Wednesday, 16 May 2007

Pappegaai stories
'n Vrou bel 'n petshop en sê sy stel belang in die pappegaai wat hulle in die koerant ge-adverteer het. Sy kom toe later daar aan en die ou wys haar 'n moerse nice African Gray:
"R400 en hierie outjie is joune! Gewoonlik gaan hulle vir meer as 'n duisend Rand." sê hy.
"Nou maar hoekom so goedkoop?", vra die vrou. "Wel", sê hy: "Die pappegaai het vir so paar jaar in 'n hoerhuis gebly en gevolglik is sy taal so bietjie kras." "Ag nee wat", sê die vrou, "Ek is baie open minded en dit sal nogal snaaks wees om so iets in die huis te hê." Sy koop toe die pappegaai en vat hom huistoe.
Daar aangekom kyk die pappegaai so bietjie rond en sê: "My fok! 'n Nuwe hoerhuis en 'n nuwe madame!" "Ek is nie 'n madame nie," lag die vrou "en hierdie is definitief nie 'n hoerhuis nie."
So rukkie later stap die vrou se twee tienerdogters in. Weer hak die pappegaai af: "My fok! 'n Nuwe hoerhuis, 'n nuwe madame en twee splinternuwe hoere!"
"Ma, sê vir daardie pappegaai om stil te bly, ons is nie hoere nie!" maar nogtans giggel hulle oor die nuwe troeteldier. Nog so rukkie later kom die vrou se man by die huis en weereens hou die pappegaai nie sy bek nie: "Wel fok my! ' n Nuwe hoerhuis, 'n nuwe madame, twee nuwe hoere, maar dieselfde ou customers! Hoe gaan dit met jou, Johan?"

No comments: