Monday, 14 May 2007

Rugby dinge

Wat 'n awsome dag vir rugby kyk het ons nie Saterdag gehad nie en wat 'n amazing game gaan ons nie hierdie Saterdag sien nie. Maak nie saak wie wen nie, die kampioen gaan 'n SA span wees.



Maar om als te spoil moet hulle toe mos nou die bok span aankondig net na die game.
Dit bring ons dan nou ook by die volgende:

DOOS VAN DIE WEEK... Peter Jooste & Jake White
Hoekom is die 2 saam die Doos van die week?
Wel, hulle is so useless, elkeen is net 'n halwe doos, want mens kan niks met hulle doen nie.

As enige een van die 2, enige game hierdie jaar gekyk het, sou hulle geweet het dat hulle net kak praat elke keer as hulle bekke oopgaan. Volgens Jake kies hy net manne wat op vorm is en iets tot die span kan bydrae. Serious ????

Nou wat de fok soek etters soos Aswin Willemse & Tonderai Chavhanga daar!!!?
Die 2 lendelam moere speel nie eers meer rugby nie. Hulle het die laaste 2 jaar meer rugby op die TV gekyk as wat hulle gespeel het. Hey!!!! ...dan kwalifiseer ek ook mos vir 'n Springbok kontrak. Hoekom kies hulle nie sommer vir Naas Botha, Kobus Wiese en Errol Tobias ook nie, hulle het mos experience en kan nie meer onfiks as Chavanga en Willemse wees nie, PLUS jy score nog 'n extra kwota speler ook!!!

Bevin Fortuin, Eddie Andrews, Gerrie Britz, Albert van den Berg & Ricky Januarie haal nie eers meer die beginspan van hulle provinsies nie. Nou wat maak hulle dan so goed in JW en PJ se oë? Wat de fok sien hulle wat niemand anders in die land kan sien nie.

Breyton Paulse, Jean de Villiers (beseer), Bob Skinstad, Joe van Niekerk, Jaco Pretorius. Almal spelers met hope talent. Hulle was lank gelede moerse goed... SO FOKKEN WHAT? Hulle is nie naasten by op vorm nie en hoort nie daar nie. En fok julle almal wat glo dat 'n Springbokspan nie sonder De Villiers kan speel nie... julle fokken gay groupies. Hierdie jaar het hy ook maar net mooi niks gedoen nie en is meestal outplay deur jonger laaities met minder ego problems.

Andre Pretorius en Bitch James ( nee, dis nie 'n spelfout nie) kan maar begin suig, want dis al manier hoe hulle die span kon haal bo iemand soos Hougaard (wat foutloos speel hierdie jaar en die beste losskakel in die wêreld se naam gat gemaak het).

Dis nice dat ouens soos Waylon Murray, Bismark du Plessis, Luke Watson uiteindelik hulle kanse kry. As hierdie sogenaamde keurders nie die donerse span al laas jaar gekies het nie, sou ouens soos Ryan Kankowski, Heinke Van der Merwe, Jannie du Plessis, Johan Roets, Derek Hougaard en Heinie Adams ook almal 'n kans gehad het om die finale squad te haal.

Dis eenvoudig, as 'n ou nie die beste in sy posisie is nie, hoort hy nie in die nasionale span nie en as die keurders ophou om spelers te kies wat nie hulle beste lewer nie, sal daai ouens weer 'n slag hulle game optel. Al die talent in die wêreld beten niks as jy dit nie gebruik nie, al wat tel is huidige vorm, want jy is net so goed soos jou laaste game.

En voor elke Stormer supporter nou weer hom toe kak omdat ek iets oor Jean De Villiers en Joe van Niekerk gesê het... HOU JOU BEK!!! Kyk eerder waar lê jou span op die log en dink dan daaraan dat daar 8 van hulle in die bok groep is.
Laat nie baie hoop oor vir die wêreldbeker nie nè.



Huidige fucked-up Sprinbok Squad:
Johan Ackermann, Eddie Andrews, BJ Botha, Gary Botha, Bakkies Botha, Gerrie Britz, Schalk Burger, Deon Carstens, Tonderai Chavhanga, Jean de Villiers, Bismark du Plessis, Fourie du Preez, Os du Randt, Kabamba Floors, Bevin Fortuin, Jaque Fourie, Bryan Habana, Butch James, Ricky Januarie, Wayne Julies, Victor Matfield, Percy Montgomery, Johann Muller, Waylon Murray, Akona Ndungane, Odwa Ndungane, Wynand Olivier, Breyton Paulse, Ruan Pienaar, JP Pietersen, Andre Pretorius, Jaco Pretorius, Danie Rossouw, Bob Skinstad, John Smit, Juan Smith, Pierre Spies, Gurthro Steenkamp, Francois Steyn, Albert van den Berg, CJ van der Linde, Wikus van Heerden, Joe van Niekerk, AJ Venter, Luke Watson, Ashwin Willemse.

No comments: