Wednesday, 16 May 2007

HOND SE GEDAGTES ? SKALLABRAK IS TERUG

In die hart van die Boland by Simonsvlei Internasionaal se @ N1 teater, op die aand van 2 Junie, word daar nuwe lewe gegee aan Skallabrak. Die aand gaan daar groot fees gevier word om die geboorte van hul nuwe, 4de CD ?Hond se gedagtes? te vier. Simonsvlei wyne gaan tussen R20.00 en R30.00 te koop wees met kaasborde ook beskikbaar. 'n Glasie Simonsvlei wyn sal sommer salig op die tong wees. Nie alleenlik word hul nuwe CD vrygestel nie, maar gaan hul nuwe DVD ook geskiet word, wat beloof om een van die grootste gebeurtenisse te wees in Afrikaanse musiek geskiednis. Wat minder kan mense verwag van ?n band wat David Kramer as een van hul musiek ikone beksou?

Die legendariese rock groep Akkedis gaan die aandjie afskop met 'n akoestiese geur, die groep het ook onlangs hul nuwe CD bekend gestel.

Die groep het 'n effe van 'n ontrimpeling ondergaan sedert Kophou en die nuwe CD. Die 'ou' Skallabrak was 'n vier-stuk met tromme, bass, lead en Die groep het 'n effe van 'n ontrimpeling ondergaan sedert Kophou en die nuwe CD. Ja, die 'ou' Skallabrak was 'n vier-stuk met tromme, bass, lead en akoestiese-kitaar. Die nuwe line-up voeg nou elektriese-ritme-kitare by die huidig klank en is nou oor vier ouens wat sing in plaas van twee - dit maak ons musiek voller. Skallabrak bestaan nou uit Hendrik (sing en akoestiese-kitaar), Schalk (sing en elektriese-ritme-kitaar), Deon du Toit (sing en lead-kitaar), Wiehahn van Tonder (sanger en bass-kitaar) en Wilhelm Prinsloo (tromme).

Die verrigtinge is 19h00 vir 20h00 en @ R100.00 per persoon belowe dit 'n aand te wees wat nog lank in die geheue sal spook. Vir enige navrae en kaartjie verkope kontak asb. Lynette Griessel by 021 863 3040 of 082 418 4748. Gaan loer op hul webtuiste uit vir 'n bietjie meer kleur op die onderwerp by http://www.skallabrak.co.za

No comments: