Friday, 13 July 2007

Byt vas... dis amper naweek!!!!

Ek was so effens siek gewees die week en het al die parties misgeloop , so daar is nie veel nuwe goed om op die site te sit nie. So... hoekom stuur jy nie maar sommer jou wildste party foto's vir ons nie? Miskien is jy nie regtig so kak soos die meide sê nie, dan plaas ons jou foto's ook hier.

...vir die mense wat my taalgebruik kritiseer

Ons is op soek na 'n geskikte "Babe van die week". Voorstelle/foto's welkom. Maar roer julle gatte, ek wil dit Maandag opsit.




As ek lank besig is met my werk, dan is ek OUD of STADIG
As my baas lank besig is, dan is hy DEEGLIK.

As ek nie iets wil doen nie, dan is ek LUI
As my baas nie iets wil doen nie, dan is hy te BESIG.

As ek iets uit my eie doen, dan is ek WINDGAT

As my baas iets uit sy eie doen, dan gebruik hy INISIATIEF.

Wanneer ek by my besluit volstaan, is ek HARDEGAT
Wanneer my baas by sy besluit volstaan is hy FERM.

As ek my baas gelukkig maak dan KRUIP EK GAT
As hy sy baas gelukkig maak dan gee hy SY SAMEWERKING.

As ek in my werk vooruitgaan is ek die baas se WITBROODJIE
As my baas in sy werk vooruitgaan is hy HARDWERKEND.

As ek die reels nie nakom nie, dan VAT EK KANSE
As my baas die reels nie nakom nie dan is HY OORSPRONKLIK

As ek siek is, is ek DRONK
As my baas dronk is, is hy SIEK
-----

In my 2de lewe wil ek hierdie fiets se saal wees.


No comments: