Tuesday, 29 May 2007

DIE VERHAAL VAN DRANK.

Eendag, lank-lank gelede het CAPTAIN MORGAN met sy THREE SHIPS , vanaf CAPEVELVET na CAPE TO RIO uitgevaar. Hy kon nie met sy WHITE HORSE ry nie want hy het kwaai aan DRAMBUIE gely. JOHNNIE WALKER het op die skip MAINSTAY met Kaptein RICHELIEU se dogter, BERNINI (wie 'n lekker OLD BROWN SHERRY was), se PUSKIN gespeel. RICHELIEU het vir JOHNNIE WALKER behoorlik met n BLOU SAMBUKA bygekom, hom aan die BOLS beetgekry en ge MARTELL tot die dood.

Die bemanning VAT 69 dae deur KLIPDRIFT, oor SWARTLAND, verby WINDHOEK al langs SIMONSVLEI landgoed tot by CHIVAS REGAL se CASTLE, waar CHICOTO, die leeutemmer en KAHLUA, die diensmeisie, JOHNNIE WALKER se lyk vir die sewentien LIONS gevoer het.

Na die skokkende gebeurtenis was die OUDEMEESTER en SQUADRON lelik die MAMPOER in, en was die WIT BLITZ los. Hulle blaas op hulle 100 PIPERS en net voor die BELLS lui, stort JEREPICO se mure inmekaar. Vanaf die CASTLE stuur PRINCE CHARLIE 'n boodskap met 'n FISH EAGLE oor DRAKENSIG na KOOS WYE VOETE (KWV ) wat in 5TH AVENUE, JOHANNESBERGER bly.

Intussen sien FISH EAGLE 'n GOLD DUCK, kry 'n bonsende RED HEART en land onmiddelik op haar DIMPLE TEQUILA. Met die noodlanding breek hy ongelukkig sy een HANEPOOT en beskadig sy SAKKIES. Die forteinsoeker, ene HEINEKEN, gaan die bouvalle van JEREPICO binne, opsoek na HUNTERS GOLD en SPICED GOLD en kom sy AMAROELA tee.

Meneer OHLSON, wat 'n BLACK LABEL van afkoms is, hou hom HANSA slim (maar eintlik is hy net n DOM PEDRO), SNAPPS nie SMIRNOFF en J&B se storie nie en skree VIVA BERNINI!

Hierdie verhaal sal nooit in der ewigheid sy DOP of einde sien nie.


No comments: