Tuesday, 08 May 2007

Skool 1967 en 2007 : Hoe het dit in 40 jaar verander


* Toneel: Koos bring 'n geweer in die skoolgronde in.

1967 - Adjunkhoof kom kyk na Koos se geweer, gaan na sy kar om SY geweer vir Koos te wys.
2007 - Skool gaan in noodtoestand, FBI word geroep, Koos gaan tronk toe en sy geweer word gekonfiskeer. Sielkundiges adviseer die getraumatiseerde onderwysers en leerlinge.

* Toneel: Jannie en Robert is in 'n vuisgeveg betrokke na skool.

1967 - Kinders maak 'n kring. Robert wen. Jannie en Robert skud hand en word beste maats.
2007 - Polisie word geroep, SWAT arriveer, arresteer Jannie en Robert. Albei word geskors alhoewel Jannie dit begin het.

* Toneel: Jeffrey wil nie stilsit in die klas nie, steur ander leerlinge.

1967 - Jeffrey word kantoor toe gestuur, kry 'n pak slae. Die volgende dag sit Jeffrey doodstil in die klas.
2007- Jeffrey kry groot dosisse Ritalin. Word 'n zombie. Skool kry ekstra geld van die staat omdat Jeffrey 'n versteuring het.

* Toneel: Bennie breek 'n ruit in sy pa se kar en sy Pa gee hom 'n loesing.

1967 - Bennie is volgende keer versigtiger, groei normaal op, gaan universiteit toe en word 'n suksesvolle sakeman.
2007 - Bennie se Pa word gearresteer vir kindermishandeling. Bennie gaan na 'n kinderhuis en sluit aan by 'n bende. Bennie se suster sê vir die staatsielkundige sy onthou sy is self misbruik en hul Pa gaan tronk toe. Bennie se ma het 'n verhouding met die sielkundige.

No comments: