Thursday, 29 March 2007

Afrikaanse grappe

Help vir Pa

'n Seuntjie kom die huis binne terwyl hy droewig huil en sy agterstewe vryf.
"Wat's fout boetie?" vra sy ma besorgd.
"Pappa het sy duim met die hamer raakgeslaan" verduidelik die seuntjie al snikkend.
"Dis nie iets om oor te huil nie -" probeer ma troos - "Jy moet daaroor lag"
Met 'n bewende stemmetjie antwoord die knaap "Ek het!"


Probleme by die dieretuin

Drie knapies word in die dieretuin vasgetrek omdat hulle droogmaak. Die beampte sleep hulle na die hoof veldwagter wat met 'n baie nors stem vir die eerste outjie vra.

"Wie's jy en wat het jy gemaak?"
Ewe onskuldig ontwoord hy: "My naam is Chris en ons het peanuts in die olifant se hok gegooi."
Die tweede outjie voeg by: "My naam is Piet en soos Chris gese het, ons het peanuts in die olifant se hok gegooi."
"En jy?" wil hy van die derde outjie hoor.
Deurmekaar en duidelik verskrik, antwoord hy: "My naam is Jannie, maar my vriende noem my Peanuts!"



Wat 'n vraag!

Die juffrou spandeer die hele periode om magnete aan haar klas te verduidelik in die natuurwetenskap klas. Sy wys hoe magnete spykers optel en wat dit doen met ystervylsels.
Toe dit uiteindelik vraetyd is, sê sy: "My naam begin met 'n 'M' en ek tel allerhande goed op - Wat is ek?"
Sonder om te aarsel se klein Jannie: "Juffrou is 'n Ma!"


Hoe dan anders?

Die onderwyseres bespreek "bloedsomloop" met die kinders.
"As ek nou op my kop sou staan, sal die bloed in my kop inloop en ek sal rooi word in my gesig. Is dit so?"
"Ja , juffrou" antwoord die klas.
"Nou wie kan vir my se hoekom hardloop die bloed nie in my voete in as ek regop staan nie?"
Klein Jannie skree agter uit die klas uit "Omdat juffrou se voete nie leeg is nie!"


Walvisstorie

'n Dogtertjie gesels met haar juffrou oor walvisse. Die onderwyseres vertel dat dit fisies onmoontlik vir 'n walvis is om mense in te sluk omdat sy keelgat te klein is.
"Maar juffrou," sê die dogtertjie -". . .'n walvis het dan vir Jona ingesluk en weer later uitgespoeg!"
"Dis sommer 'n storie!" sê juffrou - "Walvisse kan dit nie doen nie!"
"Wanneer ek in die hemel kom, gaan ek vir Jona vra" sê die dogtertjie.
"En as Jona nou in die hel is?" wil juffrou weet.
"Dan..." sê die dogter "... moet juffrou hom maar vra!"



Daar's Juffrou!

Die fotograaf het 'n klasfoto van die kinders geneem en die juffrou het die kinders probeer motiveer om van die foto's te koop.
"Dink net hoe lekker sal dit wees as julle eendag weer na die foto kan kyk en sê "Daar's Jennifer, sy's 'n prokureur" of "Dit is Michael, hy's 'n dokter!"
'n Stem agter uit die klas sê "Daar's Juffrou, sy's al dood!"


G'n wonder

Die sewejarige Jannie het gewonder waar hy vandaan kom.
"Hoe het ek hier gekom, Mamma?" vra hy ewe onskuldig.
Sy ma gee hom toe die standaard antwoord : "Die ooievaar het jou gestuur.'
"Het die ooievaar vir mamma ook hiernatoe gestuur?"
"Ja my kind, hy het my ook gestuur."
"En vir ouma en oupa en pappa ook?" vra klein Jannie. Weer sê sy ma ja.
Jannie skud sy kop in ongeloof "G'n wonder almal is so dikbek nie! Niemand in hierdie familie het die afgelope 200 jaar genaai nie."


Koei se kind!

Die juffrou vra: "Klas, se vir my wat gee hoenders?"
Marietjie antwoord: "Eiers juffrou"
"Nou wie kan vir my sê wat gee boerbokke?"
Sannie sê "Bokmelk juffrou"
"En wat gee 'n koei ons?"
Jannie antwoord "Wiskunde en huiswerk juffrou!"

No comments: