Friday, 18 May 2007

Dis naweek...
...en ons gaan rugby kyk, braai en dronk wees !!!!

So van dronk wees gepraat. Blykbaar word 20% van motor ongelukke deur mense veroorsaak wat so bietjie te veel wyn gevat het. Die beteken die ander 80% word veroorsaak deur NUGTER mense. So, sal julle ouens wat nie drink nie asseblief die naweek van die donerse pad af bly sodat ons ander dronkgatte veilig by die huis kan kom.

Daar is natuurlik mense wat beweer dat drink en bestuur gevaarlik is, dat dit die crime syfers opjaag ens.. Wel dis als waar, ek kan getuig daarvan.
Die anderdag toe steek ek net my hand uit by die stopstraat uit om te wys ek gaan afdraai toe steel 'n doner my bier.

Nee, serious nou: moenie te veel drink nie. Ek het iewers gehoor as jy net een dop per uur drink behoort jy soort van ok te wees.



Skotte is bekend vir hulle Whisky, Duitsers is bekend vir hulle Bier, Russe is bekend vir hulle Vodka, Jamaica is bekend vir hulle Rum, maar Suid Afrikaners is bekend vir die KAK wat hulle maak as hulle die goed drink!!!!

Ons weetie wie die ou is nie, maar hy is briljant !!!!

No comments: