Friday, 27 July 2007

Drank is nie jou vriend nie ...blykbaar 'n ware storie

16:00
Sit af na die kroeg met ´n hand vol groenes en ´n broek vol planne.

21:00
Begin onwelvoeglike opmerkings aan verbygaande dames maak. Word byna gebliksem.

23:00
Kies na ´n paar laaang brannewyne by die kroeg, koers na ´n doef-doef dansplek. Daar word gefuif met al die swier wat Bacchus kan toelaat.

24:00
Al die vet lelike meisies gaan huis toe.

00:07
Al die groot ouens en bouncers gaan huis toe.

00:15
´n Tower toerbus laai ´n klomp supermodelle in die dansplek af.

00:30
Wonder waar ek geleer dans het - ek kook!

00:45
´n Groepie modelle wink vir my om nader te kom. Tonge en telefoonnommers word uitgeruil.

01:00
Drink bodyshots uit ´n blond se naeltjie. Mense in die plek kyk my met afgryse aan - jy weet, tipe van; Wat soek daai 'looker' met so ´n ou? Ag wel, wat ken ek sê, as jy dit het, het jy dit.

01:32
Sien my eks by die kroeg. Kry onbeheerbare drang om vir haar te gaan sê ek is jammer oor wat alles tussen ons gebeur het en of ons nie weer moet probeer nie.

01:33
Blond druk haar tong in my keel...asem...asseblief...help.

01:35
Trap per ongeluk¨op haar toon. Uiteindelik - suurstof.

01:40
Kyk na my eks se reaksie. Sy maak of sy lag maar ek sien die trane in haar oë.

01:48
Probeer met eks praat maar sy lê nou op die vloer soos sy maak of sy lag...shame. Sy´t seker baie seer diep binne.

03:15
Gooi op in iemand se kar. Blond vee my mond af en troos my - kan jy dit glo, mooi en goedhartig. Kan nie glo ek het vanmiddag daardie Lucky-packet ring weggegooi nie. Hierdie is verseker my trouvrou.

07:00
Word naar wakker met ´n reuse hoofpyn en die dors van ´n forel wat al ´n dag op droë grond lê. Waar´s al die mense skielik heen ... en waar de hel is ek? Ek is alleen in ´n babapienk kamer met sulke kommin wit rose op die mure geverf ... nee weet nog steeds nie. Hoor 'n mansstem in die gang, vermoed dis die blond se pa. Mooi of te not, ek wil nie gedôner word oor een of ander chick wat ek in ´n kroeg opgetel het nie.

07:01
Gryp my klere langs die bed en spring by die venster uit.

07:02
Kom agter ek het amper my hol met ´n tuinsproeier deurboor. Trek tussen bosse aan en hardloop by die hek uit. Kry my selfoon in my broeksak en bel ´n vriend.

07:25
Vriend stop langs my en pis homself amper van die lag toe hy my verhaal hoor. Hy sê heeltyd; ¨En dis net die helfde van die storie¨. Wat het gisteraand nóg gebeur? Sogenaamde vriend weier om vir my te sê waaroor hy heeltyd giggel.

08:00
Kom by die huis en vermoed ek het dalk malaria - ek voel regtig nie goed nie.

08:10
Kniel voor die porselein spoelgod en prewel oor en oor; Ek drink nooit weer nie.

08:20
Die gif in my derms kom nie meer bo uit nie. Wonder hoekom ek dit alweer aan myself gedoen het. Wonder verder of dit per toeval is dat alkohol so baie soos ´elke hol´ klink.

13:10
Die belofte wat ek gemaak het om nooit weer te drink nie het saam met my peperduur ekskrementum by die rioolpyp afgespoel. Dink net hoe lekker ´n glas yskoue brannewyn en Coke sal proe ... mmm.

15:00
Skaars sewe ure na ek oortuig was dat ek die tydelike met die ewige gaan verruil, sit ek weer in dieselfde kroeg waar dit alles begin het.

15:10
Sjoe, brannewyn is darem lekker.

15:23
Hoor in die verte ´n gerommel soos ´n trop befoeterde Buffels wat aangestorm kom. Die brannewyn in my glas maak soos die waterpoele in Jurrasic Park net voor T-rex almal opeet.

15:24
Kyk stadig op en sien die Michelin-vrou na my toe aangestoei kom. Hoekom lyk sy so bekend...?

15:27
Shrek se bruid het die tien meter van haar tafel na my tafel in ´n skamele drie minute kafgedraf. Sy omhels my met al die grasie van ´n russiese spiesgooier en sê uitasem; ¨Het jy vanmôre ook so groot geskrik toe my pa-hulle daar aankom? Ek dog hulle kom eers volgende week terug. Aai maar ons het darrem lekker gekuier gisteraand sweetness!¨

15:28
Die flashbacks omring my soos ´n scene uit ¨The Matrix¨. O, SHIT, hierdie is die blond. Geen wonder ek was so dronk van al die bodyshots nie - haar naeltjie is seker so diep soos die Atlantiese oseaan.

15:29
Ek kan nog nie ´n woord uitkry nie. Hoekom ek? Begin vinnig en deurmekaar verduidelik dat ek my pa met sy tuinstel moet gaan help; ¨Ek het jou mos gesê, nie .... wel ek moet. Oukei baai¨.

15:30
Sy skree agter my aan; ¨Oukei ek sal jou bel sweetness, ek het mos jou nommer¨. (Sweetness...nommer...wat de hel?)

15:34
Belowe myself dat ek nooit weer sal drink nie...en more kerk toe sal gaan. Behalwe as dit nagmaal is...


... en hierdie is ons DOOS VAN DIE WEEK
(hy weet hoekom)


'n Klomp boere hou vergadering in die Vrystaat oor die jakkalse wat die skape so afmaai. Natuurbewaring stuur 'n jong dametjie om die boere te kom oortuig om nie die diere uit te wis nie. 'n Paar voorstelle word daar aan die vergadering voorgelê. Onder andere om die mannetjie jakkalse te vang en steriliseer, en so getalle te begin beheer sonder om die spesie uit te wis.

Sit een oomie baie aandagtig en luister en op die uitnodiging om vrae te stel, vra hy sy beurt aan en sê: " Juffrou jy verstaan nie die probleem so mooi nie.
Die jakkalse steek nie ons skape nie, hulle EET dit."


As jy ooit 'n rede gehad het om jouself toe te kak...



'n Man stap van plaas tot plaas om die dienste van sy besondere stoetbul aan die boere aan te bied. Hy kom op die een plaas aan maar vind net die boer se vrou by die huis. Nadat hy die prestasies van sy bul besing het, sê die vrou "Jong, my man kom eers volgende week terug. Bowendien, ek het vyftig koeie en jou bul is in elk geval te lig vir hulle almal."

Die man sien 'n geleentheid en bied aan dat indien sy bul nie opgewasse vir die taak is nie - is dié wat gedek is , gratis. Indien hy wel almal dek kan sy hom met 'n tjek betaal. Die vrou stem in en die man sit die bul daar en dan aan die werk.

Die eerste klompie het sommer seepglad verloop maar toe hy hier by nr. vyf en dertig kom, begin die bul se bene slap word. Die man stap nader en fluister iets in die bul se oor, Die bul spring sommer met hernude ywer weg asof daar nooit 'n probleem was nie. Hierdie ritueel speel hom meer en meer gereeld af soos hulle nader aan die einde kom, todat al vyftig koeie op die ou end gedek is.

Nadat die vrou die man trotse eienaar betaal het, vra sy so terloops
"En wat is dit nogal wat jy elke keer so in die bul se oor gefluister het?" Die man lag en vertel dat dit nie wat hy sê is wat die ding doen nie, hy krap doodeenvoudig die bul agter die oor met 'n mieliestronk.

Die volgende jaar stap die man weer dieselfde roete om darem te gaan kyk hoe die bul se nasate lyk. Hierdie keer is die boer ook tuis en hy vertel hom toe dat hy die ou met die bul is wat die vorige keer daar was. Sonder waarskuwing klap die boer die man bo van sy voete af.

Baie verdwaas vra die man "Is dit nou nodig - ek het gedink jy sou baie tevrede wees met die kallers!?"

"Dis nie oor die kallers nie, hulle is mooi. . ." sê die boer ". . .maar kyk hoe geskaaf is dit hier agter my oor!"

No comments: