Monday, 25 June 2007

Hangovers


Om hangovers te fight is actually heelwat makliker as wat mens sou dink. Daar's gewoonlik een goue reël wat feitlik altyd effektief is.

Moenie drink nie.

Die probleme ontstaan as mens die reel 'n vet ignore kap. Dus, as jy per abuis reël een oortree, verwys dadelik na reël twee.

Moenie te veel drink nie.

Een word twee, al die ure word happy, lelik word mooi, en twee word een (partykeer sommer op die agterseat). Steeds is als nie verlore nie. In tye van transgressie, verwys spoedig na reel drie.

Moenie jou drankies meng nie.

Check alle drankies gaan eventually na dieselfde plek toe, maar net soos in 'n bar meen dit nie altyd almal smaak mekaar nie. Inteendeel, jy sal vind dis presies hierdie tipe kak wat gaan maak dat jy suffer die next day.

Sit neer daai shooter!!!.

Teen die tyd dat jy reel drie oortree het is jy klaar fucked. Sonder om eers jou broek af te trek. Dan ewe skielik is dit twee-uur, jy vreet 'n pie by die Select Store oppad huis toe en worry oor die evil hangovertjie wat onder jou bed vir jou wag.

Slaap soveel as wat jy kan .

Fokken wil mos. Lekker reels breek. Lekker breker. Wie's nou smart? Ouens wat hier uitkom het obviously nie geluister nie en sit nou met die full-blown hangover. Nou moet jy maar slaap pel, en baie ook. Nog bietjie. Daa'sy.

Trek hom bersie oor hom koppie.

Suip baie water. Party dudes doen dit sommer die aand wat hulle van die jol af kom, maar dis bietjie moeilik as jy ingedra word en wakker word met kots op jou hemp. Kry vir jou 'n lekker laaang beker water en drink daarvan soveel en so vinnig as wat jy kan . Kom, jy't mos gewys jy kan baie drink. Jy's mos die fokken nek van die plek. Sluk! Sommer vier Grandpa's ook.

Eet iets.

Op die stadium is jou lyf hoogs die bliksem in vir jou. Jy het nie mooi gemaak met jou lyf nie. Uh-uh. Nou moet daar mooi broodjies gebak word, en een ding wat jou lyf verstaan is eetbare bederfies. As jy rerig wil brownie punte score, skiet vir iets gesonds - soos 'n burger met alles op. As jou lyf kon het hy/sy jou op die rug geklop.

Party ouens reken mens moet 'n rou eier eet. Al waarvoor dit werk is om jou te laat opgooi, en as jy gelukkig is nog salmonella ook te kry. Fokken smart, nou't jy salmonella en 'n hang-over.

Vat 'n shower of 'n bad.

Nou hierdie reel help beide vir jou asook die mense geaffekteer deur second-hand hangover d.w.s. die arme swape wat jou asem en stink holtes ruik na die aand uit. Voel bietjie daai wol oor jou tanne? Hoe dink jy ruik dit vir ander? Presies. Hou op 'n aap wees... vat 'n stort en borsel jou bek.

Trek iets gemaklik aan.

Official hangover wear is pejaamies of sommer 'n ou sweetpak met slippers en 'n t-shirt. Jy wil nie deal met goed wat jou chafe of knoppe platdruk nie. Sag en lelik is die wagwoorde hier... amper soos daai draak wat jy nou die aand wou mooi drink.

Vat dit rustig.

Drop die blinds, kry 'n bottel Coke, bietjie Nando's en 'n DVD of twee. Skuif nou voor die TV in met die remote en relax. Werk se moer!!!



As jy dan beter voel, log in op Stokstyf, vind uit waar die party is en kom drink 'n dop saam met die Stokstyf Crew.

No comments: