Tuesday, 24 July 2007

Dinsdag... en ek issie lus vir werk nie.
Komaan mense.. stuur daar vir ons so paar nice prentjies, ons email box is leeg.



Die nuwe predikant besoek sy gemeentelede. By een huis hoor hy dat die mense tuis is maar hulle maak nie die deur oop nie. Hy haal toe 'n kaartjie uit sy sak en skryf daarop "Openb. 3:20" en skuif dit onder die deur in. Openb 3:20 lees: "Kyk ek staan by die deur en ek klop . . ."
Die volgende Sondag kry hy die kaartjie in die kolektebord met 'n boodskap onderaan gevoeg: "Genisis 3:10" Die predikant trek sy Bybel nader om die gedeelte op te soek en toe hy dit kry, bars hy hardop uit van die lag.
Gen. 3:10 lees: " . . Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek was kaal."

Aangesien ons nou op kerksake is... dis die tipe ding wat jou sal laat bid en in tale laat praat!!!


...maar dis eintlik hoekom die kerk so leeg is.


Sannie besluit een dag om 'n tattoo van haar gunsteling sanger, Bles Bridges te kry. Sy gaan na 'n tattoo winkel toe in die dorp. Sy sit toe 'n B op die een boud en 'n B op die ander boud, vir Bles Bridges. Daardie aand besluit sy en Jannie om te gaan bad, Sannie trek haar klere uit en buk om die bad se prop in te druk, net toe kom Jannie in en skreeu uit woede...
"Wie de moer is BOB!!?"

No comments: