Tuesday, 10 July 2007

So op 'n Dinsdag...

Hierdie is amptelik die hotste foto wat ek nog gesien het. As jy nie saamstem nie, stuur die goed vir ons wat jy dink beter is.


In ons inbox:

BANKROTSKAP: Waar dit alles begin het.

"Dit het alles in 1961 begin toe die geldstelsel van ponde na rande verander het en my oortrokke bankrekening verdubbel het. Ek was net besig om daaraan gewoond te raak, toe bring hulle kilogramme in die plek van ponde en onse en my oes verminder met die helfte. Toe verander hulle die reënval van duime na millimeter en ons het sedert daardie tyd nog nie weer 'n duim reen gehad nie. Wat doen hulle toe? Bring 'n ding genaamd Celsius en die temperatuur daal met twintig grade. Geen wonder my mielies wil nie groei nie. Asof dit nie genoeg was nie, verander hulle grond van morge na hektaar en my plaas se grootte verminder met die helfte van wat ek oorspronklik geërf het. Dit is toe dat ek besluit om die plaas te verkoop. En glo my. Ek het pas my plaas in die mark gesit, toe verander hulle myle na kilometer. Nou is my plaas so vêr uit die dorp, dat niemand daarin belangstel nie!"

Koos van der Merwe
---



Hiermee wil ek graag my uiterste verwarring uiteensit:

My pa en ek woon saam en ons het 'n radio en 'n TV. Hy is 'n wewenaar en ek ongetroud. Onder ons woon 'n weduwee en haar dogter, albei baie mooi en sonder 'n radio of TV. Hulle kom kuier gereeld by ons en ek raak toe verlief op die weduwee. Ons trou toe uiteindelik.
Intussen raak my pa verlief op die dogter en hulle trou toe ook.
Net daar begin my kak. Omdat my pa met die dogter van my vrou getroud is, (ook my dogter), is my dogter nou my ma. Ek is ook terselfdertyd haar pa, omdat ek met haar ma getroud is. Verder is my pa my vrou se skoonseun en ek is dus sy skoonpa omdat ek met die ma van sy vrou getroud is. Toe kry my vrou 'n seuntjie. Dit is ook my seun en die broer van my skoondogter, omdat sy die dogter van my vrou is. Die seuntjie is ook ek en my pa se swaer. Ek is dus my eie seun se neef en ook die neef van my skoondogter, omdat sy my seun se suster is. Daarom is my skoonma ook my tannie. Toe kry my pa se vrou ook 'n seuntjie en hy word dus my broer. My seun is oom van my kleinkind, omdat hy die broer van my dogter is. My vrou is sy ouma grootjie, want sy is die kind van haar dogter. Ek is dus sy oupa grootjie. Aangesien die oupa grootjie van my broer ook myne is, is ek dus my eie oupa grootjie!

Nou kan jy verstaan .....................



Mens is nooit te oud om te leer nie.

No comments: