweetness...nommer...wat de hel?)

15:34
Belowe myself dat ek nooit weer sal drink nie...en more kerk toe sal gaan. Behalwe as dit nagmaal is...


... en hierdie is ons DOOS VAN DIE WEEK
(hy weet hoekom)


'n Klomp boere hou vergadering in die Vrystaat oor die jakkalse wat die skape so afmaai. Natuurbewaring stuur 'n jong dametjie om die boere te kom oortuig om nie die diere uit te wis nie. 'n Paar voorstelle word daar aan die vergadering voorgelê. Onder andere om die mannetjie jakkalse te vang en steriliseer, en so getalle te begin beheer sonder om die spesie uit te wis.

Sit een oomie baie aandagtig en luister en op die uitnodiging om vrae te stel, vra hy sy beurt aan en sê: " Juffrou jy verstaan nie die probleem so mooi nie.
Die jakkalse steek nie ons skape nie, hulle EET dit."


As jy ooit 'n rede gehad het om jouself toe te kak...



'n Man stap van plaas tot plaas om die dienste van sy besondere stoetbul aan die boere aan te bied. Hy kom op die een plaas aan maar vind net die boer se vrou by die huis. Nadat hy die prestasies van sy bul besing het, sê die vrou "Jong, my man kom eers volgende week terug. Bowendien, ek het vyftig koeie en jou bul is in elk geval te lig vir hulle almal."

Die man sien 'n geleentheid en bied aan dat indien sy bul nie opgewasse vir die taak is nie - is dié wat gedek is , gratis. Indien hy wel almal dek kan sy hom met 'n tjek betaal. Die vrou stem in en die man sit die bul daar en dan aan die werk.

Die eerste klompie het sommer seepglad verloop maar toe hy hier by nr. vyf en dertig kom, begin die bul se bene slap word. Die man stap nader en fluister iets in die bul se oor, Die bul spring sommer met hernude ywer weg asof daar nooit 'n probleem was nie. Hierdie ritueel speel hom meer en meer gereeld af soos hulle nader aan die einde kom, todat al vyftig koeie op die ou end gedek is.

Nadat die vrou die man trotse eienaar betaal het, vra sy so terloops
"En wat is dit nogal wat jy elke keer so in die bul se oor gefluister het?" Die man lag en vertel dat dit nie wat hy sê is wat die ding doen nie, hy krap doodeenvoudig die bul agter die oor met 'n mieliestronk.

Die volgende jaar stap die man weer dieselfde roete om darem te gaan kyk hoe die bul se nasate lyk. Hierdie keer is die boer ook tuis en hy vertel hom toe dat hy die ou met die bul is wat die vorige keer daar was. Sonder waarskuwing klap die boer die man bo van sy voete af.

Baie verdwaas vra die man "Is dit nou nodig - ek het gedink jy sou baie tevrede wees met die kallers!?"

"Dis nie oor die kallers nie, hulle is mooi. . ." sê die boer ". . .maar kyk hoe geskaaf is dit hier agter my oor!"
Net 'n reminder...





Thursday, 26 July 2007

Wat 'n aand was dit nie gewees nie.
Ons het nie baie foto's geneem nie, maar die wat ons wel geneem het is nice. Julle sal more sien. Ek kan nie wag vir die Tequila party nie. Sit dit in jou dagboek... TEQUILA AAND: VOLGENDE VRYDAG!!!!

Die eerste sokkerveld vir die worldcup is uiteindelik klaar gebou en 100% volgens Afrika standaarde.




Nuutse Britse mode items:
Nou kan jy fashionable wees, maak nie saak hoe kak die weer is nie.



Chuck Norris se kat...


Geen verduideliking nodig nie...

Wednesday, 25 July 2007

So in die middel van die week...

Dis vanaand kareoke aand daar by Barbs.
Girls, julle samewerking sal waardeer word.
:-)



As jy uitgaan en jy raak te dronk om huis toe te gaan, volg hierdie raad:
Gaan Debonairs toe. Bestel 'n pizza (vra vir aflewering). As die delivery ou dit wil gaan aflewer, vang sommer 'n lift saam met hom. Maak seker jy verduidelik kak sodat dit langer as 45min vat om by die huis te kom. Nou is die pizza ook verniet...

Iemand het onlangs gevra of hier enige natuur foto's op die site is. Wel hier is een van 'n mooi sonsondergang. Hoop julle natuur liefhebbers hou hiervan. Ek dink dis 'n fantastiese foto... kannie ophou staar daarna nie.

Tuesday, 24 July 2007

Dinsdag... en ek issie lus vir werk nie.
Komaan mense.. stuur daar vir ons so paar nice prentjies, ons email box is leeg.



Die nuwe predikant besoek sy gemeentelede. By een huis hoor hy dat die mense tuis is maar hulle maak nie die deur oop nie. Hy haal toe 'n kaartjie uit sy sak en skryf daarop "Openb. 3:20" en skuif dit onder die deur in. Openb 3:20 lees: "Kyk ek staan by die deur en ek klop . . ."
Die volgende Sondag kry hy die kaartjie in die kolektebord met 'n boodskap onderaan gevoeg: "Genisis 3:10" Die predikant trek sy Bybel nader om die gedeelte op te soek en toe hy dit kry, bars hy hardop uit van die lag.
Gen. 3:10 lees: " . . Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek was kaal."

Aangesien ons nou op kerksake is... dis die tipe ding wat jou sal laat bid en in tale laat praat!!!


...maar dis eintlik hoekom die kerk so leeg is.


Sannie besluit een dag om 'n tattoo van haar gunsteling sanger, Bles Bridges te kry. Sy gaan na 'n tattoo winkel toe in die dorp. Sy sit toe 'n B op die een boud en 'n B op die ander boud, vir Bles Bridges. Daardie aand besluit sy en Jannie om te gaan bad, Sannie trek haar klere uit en buk om die bad se prop in te druk, net toe kom Jannie in en skreeu uit woede...
"Wie de moer is BOB!!?"

Monday, 23 July 2007

Why coloureds can't be terrorists: MARK LOTTERING

We are always late. We would have missed all 4 flights. Mooi kinnes on the plane would have distracted us. We talk loud and would bring attention to ourselves. Met free kos en cooldrink oppie plane, we'll soema forget why we're there. We praat with our hands, so we'll continually be putting the weapons down. We would ALL want to fly the freaking plane, ending in a moerse fight with each other. We'll somma argue and start a fight in the terminal before we even get on the plane & one of us bound will say out loud: "Gaan kak man! Dan hijack jy die fokken plane alleen!! Os kannie 'n secret hou nie. We would have told everyone a week before doing it, telling them: Moet vir niemand se nie, ho! We would have insisted that the plane fly past Strandfontein Pavillion. We would have all lined up to get our photograph taken by one of the hostages. When we enter the cockpit, we would have used the intercom system for a karaoke session, with one doos trying to sing 'I did it my way". We would first rob everyone's of their Ray-Bans, cellphones and gold teeth, just before we crash the plane. Our whole freaking family plus neighbors would have been at the airport to see us off, crying their bladdie eyes out, and your mother saying to the white ou next to her: I'm so proud of him. It's the first time he's hijacking a plane! We would have dressed like terrorists for our airport go-way clothes: balaclavas, jumpsuits, karate skoentjies, dark glasses, en 'n moerse attitude. Two of us would have forgotten our passports at home. Three of us would have overweight luggage. All of us would have luggage.We would have all wanted to watch the in-flight movie finished first. Before we went over into action, we would have all queued up at the toilet to first gel our hair. We would have taken the plane for a joyride first, played the music at full blast and try to park the plane somewhere where kinnes can see us.
Tequila party 03 Augustus 2007

Die tequila parties by Barbs was nog altyd een van daai geleendhede wat mens nie moet misloop nie. Ons sal almal daar wees, maak seker jy is ook daar. Meer info sal later die week opgesit word.

Monday, 16 July 2007

Om te lieg of nie....

Gaan check bietjie die post deur Jackie Cummings, "JC antwoord 'n brief". Dit gaan basies oor one-night stands, second dates, ens. KLIEK HIER
Nou ja, die raad van ons kant af is... die girl moet weet die aand gaan net oor seks, sy moenie agter jou gat aan bel nie. 'n Ou moet altyd eerlik wees anders vertel sy vir almal jy is 'n doos en dan is enige kanse met haar hot suster of een van haar vriendinne heeltemal uit. Net ingeval jy wonder of nie seker is nie, die reëls vir jou pel se suster is bietjie anders. Terug na die oorspronklike storie... die belangrikste ding om te onthou is egter dat jy haar eers die volgende oggend vertel anders kry jy dalk niks. Mens moet soms maar die waarheid terughou om te kry wat jy wil hê. Girls doen dit aanmekaar. Hulle dra bv. pushup bra's sodat jy moet dink hulle het nice kanne. Op die ou end (gewoonlik te laat) kom jy agter jy het die verkeerde girl huistoe gevat. Dink jy hulle sal jou vertel dat daai boobs 'n Houdini move gaan trek en verdwyn?
Nie sommer nie...
RUGBY WORLD CUP RULES


DEAR WOMEN

1. From 7 Sep to 20 October 2007, you should read the sports section of the newspaper so that you are aware of what is going on regarding the World Cup, and that way you will be able to join in the conversations. If you fail to do this, then you will be looked at in a bad way, or you will be totally ignored. DO NOT complain about not receiving any attention.

2. During the World Cup, the television is mine, the VCR and DVD are all mine, at all times, without any exceptions. If you even take a glimpse of the remote control, you will lose it (your eye).

3. If you have to pass by in front of the TV during a game, I don't mind, as long as you do it crawling on the floor and without distracting me. If you decide to stand nude in front of the TV, make sure you put clothes on right after because if you catch a cold, I won't have time to take you to the doctor or look after you during the World Cup month.

4. During the games I will be blind, deaf and mute, unless I require a refill of my drink or something to eat. You are out of your mind if you expect me to listen to you, open the door, answer the telephone, or pick up the baby that just fell from the second floor... it won't happen.

5. It would be a good idea for you to keep at least 2 six packs in the fridge at all times, as well as plenty of things to nibble on, and please do not make any funny faces to my friends when they come over to watch the games. In return, you will be allowed to use the TV between 12pm and 3pm, unless they replay a good game that I missed during the day.

6. Please, please, please!! If you see me upset because one of my teams is losing, DO NOT say 'get over it, it's only a game', or 'don't worry, they'll win next time'. If you say these things, you will only make me angrier and I will love you less. Remember, you will never ever know more about rugby than me and your so called 'words of encouragement' will only lead to a break up or divorce.

7. You are welcome to sit with me to watch one game and you can talk to me during halftime but only when the commercials are on, and only if the halftime score is pleasing me. In addition, please note I am saying 'one' game, hence do not use the World Cup as a nice cheesy excuse to 'spend time together'.

8. The replays of the tries are very important. I don't care if I have seen them or I haven't seen them, I want to see them again. Many times, and record them.

9. Tell your friends NOT to have any babies, or any other child related parties or gatherings that requires my attendance because:
a) I will not go,
b) I will not go, and
c) I will not go.

10. But, if a friend of mine invites us to his house on a Sunday to watch a game, we will be there in a flash.

11. The daily World Cup highlights show on TV every night is just as important as the games themselves. Do not even think about saying 'but you have already seen this...why don't you change the channel to something we can all watch??', the reply will be: 'Refer to Rule #2 of this list'.

12. Please save your expressions such as 'Thank goodness the World Cup is only every 4 years'. I am immune to these words, because after this comes the reruns of the Rugby World Cup, etc etc.

13. No matter how good looking you may think a player of an opposing team is, we don't care, we don't wanna hear about it. Most civilised societies regarded this type of behaviour as bestiality. IT'S DUSGUSTING!!!!

14. And finally, if you are female and your "man" likes rugby less than you, he is not a real man and shall be bound by these rules and additionally be referred to as "the bitch" for the duration of the World Cup


Thank you for your cooperation.

Regards
Men of the world

-------


Dit bring ons dan ook by 'n belangrike deel van STOKSTYF... die DOOS VAN DIE WEEK
Iemand wat loshande uitstaan bo die res is natuurlik Stuart Dickinson. As jy nie weet hoekom nie, of jy stem om een of ander rede nie saam nie, stuur asb 'n vollengte kleur foto van jouself na stokstyf@gmail.com, want jy kwalifiseer om volgende week se Doos van die Week te wees.



Stuart walks into his bedroom with a sheep under his arm and says:
"Darling, this is the pig I have sex with when you have a headache."
His wife is lying in bed and replies: "I think you'll find that's a sheep, you idiot."
Stuart says: "I think you'll find I wasn't talking to you."

Friday, 13 July 2007

Byt vas... dis amper naweek!!!!

Ek was so effens siek gewees die week en het al die parties misgeloop , so daar is nie veel nuwe goed om op die site te sit nie. So... hoekom stuur jy nie maar sommer jou wildste party foto's vir ons nie? Miskien is jy nie regtig so kak soos die meide sê nie, dan plaas ons jou foto's ook hier.

...vir die mense wat my taalgebruik kritiseer

Ons is op soek na 'n geskikte "Babe van die week". Voorstelle/foto's welkom. Maar roer julle gatte, ek wil dit Maandag opsit.




As ek lank besig is met my werk, dan is ek OUD of STADIG
As my baas lank besig is, dan is hy DEEGLIK.

As ek nie iets wil doen nie, dan is ek LUI
As my baas nie iets wil doen nie, dan is hy te BESIG.

As ek iets uit my eie doen, dan is ek WINDGAT

As my baas iets uit sy eie doen, dan gebruik hy INISIATIEF.

Wanneer ek by my besluit volstaan, is ek HARDEGAT
Wanneer my baas by sy besluit volstaan is hy FERM.

As ek my baas gelukkig maak dan KRUIP EK GAT
As hy sy baas gelukkig maak dan gee hy SY SAMEWERKING.

As ek in my werk vooruitgaan is ek die baas se WITBROODJIE
As my baas in sy werk vooruitgaan is hy HARDWERKEND.

As ek die reels nie nakom nie, dan VAT EK KANSE
As my baas die reels nie nakom nie dan is HY OORSPRONKLIK

As ek siek is, is ek DRONK
As my baas dronk is, is hy SIEK
-----

In my 2de lewe wil ek hierdie fiets se saal wees.


Tuesday, 10 July 2007

So op 'n Dinsdag...

Hierdie is amptelik die hotste foto wat ek nog gesien het. As jy nie saamstem nie, stuur die goed vir ons wat jy dink beter is.


In ons inbox:

BANKROTSKAP: Waar dit alles begin het.

"Dit het alles in 1961 begin toe die geldstelsel van ponde na rande verander het en my oortrokke bankrekening verdubbel het. Ek was net besig om daaraan gewoond te raak, toe bring hulle kilogramme in die plek van ponde en onse en my oes verminder met die helfte. Toe verander hulle die reënval van duime na millimeter en ons het sedert daardie tyd nog nie weer 'n duim reen gehad nie. Wat doen hulle toe? Bring 'n ding genaamd Celsius en die temperatuur daal met twintig grade. Geen wonder my mielies wil nie groei nie. Asof dit nie genoeg was nie, verander hulle grond van morge na hektaar en my plaas se grootte verminder met die helfte van wat ek oorspronklik geërf het. Dit is toe dat ek besluit om die plaas te verkoop. En glo my. Ek het pas my plaas in die mark gesit, toe verander hulle myle na kilometer. Nou is my plaas so vêr uit die dorp, dat niemand daarin belangstel nie!"

Koos van der Merwe
---



Hiermee wil ek graag my uiterste verwarring uiteensit:

My pa en ek woon saam en ons het 'n radio en 'n TV. Hy is 'n wewenaar en ek ongetroud. Onder ons woon 'n weduwee en haar dogter, albei baie mooi en sonder 'n radio of TV. Hulle kom kuier gereeld by ons en ek raak toe verlief op die weduwee. Ons trou toe uiteindelik.
Intussen raak my pa verlief op die dogter en hulle trou toe ook.
Net daar begin my kak. Omdat my pa met die dogter van my vrou getroud is, (ook my dogter), is my dogter nou my ma. Ek is ook terselfdertyd haar pa, omdat ek met haar ma getroud is. Verder is my pa my vrou se skoonseun en ek is dus sy skoonpa omdat ek met die ma van sy vrou getroud is. Toe kry my vrou 'n seuntjie. Dit is ook my seun en die broer van my skoondogter, omdat sy die dogter van my vrou is. Die seuntjie is ook ek en my pa se swaer. Ek is dus my eie seun se neef en ook die neef van my skoondogter, omdat sy my seun se suster is. Daarom is my skoonma ook my tannie. Toe kry my pa se vrou ook 'n seuntjie en hy word dus my broer. My seun is oom van my kleinkind, omdat hy die broer van my dogter is. My vrou is sy ouma grootjie, want sy is die kind van haar dogter. Ek is dus sy oupa grootjie. Aangesien die oupa grootjie van my broer ook myne is, is ek dus my eie oupa grootjie!

Nou kan jy verstaan .....................



Mens is nooit te oud om te leer nie.
BOKNAAI


Die regering wil alweer rondfok met die rugby. Plaas hulle liewer daarop konsentreer om die land te (probeer) regeer...



Gaan na hierdie site toe en ondersteun die poging om die Springbok as embleem te hou.

http://www.thespringbok.co.za/

Thursday, 05 July 2007

So net voor die naweek

'n Suid-Afrikaase ou, 'n Aussie, 'n hot girl en 'n ou vrou deel 'n kompartement op 'n trein.
Die trein gaan deur 'n tonnel. Ewe skielik hoor jy 'n soen geluid en toe een moerse harde klap. Toe die trein aan die anderkant van die tonnel uit kom sit die Aussie daar met 'n oor wat gloei.
Die ou vrou dink: Die Aussie het seker die jong girl probeer soen, en toe kry hy'n klap.
Die hot girl dink: Die Aussie het seker gedink hy soen vir my, maar gryp toe die ou antie en kry toe 'n klap.
Die Aussie dink: Die Suid-Afrikaner het seker die girl gesoen toe dog sy dis ek.
Die SA dude dink: As die trein deur die volgende tonnel gaan doner ek hom weer.
----

Koos sit vas in die verkeer op die N1. Almal staan stil.
Skielik klop 'n polisieman aan sy ruit... hy maak oop.
Koos: "Wat gaan aan?"
Polisieman: "Terroriste het vir Jacob Zuma, Winnie Mandela, Thabo Mbeki en Trevor Manuel ontvoer. Hulle eis 'n losprys van R300 miljoen of hulle gaan petrol oor hulle uitgooi en hulle aan die brand steek. Nou gaan ons van voertuig tot voertuig om 'n kollekte op te neem."
Koos: "Ok, hoeveel gee almal gemiddeld?"
Polisieman: "Omtrent 'n liter."




WYSHEID:
Wel, jy sien dit werk so... 'n Trop buffels beweeg net so vinnig soos die stadigste buffel.
Wanneer die trop gejag word is dit die stadigste en swakste agter wat geskiet word.
Die natuurlike seleksie is goed vir die trop as 'n geheel, want die spoed en toestand van
die trop verbeter deur die gereelde eliminasie van die swakste troplid.

Op dieselfde manier funksioneer die menslike brein net so goed soos die swakste breinsel.
Soos ons weet, vernietig oormatige gebruik van alkohol breinselle.
Maar natuurlik val die alkohol die stadigste en swakste breinsel eerste aan.
Op hierdie manier, deur gereelde gebruik van alkohol, word die swakste en stadigste
breinselle vernietig, wat dan die brein vinniger en meer effektief laat funksioneer
... en dit is hoekom jy altyd slimmer voel na 'n paar doppe!

So... raak nou lekker slim die naweek en hou duim vas dat die hele Aussie rugbyspan Saterdag gedoner word.

Tuesday, 03 July 2007

Dinsdag se dinge

Al die foto's van laas week se verjaarsdag party is gelaai...


Eendag lank gelede in 'n befokte bos het daar 'n weeshasie en 'n weesslang gebly. Toevallig is albei blind van geboorte af.
Die hasie hop eendag deur die bos en trip toe bo-oor die slang. "O bliksem, ek is fokken jammer!", se die hasie, "ek is blind van geboorte af, so ek maak nie uit waar ek gaan nie. In fact, ek weet nie eers wat de fok ek is nie, want ek is 'n weeskind". Die hasie hop weer regop.
Slang: "Dis oraait ou, actually is my storie min of meer dieselfde. Ek is ook heavy blind van geboorte af en het nooit my ma geken nie. Ek tune jou wat, hoekom gly ek nie oor jou nie en dan probeer ek uitfigure wat presies jy is?"
"Dit sal befok wees!", antwoord Hasie terug. Die slang gly en rol toe oor die Hasie en se toe later: "Jy is bedek met sagte fur, jou neus twitch moerse en jy het 'n sagte stert en lang ore. Ek sou sê dat jy 'n hasie is."
"O dankie!" roep hy ekstaties uit, "Kom ek try om te kyk wat jy is." Hasie voel so al oor Slang se lyf: "Jy is skubberig en glad met 'n gesplete tong. Jy het ook nie 'n ruggraat nie en fokkol ballas. Jy is verseker 'n prokureur of iemand in top management."
----

Dis wat dit beteken as jy sê iemand MOER NEER.


Filemon het 'n hoenderplaas gekry deur die staat se grondhervormings-ding.
Sy buurman was ook 'n hoenderboer en het kom kennis maak.
"Hoenderboerdery is nie maklik nie," verduidelik hy. "Ek sal jou 100 kuikens gee om te help begin."
Filemon was baie dankbaar. Die buurman kom loer weer in, so twee weke later, om te hoor hoe dit gaan.
"Hau, nie te goed nie. Al die kuikens hy het gavrek !!
Die buurman sê: "Ek kan dit nie glo nie. Ek het nog nooit probleme gehad nie. Laat ek jou nog 100 kuikens gee."
Twee weke later ontmoet hulle weer, en Filemon sê weer: "Ek kan det nie
verstaan nie....almal die kuikens hy het weer gavrek..."
Verstom vra die buurman: "Wat het verkeerd gegaan? Wat het jy aan hulle gedoen?"
Filemon: "Eish, ek weet nie eintlik nie. Miskien ek plant hulle te diep of te naby aan mekaar !!!!"



KOM NOU DONERS, STUUR VIR ONS SO PAAR LEKKER FOTO's!!!!

Baie ware woorde...