Tuesday, 20 March 2007

Zimbabwe
President Mugabe besoek eendag een van die klasse by 'n laerskool in Benoni. Hulle is besig om oefening te doen met woorde en betekenistoekenning toe Rob ingewals kom. Die juffrou vra hom toe of hy nie wil deelneem in die gesprek nie. Die woord onder bespreking is "tragedie". So die bliksem staan toe voor in die klas en vra hulle om 'n sin te maak met "tragedie".

Klein Jannie staan eerste op: "As my oupa in Zim besig is om aartappels te plant en 'n war-vet kom aan en moer hom oor die kop met 'n paal sal dit 'n tragedie wees".
"Nee", tune Magabe, "dit noem mens 'n ongeluk".

Sannie steek haar hand op en sê: "As 2 boeings in die World Trade centre vasvlieg en almal in die vliegtuie en die gebou sterf, sal dit 'n groot tragedie wees." Skud Rob sy kop en sê: "Nee, ek's bevrees mens sal dit 'n groot verlies noem".

Die klaskamer word heavy stil en niemand anders volunteer nie, tot klein Pietie sy hand opsteek: "As 'n jet waarop Mnr en Mev Mugabe travel deur missiele afgeskiet word sal dit 'n tragedie wees." Mugabe se gesig helder op "Fantasties! En kan jy my dalk vertel hoekom dit 'n tragedie sal wees?"

Pietie staan regop en skree: "Wel, dit sal defnitief nie 'n ongeluk wees nie en dit sal verfokken seker nie nie 'n moerse verlies wees nie!"


No comments: