Thursday, 24 May 2007

Die weer voorspelling. STOKSTYF-style



Die van julle wat nie die een vang nie is seker nie in SA nie. Laat ek bietjie lig op die onderwerp gooi, ai nou moet ek weer opstaan (die son skyn mos uit my gat uit). DIS FOKKEN KOUD.
Nou wil jy seker weet hoe koud is koud?

* 30 grade: Natallers soek hul truie (as hulle het)

* 25 grade: Namibiërs skakel hulle verwarmers aan

* 20 grade: Natallers bewe onbeheerbaar,

* 15 grade: Italiaanse karre wil nie vat nie

* 10 grade: Franse karre wil nie vat nie, Nederlanders gaan swem

* 5 grade: Natallers huil bitterlik,

* 0 grade: Water vries

* -5 grade: Kat dring daarop aan om saam met jou op jou bed te slaap, Nederlanders eet roomys, Kanadese gaan swem

* -10 grade: Politici begin gesels oor haweloses, New York se water vries,

* -15 grade: Russe trek T-hemde aan

* -20 grade: Duitse karre wil nie vat nie, oë vries toe wanneer jy hulle knip

* -25 grade: Party Russe kry koud, Namibiers vries dood

* -30 grade: Kat dring daarop aan om binne-in jou pajamas saam
met jou te slaap.

* -35 grade: Politici doen iets ivm haweloses. Nederlanders grawe sneeu weg. Japannese karre wil nie vat nie.

* -40 grade: Natallers verdwyn. Jy beplan 'n twee week lange warm bad. Sweedse karre wil nie vat nie.

* -45 grade: Kanadese trek truie aan. Jou kar help jou beplan aan jou vakansie na warmer dele.

* -50 grade: Russe maak hul badkamervensters toe .

* -55 grade: Die hel vries. Ben, Farmer en Wayne oorweeg om nie daai Saterdag te gaan skiet nie.

* -60 grade: Prokureurs sit hulle hande in hul eie sakke.

No comments: