Friday, 16 March 2007

Stofsuier

Die ou verkoop stofsuiers maar sy besigheid maak nie baie geld nie en hy besluit hy moet kyk of hy dit op 'n ander plek ook kan verkoop kry.

Hy pak toe sy Cressida stasiewa vol stofsuiers en sê vir een van sy agente hy moet kyk of hy dit op die platteland verkoop kan kry. Die ou is toe daar weg en die eerste dorpie wat hy kry is toe Pofadder. Hy klop aan die eerste deur en 'n ou tannie maak die deur oop. Die agent sê: "Tannie ek wil jou graag iets wys" Die Tannie nooi hom toe in en sê: "Kom in en sit maar hier in die sitkamer terwyl ek vir ons gaan koffie maak" en sy stap kombuis toe.

Die agent is toe daar in die sitkamer in met die boks waar die stofsuier in is en begin om die stofsuier uit te pak en aanmekaar te sit toe daar ewe skielik 'n klein hondjie in gehardloop kom en op die sitkamermat kom skyt. Die ou kry so smile op sy gesig en dink by homself vandag verkoop ek die een defnitief. Toe die tannie met die koffie kom sê die agent: "Tannie, kyk wat het daai hondjie gedoen" en hy wys na die plek toe en sê verder: Tannie maar moet jy nie worry nie, as die stofsuier dit nie heeltemal skoon maak nie eet ek dit persoonlik"

Die Tannie sit die skinkbord met die koffie neer en vat een lepeltjie suiker en strooi dit oor die hopie wat die hondjie gelos het.

Die agent kyk haar so verbaas aan en vra " Tannie nou hoekom gooi jy suiker op die bollie??" Die Tannie sê " Boetman dit behoort nou 'n bietjie beter te smaak, jy kan maar begin eet, ons het nie elektrisiteit op Pofadder nie.

No comments: