Thursday, 05 July 2007

So net voor die naweek

'n Suid-Afrikaase ou, 'n Aussie, 'n hot girl en 'n ou vrou deel 'n kompartement op 'n trein.
Die trein gaan deur 'n tonnel. Ewe skielik hoor jy 'n soen geluid en toe een moerse harde klap. Toe die trein aan die anderkant van die tonnel uit kom sit die Aussie daar met 'n oor wat gloei.
Die ou vrou dink: Die Aussie het seker die jong girl probeer soen, en toe kry hy'n klap.
Die hot girl dink: Die Aussie het seker gedink hy soen vir my, maar gryp toe die ou antie en kry toe 'n klap.
Die Aussie dink: Die Suid-Afrikaner het seker die girl gesoen toe dog sy dis ek.
Die SA dude dink: As die trein deur die volgende tonnel gaan doner ek hom weer.
----

Koos sit vas in die verkeer op die N1. Almal staan stil.
Skielik klop 'n polisieman aan sy ruit... hy maak oop.
Koos: "Wat gaan aan?"
Polisieman: "Terroriste het vir Jacob Zuma, Winnie Mandela, Thabo Mbeki en Trevor Manuel ontvoer. Hulle eis 'n losprys van R300 miljoen of hulle gaan petrol oor hulle uitgooi en hulle aan die brand steek. Nou gaan ons van voertuig tot voertuig om 'n kollekte op te neem."
Koos: "Ok, hoeveel gee almal gemiddeld?"
Polisieman: "Omtrent 'n liter."




WYSHEID:
Wel, jy sien dit werk so... 'n Trop buffels beweeg net so vinnig soos die stadigste buffel.
Wanneer die trop gejag word is dit die stadigste en swakste agter wat geskiet word.
Die natuurlike seleksie is goed vir die trop as 'n geheel, want die spoed en toestand van
die trop verbeter deur die gereelde eliminasie van die swakste troplid.

Op dieselfde manier funksioneer die menslike brein net so goed soos die swakste breinsel.
Soos ons weet, vernietig oormatige gebruik van alkohol breinselle.
Maar natuurlik val die alkohol die stadigste en swakste breinsel eerste aan.
Op hierdie manier, deur gereelde gebruik van alkohol, word die swakste en stadigste
breinselle vernietig, wat dan die brein vinniger en meer effektief laat funksioneer
... en dit is hoekom jy altyd slimmer voel na 'n paar doppe!

So... raak nou lekker slim die naweek en hou duim vas dat die hele Aussie rugbyspan Saterdag gedoner word.

No comments: